Page 5 of 12

Re: One DEAD Patrol

Posted: 23 Oct 2009 08:43
by JG Shields
Hallo Koos, Oom Mac en al die ander medelyeraars. Ek het regtig die afgelope paar dae al gedink dat die rook draai. Ek sal seker nooit al die antwoorde kry nie maar moet een of ander tyd 'n "call" maak. Ek voel regtig ook soos oom Mac. Alhoewel ek goeie kilos uit my 3.0Di gekry het, is die odds nou teen diesel. My logieka (as dit logieka kan wees...???!!) klink so.

1. My enjin met 274000 kilos op en 7 bar kompressie by die olieprop MOET kompleet oorgedoen of vervang word. Dit sal enige iets tussen 80k en 120k kos.
2. Dis onwaarskynlik dat mens 'n 2e handse "long stroke" enjin in SA gaan kry. Daarmee saam kan 'n 2e handse enjin met 10000km op die klok alreeds 'n kwaal van soorte he agv die enjin se kompleksiteit. Breek hy 10000km later, wat kos dit dan?
3. Ek het nogal baie sin in 4,2TD. Het reeds uitgevind. Beskikbaar @ ongeveer 35k. Soos Koos gese het, die ombouing moet baie goed gedoen word, en ongeag na watter enjin ek ombou, 'n proffesionele ombouing gaan ongeveer 45k kos sonder die enjin se prys. Nou begin die somme vir my antwoorde gee.
4. 'n Lexus 4.0L petrol enjin met ratkas kos tussen R6500 en R9000 by verskeie plekke. Klaarblyklik is dit 'n uiters betroubare enjin met baie min fieterjasies. Dis ook glo 'n baie gewildste ombouing tans na verskeie voertuie. Ek oorweeg die ombouing by 'n man in Bloem wat net Lexus ombouings vir 'n lewe doen. Sy kwotasie aan my, enjin, ombouing, elktronika, verkoeler, uitlaat ens (lock stok & barrel) is 54k.
5. Indien die enjin iets moet oorkom, kos 'n ander een weer tussen 6k en 9k. Dis nie eers 'n nuwe turbo op die ZD30 se prys nie.

Koos, die Lexus spec is: V8i normal aspirated , 210kw, 400nm. Brandstofverbruik in 'n Cruiser bakkie waarvan ek weet, 6,5km/l. Die ombouer evalueer vandag my voertuig se aanpasbaarheid met die Lexus enjin en sal dan vir my 'n finale kwotasie gee. Sy aanvanklike opinie was dat die ratkas (en res van drive train) net so gebruik kan word.

Ek is baie hartseer om my Patrol se oorspronklike karakter te verbreek, maar ek dink nou aan my sak vs betroubaarheid. As die ombouing (en ja, dis 'n risiko) 'n sukses is, het ek weer baie waarde in my 2001 model Patrol. Let wel: Ek het nog nie finaal besluit nie.

Re: One DEAD Patrol

Posted: 23 Oct 2009 08:46
by JG Shields
Oom Mac,

Skakel Nissan se klientediens nommer wat op die web beskikbaar is. Hulle neem jou klagte af en sal dan met jou daaroor kommunikeer. Alhoewel ek in die verlede nie met al hul redenasies saamgestem het nie, het hulle getrou met my kommunikeer.

Re: One DEAD Patrol

Posted: 23 Oct 2009 09:09
by Tjaart
Dis 'n baie moeilike besluit

Ek dink egter dis 'n baie logiese een. Die V8 enjin is eenvoudig en nie baie ingewikkeld nie. ek dink dat die Lexus enjin 'n baie goeie opsie is. Ek het al 'n Toyota Surf gesien met so V8 in. baie mooi en baie sterk. Die onderstel, diff en propshafts - as dit kan bly - sal sterk genoeg wees vir die V8. Baie sterkte met die besluit en ek hoop Oom kan 'n goeie prys kry!!

