Baie dankie aan die fotograaf, jis hier is mooi fotos. Ja ou Rhino was vir die eerste keer uit na hy gepimp is. Sy stuurwiel het teen die een hoe wal uitgekom en toe sit ek met hom in my hand. Dit kon n crash gewees het. Dit is die probleem met die ou goed, daar is altyd pyne en goed wa breek. Weereens dankie aan almal, veral vir Vaughn wat die dag gereel het, Cedric en Christo wat ingestaan het vir Vaughn toe hy Duitsland toe geroep is, Kobus wat ons mooi gewys het en Grant en Sonja vir hul ondersteuning, fotos en hulp voor aaan die konfooi. Ek het n jong outjie saam geneem, met n klein Sezuku. Hy was so impressed met die mooi leiding wat Kobus en Grant vir hom gegee het dat hy weer wil saamgaan. Die gevoel van ander wat daar was is dat daar n lekker gees in die klub is en dat die mense vriendelik is, dit is wat tel Dit was ook nice om David en Brombeer weer te sien. N groep nice mense wat n heerlike dag geniet het. Ons moet weer so maak. Ons het ook die Gerotec besoek op 17 November bespreek en gaan almal nou die dag bywoon. Ons sal die saamekoms wat ons beplan saam met die Z, SSS en Datsun klub op die naweek voor of na die 17de reel. So die ouens op die Nissan vorum sal hul name vir Kobus deurgee en dan sit hy by die Gerotec name. Elke ou sal maar vir homself moet betaal[R250 per voertuig].
Dankie aan almal wat daar was, veral aan die mense wat alles gereel het. Daar was net mooi niks vir my om te doen nadat Cedric die leisels gevat het nie
Hier's nog 'n paar fotos:
Grant show bietjie af
Dsc02566.jpg (259.43 KiB) Viewed 2194 times
Hard Terrain bande sukkel maar in die stof
Dsc02569.jpg (173.47 KiB) Viewed 2194 times
Brombeer maak sy verskyning
Dsc02573.jpg (201.57 KiB) Viewed 2194 times
Hillbilly lig 'n voorwiel op
Dsc02583.jpg (210.91 KiB) Viewed 2194 times
Kobus was oral byderhand om advies te gee
Dsc02585.jpg (171.28 KiB) Viewed 2194 times
Party het van v-e-e-e-r af probeer help ;-)
Dsc02587.jpg (231.43 KiB) Viewed 2194 times
Die Jimny kry 'n helpende hand
Dsc02590.jpg (251.56 KiB) Viewed 2194 times
Rhino lyk netjies ge-pimp
Dsc02597.jpg (192.28 KiB) Viewed 2194 times
Iron Maiden se bash-plate het 'n "blou kol" gekry
Dsc02599.jpg (151.79 KiB) Viewed 2194 times
Kobus het gewys hy weet van so tussen al die beduie deur
Dsc02600.jpg (192.96 KiB) Viewed 2194 times
Grant, waar's julle kiekies, jong?
Christo (the snake man)
1998 4.2 GL Patrol (Chuck Norris)
2007 350Z twin-turbo coupe (Batmobile)