Page 4 of 5
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 15 Feb 2010 10:21
by Jules
Baie geluk Koos mag jy areas discover wat voorheen aan jou onbekend was, jy moet maar kom wys as jy hom gekry het. Is jou Patrol al verkoop?
Veilige myle word jou en gesin toegewens
Jules
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 11:34
by OB1
Daardie Disco3 gaan jou nog sag maak
Bietjie meer oor die 2012 Defender. Alles is huidiglik spekulasie.
As ons na Europese mark kyk, is dat dit waarskynlik nie

soliede aste meer gaan he nie. Dit lyk of hulle die huidige disco3 se platvorm gaan gebruik, en 'n meer robuste suspensie (waarskynlik minus lugsakke maar spiraalvere) gaan he. Dryfstelsel waarsynlik eenvoudiger TDV6 2.7, geen idee wat die ratkaste gaan wees. Die bakwerk ook minder aluminium. Ek glo dit gaan 'n Defender-agtige bak op 'n Disco onderstel wees. Ek hoop hul hou ten minste agter soliede Salisbury as. Ek probeer nou al maande om meer konkrete informasie te kry tevergeefs.
Wat die Disco3 aan betref die vent van Independant 4x4 reken die enigste part wat moeilikheid maak is die turbo actuator

Ek het ook gehoor 'n nuwe TDV6 is maar iets soos R26 000 om te vervang

baie goedkoop. Veral as jy kyk na ZD30 se prys

Die TDV6 word al lank in die Jaguars gebruik, werk soos 'n droom
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 14:45
by JG Shields
OB1,
As jy praat van die TDV6 dan dink ek aan die res van die "fabrikaat integrasie" wat besig is om plaas te vind.
1. Die befaamde V8 TD waarmee die D4 nou uitkom is dieselfde as die V8 waarmee die nuwe Patrol gaan uitkom???? Dis glo BMW. Verskeie ander fabrikate sal hom ook dra.
2. Die Nissan NP200 bakkie is 'n Renault?????
3. Die Toyota Yaris 3 deur is 'n Daihatsu????
Dit gaan later soos die banke wees....Kies in watter kleur (rooi, groen, blou ens) wil jy jou moeilikheid kry.
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 15:31
by KOOS BEST
OB1 wrote:Daardie Disco3 gaan jou nog sag maak
Bietjie meer oor die 2012 Defender. Alles is huidiglik spekulasie.
As ons na Europese mark kyk, is dat dit waarskynlik nie

soliede aste meer gaan he nie. Dit lyk of hulle die huidige disco3 se platvorm gaan gebruik, en 'n meer robuste suspensie (waarskynlik minus lugsakke maar spiraalvere) gaan he. Dryfstelsel waarsynlik eenvoudiger TDV6 2.7, geen idee wat die ratkaste gaan wees. Die bakwerk ook minder aluminium. Ek glo dit gaan 'n Defender-agtige bak op 'n Disco onderstel wees. Ek hoop hul hou ten minste agter soliede Salisbury as. Ek probeer nou al maande om meer konkrete informasie te kry tevergeefs.
Wat die Disco3 aan betref die vent van Independant 4x4 reken die enigste part wat moeilikheid maak is die turbo actuator

