Page 4 of 5
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 12 Feb 2015 18:55
by Peter Connan
Se ek ook!
Hoe het jy die bome by Rooiputs belig?
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 13 Feb 2015 14:00
by jan.dup
Dankie Herrie/Peter - mbt die bome se beligting het ek het die shutter oop gehou vir 'n paar sekondes (so om en by 20 tot 30 sek) en dit sommer met my flits "ingekleur"
Hier is nog 'n voorbeeld daarvan (ook by Rooiputs)

- Rooiputs A-Frame
- Rooiputs 6.jpg (4.47 MiB) Viewed 3188 times
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 02 Mar 2015 13:31
by Peter Connan
Dirk,lyk my dan jy's terug? Hoe was die trip?
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 02 Mar 2015 14:11
by offroadbiker
Yep, ongellukkig terug in Gauteng en klaar gatvol......
Trippie was ok, ongelukkig het die nuwe altenator die tweede dag die gees gegee (agterste klein bearing het opgepak...) en sit ek toe vir 5 dae in Nossob sonder 'n ryding, wat beteken het my Rooiputs en Polentswa aanda was daarmee heen.
Verder was dit baeie lekker, weer gewissel tussen so 38 en 43 grade, paar aande AMPER reen gehad, mooi weerlig vertonings.
Het darem so 16 individuele leeus, 10 cheeta, 1 rooikat en 2 African wildcats gesien, asook kameelperde, koedoes. springbokke, rooihartbees, swart wildebeest, steenbokkies, gemsbokke en dan natuurlik wye verskeidenheid van voels, soos arende, valke, uile en nog baeie ander.
Moet se daar was heelwat Watergate buite werking gewees wat nie mooi is nie.....
Paaie was heel ok volgens my ma ek het op so 1.1bar gery die hele tyd en niks gebreek of los geskud wat dit betref nie.
Interresante mense ontmoet en daar is vreeslike klomp teroriste in die park.
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 02 Mar 2015 15:05
by Stefan
teroriste??
Sheez, was julle nie bang nie?
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 02 Mar 2015 16:04
by Peter Connan
Rooikat en TWEE wildekatte, en nog Kameelperde en Kudu ook? Klink my julle hat amper alles gesien wat daar is!
Jammer oor die aande by Rooiputs en Polentswa.
Daar is altyd 'n paar watergate wat buite werking is. Ek is nie seker dis 'n probleem nie, aangesien dit die veld in daardie areas tyd gee om te herstel.
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 02 Mar 2015 21:54
by JoshJ
Jammer om te hoor van die altenator probleme. dit gee darem vir jou rede om terug te gaan en die aande by rooiputs en palentswa te gaan he.
Bly julle het dit verder geniet.

En bly julle is veilig terug.
met teroriste en toeriste

( Stefan, your killing me man

)
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 03 Mar 2015 07:02
by offroadbiker
Stefan wrote:teroriste??
Sheez, was julle nie bang nie?
Daai terroriste is 'n ander spesie jong

Hulle praat in tale, trek kaalgat uit sommer daar in die kampplek, was hulle wasgoed in die skottelgoed opwas en kan wild ry as hulle lus is.......
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 03 Mar 2015 07:05
by offroadbiker
JoshJ wrote:Jammer om te hoor van die altenator probleme. dit gee darem vir jou rede om terug te gaan en die aande by rooiputs en palentswa te gaan he.
Bly julle het dit verder geniet.

En bly julle is veilig terug.
Dankie
Sal maar sien, te veel plekke wat ek nog nie was nie - so die beplanning is Botswanna volgende jaar vir 2-3 weke.
Re: Kgalagadi Feb 2015
Posted: 12 Mar 2015 15:17
by jan.dup
Net om te wys Dirk was regtig daar !!! Noord van Nossob op pad na Qubitje Quap watergat.

- KTP - Dirk se Patrol
- Dirk 4.jpg (108.62 KiB) Viewed 3069 times

- By die watergat
- Dirk 1.jpg (110.08 KiB) Viewed 3069 times