Page 5 of 33

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Sep 2011 14:03
by Stefan
Peter Connan wrote:Oom Mac en Jan, as julle nie by mekaar kan uitkom nie, praat met Tinus

Gerrie, ek dink jy moet net daai hele hub uitmekaar haal en mooi alles skoonmaak en ghries (veral die wheelbearings ook) voordat jy weer aanmekaar sit. Daar het waarskynlik stof ingekom terwyl jy sonder die hub gery het. Ek glo egter die sideshaft ens behoort OK te wees, want sodra die hub gebreek het, was daar nie meer lading op die sideshaft nie. Maar jy moet maar check in elk geval.
Die hele "Casing" het omtrent middeldeur gebreek Peter. Check die foto op die Melkbos thread.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Sep 2011 14:14
by Peter Connan
Stefan ek het die foto gesien. Ek moet seker slyp aan my terminologie. Wat ek bedoel is dat hy alles moet afstrip tot ten minste by wat Nissan die "Knuckle Flange" noem, en dit skoonmaak.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Sep 2011 14:27
by Gerrie
Knuckle Flange... klink gevaarlik... Hermie (die Cruiser-ou) sal darem help. En daar is darem so een of twee ander manne ook in die Kaap wat my sal kan leer. Peter, hoekom trek jy nie ook Kaap toe nie?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Sep 2011 14:44
by Peter Connan
Gerrie my verloofde wil klaar kaap toe trek. Maar as ek so kyk na die pryse wat julle vir Spyker se modifikasies gekry het, gaan ek nie in die kaap 'n lewe kan maak nie, want julle 4x4 parte is te goedkoop daar :rolling:

Gerrie as jy na die vooras kyk, is daar 'n ronde knop op elke punt. Aan daai knop is daar 'n gietstuk vas met bearings be en onder. Die stuurarms is ook deel van die gietstuk. Dit is die "knuckle flange". Jy moet goed afstrip tot jy by hom uitkom, maar jy hoef nie noodwendig die side shaft uit te trek nie, alhoewel dit dalk 'n goei idee is om sommer die CV ook te ghries. Die enigste probleem is dat jy ook die as se olie sal moet vervang as jy die sideshaft uithaal.

Kyk hier:
FAexpl.JPG
FAexpl.JPG (97.72 KiB) Viewed 2481 times
Dit is nou wel die Y60 s'n, maar joune sal ssortgelyk wees.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 26 Sep 2011 14:56
by Kagiso II
die as se seels en as-olie [ewenaar olie???] is in Februarie vervang toe daai "naaf-slotte' ook vervang is (dieselfde tyd wat die vere en remme aan gewerk is, wat ook nou al 3-keer oorgedoen is - klink darem of die vere nou inni haak is?) .. maar gesien die afskeep werk waarvoor ek betaal het - was alles nie so "cosher" getrou gedoen nie. So, dis dalk goeie idee om alles na te gaan daar langs.
Die seels is 'n soektog - en ons kon net by NISSAN kry, teen R480 vir EEN seel so, maak eers seker voor jy dryf-as uittrek.

O-ja, as jy OOIT die "head gasket" moet vervang ONTHOU dat jy die "e" spesifikasie gasket kry - anders gaan die brandstofinspuiting 'n vroee vrek vrek.. [SKRYF DIT NEER, munnii versjeet 'ie..
:oldtimer:

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 27 Sep 2011 09:23
by Gerrie
29 is die magic number...

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 10:13
by Gerrie
Raait...
Ek het nou die Hubs gekry (dankie oom Mac en JG) so my plan is om dit so gou as moontlik op te sit (wil nie NOG kanse vir stof en dies meer gee om in die side-shafts in te kom nie).
Nou die vraag - ons is almal vreeslik lief vir Nissan, maar die hel weet hulle maak dit moeilik vir herstelwerk.
Die boute wat die Hubs vashou... (die boute wat vermis was wat die groot rede vir my penarie is) is hulle standaard Nissan-issue met 'n 1,25 thread?
In daai geval, kort ek 7 of 8... So waar kan ek dit kry?

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 10:39
by Peter Connan
Gerrie daar moet ordentlike bout-en moer handelaars in die Kaap ook wees.

Vat een van die oorblywende boute (of steel een aan die ander kant) na so 'n plek. Ek is seker dit is net gewone High-tensile fyn-draad Capscrews (hulle werk mos met 'n Allen-sleutel?). Ek sou voorstel kyk of jy Graad 12.9 kan kry, dis die sterkste, en kry sommer genoeg vir al twee kante.

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 13:28
by Stefan

Re: Die avonture van Gerrie en Lobo

Posted: 04 Oct 2011 13:36
by Gerrie
A-ha!! Dankie, sal hulle gaan opspoor. Miskien sit ek hom solank vanaand in emt die boute wat ek het, en gaan tel dan more nog boute op? Kan dit skade maak?