Ek het ook gehoor 'n nuwe TDV6 is maar iets soos R26 000 om te vervang

baie goedkoop. Veral as jy kyk na ZD30 se prys

Die TDV6 word al lank in die Jaguars gebruik, werk soos 'n droom
Dit is hoekom ek die ding koop, dit is n awesome voertuig die D3. As mens lees oor die actuator probleem is van , kan mens maar se dit is roes ens , , mens moet dit gereeld smeer met iets soos op die TD 5 enjins ook.Die hak vas en en verhinder die Turbo om die vinnnetjies te kantel blykbaar.
JG die V8 enjin is n Jaguar ,L/Rover and Franse ontwerp saam met Renault , daarom is die spekulasie dat die nuwe Patrol die 3.0d wat in die Jaguar, L/ROVERS is sal gebruik word vir die Patrol.Nissan word nou besit deur Renault
Altans ek hoop so.
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 15:35
by Gerrit Loubser
JG Shields wrote:1. Die befaamde V8 TD waarmee die D4 nou uitkom is dieselfde as die V8 waarmee die nuwe Patrol gaan uitkom???? Dis glo BMW.
Hmmm. Ek dink nie die nuwe Patrol gaan 'n V8 TD hĂȘ nie. Al waarvan ek nog gehoor het is 'n 3.0 V6 TD van Renault se kant af.
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 16:17
by JG Shields
OK. Misverstand gegrond op ore uitleen!
Wie weet...na al Toyota se probleme het hulle dalk binnekort Lada enjins in....
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 21:50
by Pieter du Toit
KOOS BEST wrote:Nissan word nou besit deur Renault
Altans ek hoop so.
Hello Koos,
Korreksie - dis anders om - Renault word besit deur Nissan. Renault SA was een van my kliente waarvan ek al die sekuriteit by die handelaars hier in die Wes Kaap gedoen het. Ek het al hierdie kontrakte verloor met die "ten gronde gaan" van Renault SA. Ja ek het n moerse knock gevat met dit. Sekere Renault takke word nou besit deur DTM Nissan - van die Renault takke is bv oorgeneem deur AMH (Associated Motor Holdings) - hulle het n 49% aandeel in Renault SA gehad en het die takke wat hulle wou gehad het onder die AMH faandel ingeneem en die res toegemaak. Van die ander Renault takke is deur DTM Nissan oorgeneem.
Die motor industrie is baie kompleks - daar is bv Renault handelaars wat deur privaat eienaars besit word - Paarl en Worcester Renault takke is bv albei privaat handelaars (eienaars). Hierdie ouens het bv niks met hierdie groepe te doen nie en Renault SA bestaan nog net as n "importer" van hul handelsnaam.
Hoop dit werp bietjie meer lig op die onderwerp.
Groete
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 17 Feb 2010 22:01
by Pieter du Toit
JG Shields wrote:
Die Toyota Yaris 3 deur is 'n Daihatsu????
JG,
Ek weet nou nie of die forum die regte plek is om dit uit te blaker nie maar hier gaan ek - hopenlik word ek nie binnekort gearresteer nie!!
Jy is nie verkeerd met jou stelling nie - in fact jy is 100% spot on. Die Daihatsu voertuie het Toyota engins in - en dis no joke!!!
My vrou werk vir AMH (Die importers van Daihatsu) - en meeste van hul Daihatsu parte kom hier aan in Toyota boxies - ja ek lieg nie vir jou nie!! Hulle moet dan die parte uit die Toyota boxies uithaal en oorpak in Daihatsu boxies - en dan kan jy daai selfde Toyota part vir n fraksie van die prys gaan koop as n Daihatsu part!!!
Ja dis lagwekkend maar die waarheid. My vrou reken dis hoekom hulle Daihatsu warranty claims ook so laag is - tot so min as 5% in vergeleke met hul ander produkte (Tata, Sang Yong, Kia, Renault, Proton en nog n paar ander wat ek liewers nie wil noem nie - ek kan dalk n paar vyande ontwikkel hier op die forum)!!!!
Please don't kill the messenger!!!
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 18 Feb 2010 13:38
by OB1
JG Shields wrote:OB1,
As jy praat van die TDV6 dan dink ek aan die res van die "fabrikaat integrasie" wat besig is om plaas te vind.
1. Die befaamde V8 TD waarmee die D4 nou uitkom is dieselfde as die V8 waarmee die nuwe Patrol gaan uitkom???? Dis glo BMW. Verskeie ander fabrikate sal hom ook dra.
Dit gaan later soos die banke wees....Kies in watter kleur (rooi, groen, blou ens) wil jy jou moeilikheid kry.
JG nie heeltemal nie. Sover ek weet (in SA nie seker van Europa nie) is die TDV8 sles in Range rover sport en groot range rover beskibaar. Dit saam met Jak sie supercharged petrol V8. En ja iemand het genoem ek dink dis wel 'n BMW enjin
Die TD enjin in Disco4 is 3.0 TDV6 opgegradeerde 2.7l Almal is gaande oor die ding.
Pieter, jou doring.

, vir die Toyota mense. Duidelikste geval van betaal virdie naam. So R2000 per letter
Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D
Posted: 18 Feb 2010 21:52
by KOOS BEST
Wel manne ek sit vanaand hier met n Disco in my garage, die patrol is op oppad Blou bul land toe.Die sitplek oortreksels is op Lasarus ook daar naby vanaand.
Ek het die dame van Polokwane L/Rover vandag ontmoet vir ons Rondezvous by die pavilion inkopie sentrum, daar het ons die dokumente geteken oorhandig en die transaksie beklink.
Die voertuig wat ek dmv. die internet gekoop het is in n uitstekende toestand. Hulle het vir my al die uitrdrukke van al die dienste ook saam gegee. Binne in mooi netjies verpak was n bull bar,met n winch plate, die oorspronlikke voorbumper en n belly plate(geen skrape op nie).Met al die moere en boute. Die goed het hul afgehaal omdat dit n "Approved Used L/Rover" is en dit was nie egte toebehore nie, so hulle het dit afgehaal en n SPLINTERNUWE voor bumper opgesit, not too bad.
O ja hulle het ook n splinternuwe windskerm ook gister ingesit.
Die Disco is ook afgelewer met splinternuwe 265/65x17 Michelin LTX bande , die nobbies is nog nie eers afgeloop nie en dit het ook n egte Land Rover snorkel .
Vir die wat wil weet , die voertuig se brein het gewys Polokwane is 878km van die pavilion af , met n gemiddelde verbruik van , glo dit of nie 10.1L/100KM wat die dame gekry het op die pad vandag.
Toe ek oorneem om die laaste 160km aftele huistoe laat vanmiddag was my verbruik 11.2km/l , en die ding trek soos n trein wat op steroids loop.
My 1ste indrukke , die Patrol se seats sit lekkerder en die Patrol se A/C is ook baie meer effektiewer.
Ek kan nie wag vir die Defenders van 2012/13 met hierdie enjin nie