Ek dink ek het die Waeco 50L nou op die ys gesit want smaak my hy maak net warm en as mens na sy specs kyk praat hul van hy maak 55grade onder ambient temp, dus as dit 60grade is. is die outjie maar 5grade aan die binnekant
Het netnou weer gekyk na ODW se specials, ek sien hul 80L Waeco ( Gerrit dink soos joune )verkoop hul vir R8000 en die NL52 L Weekender saam met n jassie gaan vir R8200. Size gewys nie groot verskil
Waeco 80l = 790mm (L), 455mm (H) en 500mm ( B), gewig leeg 29kg
52L NL = 710mm (L), 506mm (H) en 385mm (B), gewig leeg 26kg
Nou n vraag aan jul slim pakkers daar buite, gaan daardie n redelike verskil maak aan mens se pakwerk agter innie Patrol. Ek veronderstel mens pak nie iets bo-op jou yskas as jy ry nie , altans nie swaar goed. En daardie ekstra 30L gaan mens dan nie te veel kos saam vat nie. Daar is n paar manne op die ander forums wat die Waeco 80L het en hul klink gelukkig met die ding. Daar is egter n goeie kans dat ek n NL50/52L +sy protective cover kan kry vir R7500.
O ja terloops ek is in Richardsbaai ( Zoeloeland )
Groete
Jules