Page 5 of 18

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 12:30
by Pieter du Toit
Hello Tjaart,

Moet se hou van jou Patrol se looks - baie nice!! :thumbup:

Ek wil ietsie persoonliks vra as jy nie omgee nie - wat kos die air lift springs?? Ek sleep baie (altyd as dit langpad en oornag roetes of vakansies is) en dink mens kan baie baat vind daarby om die job ligter te maak op die suspensie. Ek het net verlede jaar Nov my OME vervang (na ongeveer 110 000km) voor ek Richtersveld toe is - en dit was n formidibale amper R13000-00 gewees!!! :surprised: En soos jy self weet die goed raak ook nie regtig goedkoper nie - net duurder. :thumbdown:

Ek woon in die Kaap - is daar enige iemand op ons forum wat weet wie dit hier "install" en weet wat hulle doen??

Dankie

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 13:39
by Tjaart
Pieter

Dit het my R3000 gekos. Jy kan dit by enige fitment centre laat doen. LA Sport, Megaworld. Dis die Firestone produk. Bel en vra pryse. Dit werk baie goed en is baie effektief as ek swaar laai. Hoop jy kom reg.

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 22:19
by AJ Dup
Hoe lank hou die airlift suspension en wat gebeur as jy weer suspension vervang moet n mens weer airlift ook vervang of bly dit daar?

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 22:29
by G-MAN
Airlift bly daar net so lank jy nie n puncture kry nie, dan moet die airbag vervang word. Die firestone is goeie kwaliteit, en prys is reg.

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 22:51
by AJ Dup
Cool Dankie :thumbup:

Re: Suspension

Posted: 23 Jul 2009 23:30
by Pieter du Toit
Tjaart / G-Man,

Julle manne lyk of julle weet waarvan julle praat met die airlifts?? Nog n vragie (of ses!!) asb.

Ek het mos n ARB Airlocker voor - kan mens dieselfde kompressor gebruik vir die airlifts (en dus n paar rand spaar) of moet dit van n aparte kompressor af werk?? Kry mens ook airlifts vir voor?? Kan alles van een kompressor af werk of moet dit aparte kompressors wees?? Trek mens nog voordeel uit grondvry hoogte met airlifts indien jy reeds n suspension kit op het of is dit maar net om die load op die springs te verlig?? Maak die airlifts dan nie ook die voertuig "top heavy under loading / unloaded conditons" nie??

Ek het n "upgrade" op my kompressor gevat met die airlocker omdat ek dit ook vir wiele pomp gebruik - maar my kompressor is agter die voorste bumper ingebou want daar was regtig nie plek in my engine kompartement nie - dus sit hy ver van my agterste as af. Maar die kompressor het sy eie lug reservoir tenk.

Verskoon die afr / engels deurmekaar - kan nie anders nie. Antwoorde word hoog op prys gestel!!

Re: Suspension

Posted: 24 Jul 2009 07:11
by Tjaart
Pieter

Geen probleem nie. Ek sal antwoord uit my ondervinding uit met die Airlifts:

1: Mens kry airlifts vir voor en agter op die Patrol.
2: My Airlifts se hoofdoel is om die voertuig uit te level onder swaar lading. Ek gebruik dit nie vir ekstra ground clearance nie.
3: Die airlift bladder vat rerig BAIE MIN LUG. Ek was verbaas hoe effektief dit is. Letterlik 'n sekonde of twee opgeblaas, en ek kan die voertuig sien oplig na waterpas / level. Die airlift se min druk is 0.5 bar. Ek hou myne ongelaai, op 0.6. Maksimum is 4 bar. Maar dan is dit onder uiterste lading of as jy 'n moerse karavaan sleep. Ek sal bang wees om dit met die ingeboude kompressor op te blaas, want mens moet die druk meet, sodat daar nie te veel lug ingeblaas word nie. Dit kan dalk die bladder beskadig. Tensy mens dit so tube dat jy 'n druk meter het wat wys hoe styf elke bladder is. Maar dis nie prakties nie. Ek pomp myne met die gewone pompie op. Die airlifts is apart gekoppel, elkeen met sy eie vlave op die bumper agter, waar dit nie beskadig kan word nie.
Airlift valves.JPG
Airlift valves.JPG (151.83 KiB) Viewed 11496 times
. Die rede hiervoor is as volg: As die tubes inter connected was, en jy gaan om 'n draai, druk die lug van een bladder na 'n ander. Wat dan die doel van die bladder vernul. Jy wil juis he hy moet sy druk behou en die suspension op hou. Daar is ouens wat dit nie verstaan nie. So, as jy 4 bladders het, sal jy elkeen apart tube, en apart opblaas. LET WEL: die is nie 'n airlfit suspension soos Disco 3 of LC 200 nie!!! Jy druk nie 'n knoppie en die kar tel op soos spinnekop nie!!! Jy kan egter die bladders so tube dat hulle almal op een sentrale punt uitkom waar jy maklik met jou pomp en hose kan bykom. Jy het dus nie 'n aparte kompressor nodig nie. Net 'n hose met 'n quick coupler en valve connector.
Photo-0187.jpg
Photo-0187.jpg (61.07 KiB) Viewed 11496 times
4: Die airlift help baie as die voertuig swaar gelaai, want dit ondersteun jou coils. So, as jy om 'n draai gaan, keer hulle body roll baie beter as sonder dit.
5: Die airlfit geen nie addisionele hoogte nie.
6:EK het 'n hose laat opmaak met 'n quick coupler eenkant en 'n hose valve aan die ander, dis lank genoeg vir al die wiele. Kyk onder die thread Patrol Mods. Daar sal jy sien waar ek my pomp gesit het.