Re: One DEAD Patrol

Posted: 23 Oct 2009 13:27
by tour de frans
Hi JG,Jammer oor jou enjin.
Ek wil met die deur in die huis val en asb ek kritteseer nie.
Ek het ook daai convertion gedoen vir 4x4 manne en ja dis n baie mooi set-up.Daai krag stem ek nie mee saam nie,die sterkste een wat ek gesien het was 170kw en 350nm.Dis nou by gese die 4l v8,daar is n 4,4 ook maar ek dink nie hy word ingevoer nie,of ek het nog nie van een gehoor nie.Nou ja daai krag is altyd goed.Voorspoed met jou besluit.(Watse management system gebruik hulle?)
Groete
Frans

Re: One DEAD Patrol

Posted: 23 Oct 2009 14:56
by JG Shields
Frans, ek aanvaar wat jy se. My info het ek gekry by 'n vriend wat die betrokke enjin in 'n Cruiser 80 ingebou het. Hy het die kraglewering getoets op die syfers wat ek gegee het. Ongeag, ek stem saam, selfs die syfers wat jy aanhaal is voldoende.

Ek weet nie watter tipe ECU gebruik word nie. Ek sal uitvind en laat weet. Ek weet wel dat 'n gedeelte van die program geskryf word vir die spesifieke ombouing.

Terwyl ek hierdie "post" skryf het ek die uitslag van die evaluasie gekry uit Bloem. Attie (die ombouer) is baie opgewonde en reken die ratkas en res van die "drive train" kan net so gebruik word. Die enigste uitdaging wat hy voorsien is om die ECU en die ratkas behoorlik met mekaar te laat gesels. Hy is opgewonde oor die baie spasie en sal my bestaande verkoeler kan gebruik. Daar spaar ek minstens R5000. Hy berei nou 'n kwotasie voor. Hy het al 'n Lexus in 'n Patrol bakkie ingebou maar hierdie sal sy 1e ombouing na 'n Patrol stasiewa wees.

Lekker naweek! Nou gaan ek rus na hierdie dol week.

Re: One DEAD Patrol

Posted: 28 Oct 2009 10:59
by Unkredible
I had a 2 year long saga with my 3.0D. 5 turbo's later the engine blew as whilst coasting toward a traffic light. Cylinder 3 blown. Then the saga really began in earnest - a bad rebuild by one of Nissan's preferred suppliers resulted in another blown turbo, and about 1l of oil per 100km. I kept sending it back until about a year later they eventually agreed to a new subassembly. This took about 3 months to arrive and after avout 4 more returns to Nissan in Rosslyn, they eventually ironed out the remaining kinks. Now it has done 15000km since the new sub and is going brilliantly, but now out of warranty...
All I can say is perservere, find someone very senior in Nissan to deal with and eventually you will win... :confused:

Re: One DEAD Patrol

Posted: 29 Oct 2009 06:43
by koosjr
KOOS BEST wrote:Vir my is die enigste voordeel om n Diesel te ry , die meer ekonomiese brandstof verbruik en die ekstra brandstof wat jy saam karwei is nie so vlambaar soos Petrol nie.
Verder dink ek Petrol het meer voordele .
O ja , jy hoor byna nooit of selde van Petrol enjins wat die gees gee nie, maar daagliks van ALLE diesel enjins van ALLE fabrikate :mytwocents:
Groetnis
NS.Oom Mac en JG , dit voel vir my of ek deel is van julle skade. Maar die ander goeie ding dit kan gefix word
Ek dink die probleem hoekom mens meer gereeld van diesels hoor, is omdat die herstelkoste gewoonlik baie hoog is en mense dan harder skree.

Tweedens, is dit so dat daar BAIE ouens wat diesels gekoop het ter wille van brandstofverbruik, nie kan aanvaar dat die goed bietjie luier is nie en dan begin hulle mors met die goed deur dieselpompe oop te draai, te chip en oor die algemeen net voet in die hoek te ry. Natuurlik sal hulle nie sommer vir jou sê hulle het gemors met die ding wanneer die probleme kom nie. Dit is een van die grootste doodsteke van diesels want 'n diesel wat te ryk loop, hou eenvoudig nie.

