Page 5 of 13

Re: Projek Yster.

Posted: 26 Nov 2012 09:54
by Jorrie
Oms vir julle duim vas vir 10 Desember.

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 13:49
by Tommie
Dag Maats.

Yster is so te se klaar, het al so 2000km met hom gery, maar daar nog paar hakplekke. Ons was by "dyno" gewees Vrydag, en hiermee die volgende wat ons gekry het. 702nm torque @ 3750rpm,326kw en 434hp @ 4980 rpm Ons sukkel nog met vibrasie op voorste en agterste propshafts. Was al 3keer gebalenseer by verskillende plekke,maar kry dit nogsteeds nie reg nie. Ons krap ook nog kop met die snorkel. Hoe om hom opgekoppel te kan kry met die airfilter. Soek iemand wat goeie stainless of aluminium pyp werk en omvouings kan doen. Indien iemand kan help sal,ek dit hoog op prys stel.

Die ry genot met al die krag is baie lekker, sukkel wel om nie die hele tyd die lepel weg te trap nie, jitte daar is baie krag. Soos Thys teregtelik se...... Daar is baie "GRUNT"!. Ons kon nog nie heeltemal die km/l syfers lekker kry nie, die "speedo" werk maar eers regtig van die naweek
Hoop om einde Februarie klaar tewees, maar dit is n groot projek en tyd, geduld was van die grootste probleme gewees. Maats dit is alles die moeite werd.

Hoop om gou by n byeenkoms Yster te skou!

Groete

Tommie Watkins.

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 15:20
by Traveler
Tommie, was jy al by Driveline Technologies gewees met daardie propshafts?



:gotpics: :goodpost: :gotpics: :goodpost: :gotpics: :goodpost:

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 15:35
by Tommie
Nee was nog nie. Waar sal ek hulle in die hande kan kry. Het jy dalk n fisiese adres of kontak nr?

Sal weer foto's en video aanstuur vir Grootseun, en vra dat hy dit vir my opsit.

Groete.

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 16:36
by Traveler
Uitsonderlike mpy wanneer dit kom by drive shafts. :thumbup:

Cnr. Derrick & Newton St, Spartan, Kempton Park
011 929 5600

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 17:10
by Izak
Ek sal moeite doen om uit te kom waar daai Yster uitgestal word! :woo:

Re: Projek Yster.

Posted: 13 Jan 2013 17:26
by Tommie
Hi Izak.

Ek gaan hard probeer om by Henops uit te kom die 27ste Jan. Alles hang maar af van werk. Travler,baie dankie ek gaan beslis plan maak om by hulle uit te kom, baie dankie vir die goeie info.

Groete.

Re: Projek Yster.

Posted: 14 Jan 2013 08:26
by Carel
Tommie ek hoop jy kan dit maak vir 27 Jan dat ons daai "Yster" in aksie kan sien

Re: Projek Yster.

Posted: 14 Jan 2013 09:17
by Alex Roux
Tommie wrote:Dag Maats.

Yster is so te se klaar, het al so 2000km met hom gery, maar daar nog paar hakplekke. Ons was by "dyno" gewees Vrydag, en hiermee die volgende wat ons gekry het. 702nm torque @ 3750rpm,326kw en 434hp @ 4980 rpm Ons sukkel nog met vibrasie op voorste en agterste propshafts. Was al 3keer gebalenseer by verskillende plekke,maar kry dit nogsteeds nie reg nie.
Tommie, dit is baie krag. Jy sal my Lexus v8 na 'n moffie laat klink.
Is daardie syfers van die vliegwiel afgemeet of die wiele. As dit van die wilee af is, is dit amper te veel om te kan glo, gegewe jy met 35" bande sit.

Bevestig asb of jy 27 Januarie kan kom, dan sal ek ekstra moeite doen om 'n draai te kan maak. Andersins is Sondae nie ideaal vir my nie.
Ek weet nie veel van wat die virbrasie op die propshafts is nie, maar ek weet daai aste moet absoluut perfek werk anders gaan hulle nie hou nie. So dit is die moeite werd om dit heeltemal uittesorteer.

Ek sal ook graag wil hoor watse brandstof verbruik jy gaan kry.

Groete

Re: Projek Yster.

Posted: 14 Jan 2013 11:43
by Tommie
Alex.

Ja ek gaan die 27ste kan maak. Dit is van die vliegwiel gemeet ja. Ek weet dat alles reg moet werk met daardie aste, anders is daar moeilikheid. Ek gaan plan maak om volgende week vir Yster by die regte mense te kry vir die "propshaft". Is ook naskuurig om te weet wat die brandstof gebruik sal wees, wil my verstout om te se dat ek dink ons gaan in die orde van 5-6km/l kry. Wat is jou petrol verbruik nou?

Groete.