Page 4 of 5

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 19 May 2016 17:18
by petrol
Soos Tinus se hy hou tot hy breek. As hy reg voel los hom, doen n visuele inspeksie wanneer die ratkas of engine uit is.
My hardbody se clutch het gehou tot op 360k km.

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 19 May 2016 18:23
by SJC
Die ironie is dat die 4.5 se clutch is vervang, maar die bakkie se ratte verander baie meer "smooth" as die 4.5 sin.
Op die 4.5 is die 4de rat bietjie krapperig, en om van 2H na 4H te gaan ook nie so glad nie...

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 19 May 2016 18:49
by Peter Connan
My twee sent: Wanneer jy die enjin of ratkas uit het, meet hoeveel wrywingsmateriaal nog oor is tot hy die rivets gaan raak. As daar meer as se 1.5mm oor is, kan jy dit net so terugsit.

Mens kan nie die lewe van 'n koppelaar bepaal nie, dit hang verskriklik baie af van die eienaar se bestuurstyl. Dungbeetle is al op oor die 700k km!

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 07:31
by Wilkie
SJC wrote:Die ironie is dat die 4.5 se clutch is vervang, maar die bakkie se ratte verander baie meer "smooth" as die 4.5 sin.
Op die 4.5 is die 4de rat bietjie krapperig, en om van 2H na 4H te gaan ook nie so glad nie...
Fanus trust me jy moet die regte ratkas olie in daai ratkas gooi . Dan is hy weer seep glad :oldtimer:

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 08:13
by Michael
Ek stem saam met Errol, ek het 75w90 vol sinteties in my ratkas gegooi en hy is gladder as ooit. 80w90 is te dik en jy kan hom voel as dit koud is.

Maak net baie seker jy gooi n GL4 in en nie n GL5 nie.....anders gaan jy nie ratte kry nie!

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 11:36
by SJC
Michael wrote:Ek stem saam met Errol, ek het 75w90 vol sinteties in my ratkas gegooi en hy is gladder as ooit. 80w90 is te dik en jy kan hom voel as dit koud is.

Maak net baie seker jy gooi n GL4 in en nie n GL5 nie.....anders gaan jy nie ratte kry nie!
Sal dit ook die 2h na 4h smoother maak, of sal die transfer case se olie verander moet word? (dieselfde oilie as ratkas?)

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 11:55
by Michael
Ja die ratkas en transfer case vat dieselfde olie. Nie seker of dit die oorkakelikng beter sal maak nie.

Op watse spoed doen jy dit Fanus?

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 12:32
by SJC
Lae spoed. 20-50km/h maak nie 'n verskil nie. Dis nie 'n probleem nie, die bakkie gaan net baie makliker in.

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 13:13
by Wilkie
Fanus as jy van 2H na 4H oor skakel terwyl jy ry moet jou voorste hubs gesluit wees en nie op auto nie....as jy op auto is staan alles stil wat kraglewering na vore lewer.. :oldtimer:

Re: Safe to drive with this..?

Posted: 20 May 2016 13:32
by SJC
Wilkie wrote:Fanus as jy van 2H na 4H oor skakel terwyl jy ry moet jou voorste hubs gesluit wees en nie op auto nie....as jy op auto is staan alles stil wat kraglewering na vore lewer.. :oldtimer:
Dankie, het nie hier aan gedink nie. Gewoond aan bakkie wat manual locking hubs het.
Is dit beter om dit te sluit wanneer mens low range gaan/ 'n trail ry ens.? Wat is die doel van die auto funksie?