Page 4 of 4

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 11 Dec 2009 07:39
by Herrie
Het sopas 'n e-pos van Nissan SA gekry en hulle gaan hulle finansieele hulp aan die Nissan 4x4 Klub verdubbel volgende jaar :woo:

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 11 Dec 2009 09:33
by JG Shields
Herrie, werp asb vir my lig op my bekommernisse.

1. Beteken dit dat Nissan SA erken dat hulle nie die tegniese- en bemarkingsondersteuning aan Patrol in SA gee wat die eienaars verlang nie?
2. Hoe gaan hulle verhoogde bydrae aan die club bogenoemde verbeter vir alle Patrol eienaars? Ek wil hierdie vraag graag op skrif beantwoord sien deur Nissan SA.
3. Gaan hierdie aksie nie juis die verkeerde uitwerking gee nie? Ek is bevrees dat hulle hiermee 'N RASERIGE KIND SE MOND STIL KRY DEUR VIR HOM 'N SUIGSTOKKIE TE GEE. Anders gestel...Is hulle nie net besig om ons te "soft soap" nie?

Ek is van mening dat ons hiermee te vroeg vriende met hulle word voordat hulle die ware omvang van ons ontevredenheid ter harte neem en daadwerklik iets aan ons ontevredenheid doen. Ek wil hulle nie as my vriend beskou voordat hulle nie die groter prentjie regstel nie.

Dalk verstaan ek hulle betrokkenheid by die club verkeerd en ek sal dit aanvaar as dit so is. Ek hoor graag.

JG

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 11 Dec 2009 13:01
by Herrie
Hulle gaan die klub weer ondersteun by die AAWDC se pretdag deur die fooie te betaal, vir ons hemde en pette te verskaf asook vlae ens. om die Nissans meer sienbaar te maak. Die proses gaan maar stadig maar ons het reeds 'n voet in die deur.

Soos ek voorheen al gesĂȘ het, die klub het meer lede nodig. Een vraag van Nissan is hoekom daar nie meer lede by die klub is nie. Tans is ons een van die kleinste klubs maar is al reeds meer betrokke as baie ander klubs.

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 11 Dec 2009 14:27
by KOOS BEST
JG, ek stem volkome saam met jou.
Ons ry die VLAGSKIP van Nissan maar kry geen erkenning nie.
Nissan SA , moet seker die enigste fabrikaat wees wat niks doen om hul vlagskip te ondersteun, te bemark en groter blootstelling te gee nie.
Hierdie forum is die beste geleentheid wat hul kan kry, ons is reeds die "converted" hier en kan hul beste ambassadeurs word , maar helaas nie.


Toe ek onlangs n lig koop vir my Patrol , en die koste bevraagteken se die Nissan onderdeel bestuurder vir my oor die hoe koste, besef ek, ek bestuur die vlagskip van Nissan, daarom die hoe prys.

Wat n bol bollie!!!!!!

Gerhard ek kry geen terugvoer op die oomblik nie , ek moet erken eks selfs n bietjie besig om dit nou op te volg.

Groetnis

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 21 Dec 2009 16:55
by JG Shields
Herrie,

Nou is ek sommer weer van voor af die hoenders in vir Nissan SA. Ek maak verlede Vrydag 'n afspraak by Imperial Nissan in Menlyn vir Woensdag 23 Des om ter voorkoming 'n nuwe termostaat in Lasarus te laat sit. Ek wil ook sommer vir CONSULT aan Lasarus se senuwee stelsel koppel om te sien wat sy diagnose van die nuwe hart en siel is. Imperial bel my vanmiddag om my mee te deel dat Nissan SA (en alle Nissan handelaars in SA) nie 'n termostaat vir die 4.8 in voorraad het nie.

Dis 'n skreiende skande, 'n belediging teen ons as Patrol eienaars en 'n refleksie van patetiese bestuur. 'n Termostaat (op alle model voertuie) is standaard en elementere onderdele wat te alle tye in voorraad behoort te wees. Dis immers 'n item wat verpligtend tydens sekere dienste vervang moet word. Kan niemand sien die verdomde rak is leeg nie.....????!!!!

Dis hierdie klein dingetjies wat my laat wonder wat hulle "politieke wil" regtig is om Patrol se vraagstukke op te los. Ek dink hulle het nie die mense om die naam reg te bestuur nie, nog minder het die mense wat daar is die wil om dit te doen. Hulle gaan beslis 'n stukkie van my gedagtes op skrif kry.

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 03 Jan 2010 14:27
by tour de frans
Hallo almal
Ek hou die thread al n tyd dop en om eerlik te wees,lees ek nie alles deeglik of steur my die die posts wat julle maak oor Nissan SA nie,want soos JG se n suigstokkie vir n stout kind.
Ek het wel een vraag en stelling, ek weet ek moet belang stel want ek kan ook voordeel trek met julle onderhandeling met Nissan maar vat dit maar met n knippie sout.My vraag is: en ek wil by JG aansluit,Hulle het nie eers die simpel parte soos n thermostat nie,ek kon bv nie fanbelde koop vir n 4.5 nie,dis tragies.Hoe wil hulle dan ordentlik betrokke raak met instansies of die forum.Nissan SA het dan ook ontrek uit alle motorsport uit,so miskien is ek verkeerd maar watse input wil hulle nou bied.
Ek is eindlik gatvol vir Nissan,ek ry n wonderlike kar maar hy het die verkeerde badge op!
Groete
Frans

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 03 Jan 2010 21:23
by Saltman
Amen Frans!

Ek stem!!!
Ek is 'n Patrol fan, maar nog nie 'n Nissan fan nie ...

Ek het laasweek Woensadg my 4.8 in Malmesbury by JB's Nissan laat diens het, aangesien hy nou 05 Jan 2010 onder waarborg uit sal wees. Ek wou toe he hulle moet alles deurgaan en seker maak ek sit nie volgende maand met 'n bol Nissan probleme nie.

Was ek nou aangenaam verras! Uiteindelik 'n jong mannetjie gekry wat geweet het wat hy doen en my probleem met die throttle wat ek al van dag 1 ervaar het reg geidenifiseer het en reggemaak het! en dit nadat Rustenburg en Parow se "eksperts" net die ding op consult gesit het en dan vir my gese het dis alles reg. En hy was ook nie te groot meneer om nie hulp te vra nie - hy het die probleem uitgeklaar met die Field engineer en saam het hulle besluit wat gedoen moet word en waar die grense le. Ek is maar 'n moeilike mens om tevrede te stel, maar hulle verdien 'n pluimpie!

Was beindruk met die skoon werkswinkel en die feit dat daar nie so baie voertuie rond gestaan het soos in Parow nie. As dit nodig is sal ek beslis weer van hulle gebruik maak!

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 04 Jan 2010 11:44
by Patrol4.8
Ek is bly jy het reggekom by JB's Nissan, ek het nog net goeie diens by hulle gekry.
Wat was toe die probleem met jou Patrol?

Re: Bring Nissan SA to the Party

Posted: 04 Jan 2010 20:51
by Saltman
Cornelius
Ek sal 'n aparte post onder engine & engine management sit - dalk sal dit 'n volgende ou help wat 'n soortgelyke probleem optel.