Page 4 of 9

Re: Project "LASARUS"

Posted: 08 Dec 2009 14:41
by Herrie
:woo: :woo: :clap: :clap:
Mooi so man - Arnold van CRD het my gister vertel dat hulle daai 4.8 so 'n bietjie bewerk en dan out-perform hy al die Cruisers in die duine - en die Cruiser manne kan dit nie handle nie!

Re: Project "LASARUS"

Posted: 08 Dec 2009 15:01
by Stefan
Hi JG,

Ek's baie bly vir jou part!

Re: Project "LASARUS"

Posted: 09 Dec 2009 07:24
by Gerrit Loubser
Herrie wrote:Arnold van CRD het my gister vertel dat hulle daai 4.8 so 'n bietjie bewerk en dan out-perform hy al die Cruisers in die duine...
Die 4.8 sal dit mos kan doen soos hy standaard van Nissan kom sonder enige "bewerking" deur CRD.

Re: Project "LASARUS"

Posted: 10 Dec 2009 06:41
by JG Shields
Hierdie is regtig die enigste kiekie wat ek sover het van Lasarus se oop borskas met sy nuwe hart. Die "cowling" en "fan" moes nog inkom (wat intuseen gedoen is). Al die ander dinge is honkie dorie!!! Lasarus is tans op 'n mannekuur rondte in Bloemfontein. Hy kry 'n pollering en valet. Dis net sy hare wat nie gesny word nie. As alles volgens SY plan loop, ry ek die naweek Bloem toe vir die groot her-ontmoeting.

Ja, Koos, ek het 'n kamera en ek belowe baie prentjies saam met 'n artikeltjie oor die hele oorplanting.

Re: Project "LASARUS"

Posted: 10 Dec 2009 06:52
by Tjaart
JG

Ongelooflik!! Ek kan nie glo nie. Dit was vinnig!! Bloody well done!! :clap:

Re: Project "LASARUS"

Posted: 10 Dec 2009 07:12
by JG Shields
Dankie Tjaart. Dis egter net soveel 'n mergeling hier in my binneste. As oud Vrystater het ek baie vriende in Bloem. Baie van hulle bel my om met opgewondenheid iets oor Lasarus te rapporteer. Doempie bel gister net om sy foon teen die enjin te druk sodat ek kan luister hoe dit klink. Nou vra ek wat doen ek met sulke vrinne??? Weet jy hoe borrel my bloed al???? Ek ken egter ook myself. Wat gaan maak ek daar as Lasarus nie klaar is nie? Ek gaan net die wit waks uit Attie uit irriteer, wat soos 'n getroue perfeksionis alles pynlik netjies afrond.

Pretoria.....hier kom 'n ding!!!

Re: Project "LASARUS"

Posted: 10 Dec 2009 07:41
by tour de frans
:thumbup: wonderlik,baie mooi en geluk :thumbup:

Re: Project "LASARUS"

Posted: 11 Dec 2009 09:38
by Tjaart
Speechless!! :rolleyes:

Ek is baie bly dat Attie 'n perfektionis is!! Dan weet jy dat jy 'n goeie produk kry. EK wil net een ding vra. Ouens het al vir my jou diff ratios en gearbox ratios verskil van petrol en diesel, agv jou rpm en engine spoed ens. Hoe het jy gemaak? het jy jou oorspronklike drive shafts en diffs gehou? is dit dieselfde?

My plan is eendag - na my Patrol 600K km + gedoen het - 'n Cummins of Detroit diesel straight six. 6L bi-turbo in te sit. Toe se hulle vir my dit sal nie werk nie, want die ratkas en diffs se ratios is anders en die kar sal bv 60km/h ry ipv 110km/h, of so iets. So, is dit die waarheid? Hoe het jy dan gemaak met die 4800 vs 3.0 Diesel? :think:

Laat weet ons wanneer jy jou Patrol het!! En jy het baie goeie vriende in die BLOEM!! :clap:

Re: Project "LASARUS"

Posted: 11 Dec 2009 09:56
by yamiax
TRANSMISSIONS:
- 3.0 and 4.2 manual gearbox ratios = 1st 4.262, 2nd 2.455, 3rd 1.488, 4th 1.000, 5th 0.850, rev 3.971.
- 4.8 auto gearbox ratios = 1st 3.540, 2nd 2.264, 3rd 1.471, 4th 1.000, 5th 0.834, rev 2.370

FINAL DRIVE RATIOS:
3.0 manual and auto 4.375:1
4.8 manual 4.375 auto 3.545:1.

Transfer case ratios = high 1:1, low 2.02:1 on all.

As ek reg onthou het jy gese jy het die Diesel se Diffs gehou. So, basically gaan jy 'n baie strek Patrol GRX he. Miskien nie so vinnig so die volgende een nie, maar baie sterker. Met die wat jy nou die hoer diff ratio het sal jy nie krag verlies so erg ondervind so die volgende ou as jy 33" of 35" wiele op sit nie.
35" :thumbup: either way jy gaan nou baie lekkerder crawl...... :thumbup:
Ek wens ek kan my Patrol se final drive ratio hoer kry.....my 1ste lowrange is steeds te vinnig vir my, ek soek meer van 'n slow crawl.....

Re: Project "LASARUS"

Posted: 11 Dec 2009 10:12
by JG Shields
Tjaart,

Die 2001 model ZD30 gebruik 4.3 ratio diffs en die 2007 model 4.8 gebruik 4.1 ratio diffs. Dit beteken 'n verskil van 0.2 of 4.65%. Omdat beide enjin lae revolusie enjins is het ek die somme eenvoudig probeer hou en net gewerk op die netto effek wat die 4.65% op my revolusies en snelheid sou he. Dus behoort my revolusies te verhoog met 4.65%, my snelheid te verlaag met 4.65% en my krag te verhoog met 4.65%. Teen 120km/h behoort my revs dus met ongeveer 100 revs te verhoog teenoor 'n standaard 4.8. DIS EGTER ALLES DIE TEORIE.

Ek het dus die verskille ignoreer totdat die padtoets gedoen sou word. Hou ook in gedagte dat ek 275/16 bande op het teenoor die standaard vir die 2001 ZD30 van 265/16. Dit behoort weer die 4.65% uit te kanselleer. Die resultate is verstommend. (Let wel, ek werk net op Attie se beriggewing. Ek het self nog nie gery nie.) Volgens Attie is die revs @120km/h (speedo aangeduide snelheid) op nagenoeg 2200, wat in lyn behoort te wees met die standaard 4.8. (Die 4.8 manne kan gerus hierop reageer asb) Die GPS toets moet nog gedoen word. Die krag is glo uitstekend. 'n Dyno toets moet nog gedoen word.

Kort en lank: Indien die revs wel klein bietjie meer is as standaard, sal dit minder as 5% wees wat vir my beter krag en 10@1 minder brandstof verbruik gaan beteken. Ek dink nie dit gaan nodig wees om met die diffs te lol nie. Mayhem soek graag my 4.3 ratio diffs en kan my ruil vir 4.1 ratios. Ek sal egter graag wil ervaar wat op die pad na so 3 tenks brandstof gebeur voor ek 'n finale besluit neem.

Iets wat ek geleer het hieruit is dat die somme tussen enjin, ratkas en diffs maklik gemaak kan word en die ideale kombinasie vasgestel kan word lank voordat jy die goeters koop.