Gaan ky maar, die ouens wat hulle diesels 100% standaard gehou het en olie tap op sy tyd, het omtrend deur die bank dubbeld die kilos gedoen van 'n petrol.

Ek het nou al my karre oorgeskakel van petrol na diesel. My Nisan Safari is 'n LD28 en die ding is net moer lui. Ten spyte daarvan, het hy vir my baie voordele en die ding is sowaar as vet weet maklik om aan die gang te hou in die bos. Alles is meganies. Wat kan breek? Verder kry ek darrem baie meer kilos op 'n tenk as met my L28 en dit maak 'n resue verskil aan pakplek.

Na baie geworstel, het ek uiteindelik besluit om verlede jaar 'n VW Jetta 4 TDi te koop aangesien VW die een vervaardiger is wat moderne diesels uitgesorteer het. Dit is steeds van die enigste moderne diesels wat NIE common rail is nie! En hulle perform dat dit klap. Ek weet as die enjin breek, gaan hy my baie geld kos, maar my
Jetta is nou al op 190 000 km en die Turbo lewer nog sy druk soos uit die fabriek. Daarna het ek 'n VW Passat 1.9 TDi bygekoop

Nou ek glo maar net daarin dat watter spoed jy ook al ry met 'n kar, petrol of diesel, leeg, gelaai of met 'n sleepding agter, sorg jy dat jy teen jou gelykpad spoed ALTYD 'n billike hoeveelheid reserwekrag moet oorhê. As jy sleep en die wind hammer jou van voor, dan moet jy eenvoudig 'n rat terug hou en 'n bietjie stadiger ry.

Na amper 60 000 km hierdie jaar agter die stuur van my drie diesels, sien ek eenvoudig nie meer kans om terug te gaan petrol toe nie.En die goed hét geloop die jaar. My standaard spoed met die karre is 160 km/h. Dan loop daai diesel maar 3200 rpm en hy het genoeg krag om énige bult in 5de (Jetta) en 6de (Passat) uit te draf sonder dat die spoed val. Maar, na 160 km/h kan mens voel die goed raak lui en jy moet hom begin boor om harder te loop. Dis nét daar waar jy ophou om om hom te roer. As hy begin sukkel, dan moet jy luister.

Net so met my LD28. Die ding is gelukkig by 100 km/h op gelyk pad en daarmee moet ek tevrede wees vir nou. Ek gaan waarskynlik 'n turbo opsit, maar dan gaan ek nie eers meer diesel gee nie. My krag gaan nie vreeslik baie opskuif nie, maar ek wil nie EGT opjaag op 'n ou enjin nie en ek wil in elke geval nie jaag nie.

Ek is ook op die Cruiser forum. Daar is baie ouens wat erg lief is vir hulle donkies, en dan is daat dié ouens wat wil hê die goed moet trek soos die EFI. As jy 'n diesel koop van 'n ou wat hom ruil vir 'n petrol, loop eerder weg. Koop een van 'n ou wat nóg 'n diesel koop en nie gekarring het aan die ou een nie.


Die 3.0 TDi Nissan het duidelik 'n probleem en díe wat hulle so pistons brand is plein a.g.v hoë EGT. Nissan het waarskynlik probeer om te veel krag uit die ding te kry.

Re: One DEAD Patrol

Posted: 29 Oct 2009 08:39
by KOOS BEST
Dankie koosjr,
Rakende die ZD 30 enjin, se krag . Ja vir my is daar oor as genoeg krag, veral ek het van n 4.2d geskuif na die zd30 toe , so dit het vir my gevoel soos dag en nag , veral as jy sleep in die binneland.Miskien het Nissan te veel daaruit probeer haal. Maar nou weer daars mannne met baie kilos op die enjins.
Ek ry al van die vroeg 90's diesels , so is lief vir die goed, maar ons moet erken daars enjins wat nie so lank hou soos ander nie. Ek dink nou aan Colt 2.8, Isuzu 2.8, . Veral die colts was volop met die probleme.Ek merk ook op dat die nuwe Triton se intercooler sit nou voor in die grill, en het nie meer n scoop nie.
Ek ry slegs op EGT , en soos jy se partykeer moet jy maar backoff.EGT is die groot moordenaar!!!!!!!!!!! :thumbdown:

