Page 5 of 5

Re: Moegatle 05 January 2014

Posted: 06 Jan 2014 12:09
by davidvdm
Dit kan mos nou onmoontlik nie al die prentjies wees nie :naughty:

Re: Moegatle 05 January 2014

Posted: 06 Jan 2014 12:25
by bogeyman
Dawid,
Kwalitiet bo kwantiteit!

Ek het heelwat meer prentjies , maar hoeveel keer kan jy dieselfde twee karre afneem en dit interresant hou?

Miskien sal Dirk ook n paar opsit.

Re: Moegatle 05 January 2014

Posted: 06 Jan 2014 14:58
by bogeyman
Marnus,
Hier is die gebreekte mount.
Het twee nuwes by Nissan bestel wat oorspronklik vir GQ en tb42e gelys word. R1200 stuk.
Soos jy kan sien , dit was al oud maar die hele area het eensklaps gebreek en die mount was nie halfpad af soos met meeste sulke breke nie.

Re: Moegatle 05 January 2014

Posted: 06 Jan 2014 18:00
by Peter Connan
Christo, die brackets wat tussen die enjin block en die rubber mounts kom: het jy die 4.2 s'n of die 4.5s'n gebruik?

Hulle pas altwee op altwee enjins, maar die rubber is spesefiek aan die bracket. Met ander woorde, jy kan die 4.5 se bracket en sy mount, of die 4.2 se bracket en mount op enige van die twee enjins gebruik, maar jy kan nie die 4.2 se mounts op die 4.5 se bracket sit, of andersom, sonder om modifikasies te moet doen nie.

Altwee hierdie sisteme het 'n veiligheidmeganisme ingebou om te keer dat die enjin nie te ver kan skuif as die hoof-rubbers afbreek nie, maar op die 4.2 is gedeelte op die mount en gedeelte op die bracket, terwyl op die 4.5 is die hele afering in die mount ingebou.

Die 4.5 mounts is dus heelwat goedkoper as die 4.2 se mounts.

Ek het 4.5 brackets en mounts gebruik, so as jy sukkel, skree net, want ek het die 4.2 brackets nog hier.

Re: Moegatle 05 January 2014

Posted: 06 Jan 2014 18:15
by bogeyman
Dankie Piet.

Ten tye van die mod , was enige parte onverkrygbaar en ek het toe noodgedwonge die gemodifiseerde safari part gebruik.
As ek reg onthou , het ek die 4.2 mounts op die 4.5 vasgeskroef en behoort dan reg te kom met die 4.2 parte wat Nissan vir my bestel het.
Sal skree as ek vasbrand.
Sal graag die enjin wil vas he as Maus die dyno tuning doen!