Page 4 of 4
Re: Lexus 1uz-fe v8 conversion
Posted: 18 Jul 2019 20:30
by SJC
Alex watse petrol verbruik het jy met die lexus gekry?
Ek het safari bakkie gesien wat te koop is, maar hiedie het 'n lexus v8 vvti met spittronix in.
(Wag nog vir verkoper om my meer inligting te gee... sal eerder n nissan met n nissan engin wil hê, maar nou ja.)
Re: Lexus 1uz-fe v8 conversion
Posted: 18 Jul 2019 22:22
by Alex Roux
Was nie veel beter as 4.8 nie.
My beste was 7km/l en slegste in verkeer was 5km/l.
Maar onthou dit was (is) ‘n swaar kar met staalwerke oral om en staal dakrak.
Vind uit hoe swaar die kar is. Met enige petrol enjin gaan jou verbruik hoog wees weens gewig.
Met enige conversion, wissel die sukses van die kar maar baie afhangende van die gehalte van die ombouings werk.
Ek sal baie deeglik kyk voor ek ‘n ombouing koop.
Re: Lexus 1uz-fe v8 conversion
Posted: 19 Jul 2019 06:49
by SJC
Wat my ook van hierdie een pla, is dat dit die lexus boks in het.
Verkoper reken hy kry 8k/l..
Re: Lexus 1uz-fe v8 conversion
Posted: 19 Jul 2019 07:13
by TijmenvdS
Met ons Safari en lexus was ons deur 3 van daai autobokse. Lexus+4x4=

sorry. Net my ondervinding.
Re: Lexus 1uz-fe v8 conversion
Posted: 19 Jul 2019 13:19
by Alex Roux
Nee moenie een met Lexus boks vat nie. Hy is nie gemaak vir 4x4 nie.
My ombouing, nog aktief en op die forum, het Patrol manual boks in.
Dit is 'n baie duurder ombouing maar as dit reg gedoen is werk dit goed.