Page 5 of 5

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 19 Feb 2010 06:45
by JG Shields
Koos, ek bespeur 'n opgewonde giggel in stem hier bo! Dis darem lekker...die nuwe speelgoed! Moet nou net nie vergeet om vandag nog bietjie te werk voordat jy die res van die naweek aan die D3 wy nie.

Lasarus verkeer nog by die vel dokter. Aangesien hy 'n algehele oorverf kry, neem dit bietjie langer as wat ons verwag het. Nietemin is die sitplek oortreksels veilig tuis en wag net om oorgetrek te word.

Geniet die naweek!

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 19 Feb 2010 08:08
by Jules
Baie geluk Koos, mag jul baie genot uit die LR put en wye horisone Discover, jy moet hom maar kom wys

Jules

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 19 Feb 2010 13:29
by Pieter du Toit
:clap: :clap: :salute: :salute: :thumbup: :thumbup:

My swaer het net gister sy D3 ook gekry - en vir my fotos gemail. Hy het die "SE" model - man daai ding lyk soos n vliegtuig se cockpit aan die binnekant van al die knoppies en goeters. Baie smart.

Geniet hom Koos - mag jy die hele Afrika met jou Discovery dicover!!! :lol:

Meer kan mens nie se nie!!

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 20 Feb 2010 11:42
by Saltman
Koos, baie geluk van 'n mede LR Disco eienaar (ok, dis nou wel 'n 1, maar daar le iewers in die verre toekoms 'n D4 met daai 3 liter vir my en wag ... ag ja, dis lekker om te droom).

OB1 se:
Wat die Disco3 aan betref die vent van Independant 4x4 reken die enigste part wat moeilikheid maak is die turbo actuator Ek het ook gehoor 'n nuwe TDV6 is maar iets soos R26 000 om te vervang baie goedkoop.
Aikona!
Ek was by toe hulle in Slaapstad 'n nuwe D3 2,7 liter uit sy krat gehaal het - Ja OB1 is reg oor die R26 000 gedeelte, maar daar is 'n 1 weg voor die 26.
Daai volledige enjin is R126 000 ... eish. Blykbaar met seriaas negotiation kom jy so by R116 000 uit.

Maar gaan kyk maar wat kos ander fabrikate se nuwe masjiene en julle sal onaangenaam verras wees!

Koos, as julle meer inligting kry oor die Defender, laat weet asb!!!

Lekker ry!

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 21 Feb 2010 15:41
by JG Shields
Koos. ag nee a man! Hierdie post is nou al op bladsy 5...en dit alles oor 'n D3 op 'n Patrol forum!!!????@@@@%%%%. Stop dit nou en praat weer patrol...suiwer Patrol...!!!

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 21 Feb 2010 19:45
by KOOS BEST
OK, einde van post.
My Patrol staan van more af op Polokwane L/Rover se vloer.

Saltman ek het vandag by die kerk met n boer van Wakkerstroom gepraat wat n D4 3.0 D gekoop het wat n vakansie huis besit hier by ons.Sy 1ste Rover, N groot Toyota man, al wat hy se AWESOME ABSOLUUT AWESOME.
Daar is baie spekulasies oor die nuwe Defenders, maar alles wys daarop dat dit die 2.7tdv6 as enige kragbron sal he, en meer gebaseer wees op n swaardiens D3 platform.

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 22 Feb 2010 00:54
by Pieter du Toit
AMEN :pray: !!