Praat van VW , ek het onlangs die 4 motion Kombi D/CAB getoets bestuur met Dakar vering opsie, jinne daai ding trek :clap: . Was baie impress met die binneruim en laaiplek van 2.1m x 1.9m op die bak.Om alles te kroon gegalv. bakwerk en aluminium laaibak, en ander goeie ding ek kan BTW terug eis op hierdie d/cab. :woo: Vir my is dit nou die beste koop vir n toervoeruig , net een nadeel het nie oordraratkas nie maar het n baie lae donkie rat.

Groetnis

Re: One DEAD Patrol

Posted: 29 Oct 2009 19:56
by Kagiso II
.. - Dankie Mnr Uys - en anner Koos ek soosrt van hoor wat julle sê maar ...
- Ja'kkk, Agarob sal weer ry maar soos gesê, dalk 'n elle lange gestoei met mnere Nissan SA
- die eerste "fault Reports" is darm nou al in, ek gaan more daar op hulle skote sit en uitpluis.

Genadiglik het ek nog vir ou Lobo - laasweek sy voor "bearings" vervang, nuwe "shackle bushes" oral ingesit, hy het nie 'n "steering damper" in gehad nie, toe vir hom sommer 'n MONROE gas shock daar installeer [met die baie vriendelikheid van Willie by WIld Africa het ek die regte trek arm gekry wat daai armpie aan het waar die damper aan moet vaskom - DANKIE Willie [as jy dalk eendag hier lees. :biggrin: ] - en die manne van Supa Quick het oortyd gewerk om die skokbreker in te sit [Dankie Wynand, Mechiel, Jerry --- thanx ouens - julle harde werk het gemaak dat ek toe 3-provinsies trail kon gaan doen :woo: :clap: - EN dit merske geniet - en paar Tyottas se loewwe afgesteek - moet darm sê die LC 200 het nogal beiindruk... Maar die gemak waarmee ou Lobo daardie berge slote gate riviere walle dongas aangevat het - AMPER so goed soos Brutus (wyle Brutus) :oldtimer:

Verder het ek vasgestel dat die pro-white rims wat ek opgehad het ge-'buckle" is - ek het toe die Hard Body (16") rims wat hier rondstaan, se middelste gate effe laat uitmasjineer om oor Lobo se hubs te pas - en toe daai Genral Grabbers - 265/65 16" (wat die kroeks in die Kaap op Agarob gesit het) op Lobo gesit - En mense - julle sal nie glo hoe sweef daai wa nou oor die pad, nie [nie sweef soos en slinger nie - sweef soos in BAIE lekker ry]
Daardie "death shimmy" oftewel wielbokspronge is weggggggg - daar is 'n baie effense vibrasie nog en mens kan voel dis van die dryfas [propshaft Kobus, propshaft] -
Op die naald hom so een stukkie 150 gehad [dis so 132 per GPS] waar ek seker was daar is nie treppe nie - en ek kan met groot vreugde meedeel - Lobo loop seepglad - selfs teen daai spoed. Maar ek het darm aal aangepas en trewwil deesdae heel rustig teen 115 [per GPS] - al klink die oukerel dan of ons 260 in 'n stock car ry WWW :surprised:

Nou vir die roes, nuwe bladvere, nuwe ligte - en Ben-Hur moet weer stel aan sy "Dictator" [4 km / liter is bikki erg] - veral teen konstante 100 - 120 [meestal 115 ...]
LOBO.jpg
LOBO.jpg (203.55 KiB) Viewed 2154 times
Lobo-3.jpg
Lobo-3.jpg (229.5 KiB) Viewed 2153 times
lobo_2.jpg
lobo_2.jpg (237.96 KiB) Viewed 2153 times

Re: One DEAD Patrol

Posted: 30 Oct 2009 07:39
by Herrie
Mooi Mac! Ek het nog daai "SAFARI" decals vir jou - moet dit net soek!