Tyd vir n update......
Desember was Patrol-produktief gewees. Voor ek verder gaan moet ek eerstens dankie se vir my seun wat gehelp het. Hy is n Avionician by Airlink en het gehelp kophou met die drade, soldeer, heatshrink waar ek nie sou dink om dit te gebruik het nie, en om alles beter te laat lyk as wat dit sou as ek dit alleen moes doen.
Dan ook vir Anthony wat geduldig al my Whatsapp vrae geantwoord het..
Dis hoe die Patrol gelyk het in November tydens die 94.7 MTB Event:

- ORRU 94.7 Mtb event
- Patrol Nov19Resized.jpg (402.33 KiB) Viewed 10065 times

- ORRU 94.7 Mtb event
- Patrol Nov19.2Resized.jpg (531.75 KiB) Viewed 10065 times
Dit was tyd om die silver roofrack swart te maak en was eerste op die lysie. Het die roofrack afgewas met seep en met die WAP gesprei en Duram 88 met n spons roller aangeverf. Kleiner hoekies met n kwassie reg gemaak en ek is baie tevrede met hoe dit uitgekom het.
Terwyl die roofrack af wsa het ons die ORRU response clusters en channel flood lights vasgesit. Die clusters bestaan uit n stel groen en amber ligte vir voor en agter, n ekstra rooi agter wat aan die brake lights gekoppel is en twee groen clusters op die kante wat met n kontrole boks van binne beheer word:

- Roof rack painted black
- Roofrack black Resized.jpg (190.55 KiB) Viewed 10065 times
My aux battery box in die load bay, die is n tydelike installasie wat permanent sal word wanneer ek eendag die laai stelsel inbou.... die is tydelik op ys gesit.... Die installasie is so dat indien ek vir een ofander rede die aux boks verwyder, plug die rooi BH wat na die boks to gaan in die rooi BH in die load bay en word als wat steeds krag kort gevoed vanaf die main battery van die Patrol. Toevoer word gereguleer met n isolator switch in die loadbay en daar is n ekstra kabel met n grys BH wat na die bestuurs kant in die load box gaan waar die yskas gekoppel kan word. My HAM mobile radio word ook deur die Aux battery gevoer.

- Aux batt and power connections
- Aux batt connect resized.jpg (301.43 KiB) Viewed 10065 times
Isolator switch

- Isolator switch
- Isolator loadbox resized.jpg (217.82 KiB) Viewed 10065 times
Tydelike fusebox tot finale laai stelsel

- Temp fuse box
- Fusebox temp resized.jpg (420.93 KiB) Viewed 10065 times
Verskeie skakelaars: die eerste is daar vir die Volt meter, sigaret en USB; die tweede sit die channel flood light links aan, die derde die channel flood light regs en vier en vyf is ekstra wat nie gekoppel is nie. Om een of ander rede werk die LED liggie op die switches nie.... sal maar weer lees en kyk....

- Load bay switches
- Switches loadbay resized.jpg (454.03 KiB) Viewed 10065 times
Channel flood light, beide links en regs van die voertuig

- Side channel light
- Side channel light resized.jpg (219.12 KiB) Viewed 10065 times
LED lig op klein barn door, verskaf lig in wit en amber

- Barn door LED
- Barndoor LED resized.jpg (206.69 KiB) Viewed 10065 times
LED lig op groter barn door, verskaf lig in wit, amber en rooi

- Big door LED
- Bigdoor LED resized.jpg (197.74 KiB) Viewed 10065 times
Binne ligte se gloeilampe met LED gloeilampe vervang

- Interior LED globe
- LED globe resized.jpg (410.58 KiB) Viewed 10065 times
Ek het ook die reverse T20 gloeilampe vervang met LED gloeilampe, maar dit was n groot teleurstelling aangesien die lig kwaliteit maar power is. Sal later daar n plan maak dalk met n werkslig of so bo die spaar wiel of op barndoor trappie indien ek een sou insit.
Die volgende GROOT verbetering is n TURBO!! Ek het reeds n Madman laat insit, en het reeds die pistons vervang spesifiek vir die turbo. Vroeg in die jaar laai ek af by Michael om dit te finaliseer en ek kan nie wag om die verbetering te voel nie. Terselfde tyd sal Michael vir my n snorkel opsit en n BZT bumper fit wat reeds le en wag....
Die volgende update sal wees na Michael klaar is.