Neet een ding. Daai kompressor agter die bumper voor. Kan hy maar nat raak en onder die water beland? Ek weet van 'n ou wat se kompressor nat geraak het en gebreek het. Ook 'n ARB. Maar dalk was dit omdat hy aan 'n land rover was.... :confused:

Ek hoop die inligting help. As ek k#k praat, help my asb tog reg!!! :helpsign:

Re: Suspension

Posted: 24 Jul 2009 08:18
by KOOS BEST
Die sisteem werk baie goed op die Disco 2 modelle.
Hulle het hul eie pomp wat die lugsakke vol hou. N lewensduur van 6 jaar minimum kan jy verwag op die sakke . Om dit in n Disco self te vervang vat so n 30min (indien sak lek natuurlik)en jy koop dit by invoerders vir so R1600.00(egte Landy onderdeel).
Die groot voordeel van die sisteem is dat die voertuig altyd gelyk staan gee nie om wat jy laai of sleep nie , en daars geen bodyroll nie , bv in bergpasse met swaar roofrack ens op nie, absoluut geen.
Enigste nadeel as die ding n lek optel, gewoonlik na so 6 - 10 jaar en jy is iewers sonder n vervanging , gaan dit maar baie stamperig en stadig.
Ek kan nooit verstaan as jy lees veral DISCO ouens wat lekke optel wat dan die sisteem uitgooi en weer coils insit nie, dit is soos bande ruil al verskil dit hou 6 - 10 jaar en dit waarsku jou altyd voordat dit permanent pap is, begin altyd met n slow puncture effek.

N uitstekende sisteem , met n beperkte lewensduur soos alles!
Koos

Re: Suspension

Posted: 24 Jul 2009 08:30
by Gerrit Loubser
Tjaart wrote:Die airlifts is apart gekoppel, elkeen met sy eie vlave op die bumper agter, waar dit nie beskadig kan word nie. Die rede hiervoor is as volg: As die tubes inter connected was, en jy gaan om 'n draai, druk die lug van een bladder na 'n ander. Wat dan die doel van die bladder vernul. Jy wil juis he hy moet sy druk behou en die suspension op hou. Daar is ouens wat dit nie verstaan nie.
...
4: Die airlift help baie as die voertuig swaar gelaai, want dit ondersteun jou coils. So, as jy om 'n draai gaan, keer hulle body roll baie beter as sonder dit.
If the air helper springs are isolated from one another, they add to vertical suspension stiffness as well as roll stiffness. In this configuration they will limit flex when inflated (which probably is not a big issue, because they will only be inflated above minimum pressure when the vehicle is heavily laden) , but will help roll control. If one air spring is punctured in this configuration, the other spring won't loose pressure, but the vehicle will lean.

If they are interconnected left to right, they add to vertical suspension stiffness, but not to roll stiffness. This means that they will never hinder flex, but will never help roll control either. In this configuration it means that a puncture on the one side will lead to a loss of pressure in both the air helpers.

The ultimate setup remains one where the left and right air springs are piped via a valve so that they can be interconnected or isolated at will by moving the valve control. This way you will have the optimum whether the vehicle is laden and you are touring or whether it is empty and you are playing on a trail.

Re: Suspension

Posted: 24 Jul 2009 08:38
by Gerrit Loubser
KOOS BEST wrote:Die sisteem werk baie goed op die Disco 2 modelle.
Hulle het hul eie pomp wat die lugsakke vol hou. N lewensduur van 6 jaar minimum kan jy verwag op die sakke . Om dit in n Disco self te vervang vat so n 30min (indien sak lek natuurlik)en jy koop dit by invoerders vir so R1600.00(egte Landy onderdeel).
...
Ek kan nooit verstaan as jy lees veral DISCO ouens wat lekke optel wat dan die sisteem uitgooi en weer coils insit nie, dit is soos bande ruil al verskil dit hou 6 - 10 jaar en dit waarsku jou altyd voordat dit permanent pap is, begin altyd met n slow puncture effek.
Koos, the major disadvantage in the Disco 2 system is that the air springs are somewhat vulnerable and can be punctured in the rough. I know of more than one instance where this occurred. When this happens (and it can happen without any warning, unlike with a slow puncture), you have to ride on the bump stops as you said, because the air springs are the primary springs and not helper springs. I think this is why several Disco 2 owners change to coils. On the Disco 3 suspension design the air springs are protected much better and are less vulnerable.

In the case of the air helper springs it is also possible that a puncture may occur, but then you still have the coil springs, so although the vehicle might sag a bit, you will not have to run on the bump stops.