Page 4 of 13

Re: Projek Yster.

Posted: 11 Jul 2012 00:48
by Jorrie
Kan nie wag om hierdie monster in lewende lywe te sien nie!! :surprised:

Re: Projek Yster.

Posted: 30 Jul 2012 20:06
by Grootseun
Kerels hierdie Projek Yster raak nou rof en pragtig , Tommie het sy nuwe bande en vellings opgesit die naweek , kyk bietjie hierinder hoe pragtig is dit nie , ek is skoon jaloers en as ek reg is is dit 35" bande , Tommie sal moet bevestig

Re: Projek Yster.

Posted: 30 Jul 2012 21:15
by Tommie
Hi Maats, ja dit is "35". Is net nog in 2 gedagtes. Weet nie of die 'mags' so moet bly, en of ek hulle swart moet maak nie. Ons gaan seker binne die volgende 2 weke die motor in loop. Ons wag nog vir die 'sump' en die seel. Dit gaan alles op Peter Frost se perseel gebeur. Ons beoog om die projek heeltemal klaar te he teen middel Oktober. Dit gaan beteken dat ek nie September se Moagatle kan bywoon nie. Hou julle op hoogte met nog foto's :thumbup:

Re: Projek Yster.

Posted: 10 Sep 2012 15:42
by Tommie
Dag Maats, so biekie terugvoering omtrent die projek. Yster se ou motor 4.5 efi is getrek, en die nuwe 427 is al by Peter Frost vir die inloop en dyno. Dit sal die week gebeur. Daarna sal ons die 427 begin insit. Indien enige iemand sou belangstel in die 4.5efi, hy is te koop. Wil ook graag weet na wie kan ek die ratkas stuur, om vir my deur te gaan en reg te maak indien daar iets kort, aangesien die ratkas ook uit is! Die projek behoort November klaar tewees, dan wil ek graag met hom daar wees by Gerotek. Indien nie sal ek maar met die(vrou se toesteming en die forum sn) se Prado moet kom :blonde:

Re: Projek Yster.

Posted: 10 Sep 2012 15:48
by Tinus lotz
tommie
auto box in kuduspoort is die manne of mafair gearbox hulle doen nissan se werk
daai 4.5 van jou wat kom saam met hom??????

Re: Projek Yster.

Posted: 10 Sep 2012 20:26
by Jorrie
Tommie
Ons sien daarna uit om die eind-resultaat te sien. Sterkte!!

Re: Projek Yster.

Posted: 11 Sep 2012 09:31
by Tommie
Hi Tinus, baie dankie vir die terugvoer, ek sal die box na daardie manne vat om my te help. Wat nie saam met die 4.5 verkoop word nie is die volgende, Altenator, Aircon en Powersteering.

Groete.

Re: Projek Yster.

Posted: 15 Nov 2012 15:16
by Tommie
Dag Maats.

Yster se 427 motor is oor week in. Sjoe mens besef nie altyd watse baie werk, en wag dit is om alles hier te kry nie. Thys Ellis wat die ombouing vir my doen is al net so opgewonde soos ons Watkinse om die eind produk te sien,ervaar en te hoor. Die ratkas moes 100mm voorentoe skuif ook. Al die voorbereiding is gedoen. So die motor moet nou net nog in, en die uitlaatstelsel moet gebou word. Dan glo dit of julle wil of nie is die suspensie nog nie gesort nie. Hopelik kan Arnold van
CRD dit doen. Ons hoop om die 1ste week in Desember Yster heeltemal aan die gang te he, net reg vir die vakansie. Sal foto's en voledige verslag opsit van wat ons alles uit die motor gekry het.

Groete.

Re: Projek Yster.

Posted: 16 Nov 2012 07:54
by XenoBlitz
Dis nou n trol wat my mond laat water!

Kan nie wag om die eindresultaat te sien nie.

Re: Projek Yster.

Posted: 26 Nov 2012 09:22
by Tommie
Dag Maats.

Yster se motor is nou in, en hy is by die uitlaatstelsel mense. Ons hoop om hom hierdie week terug te kry. Dan het Thys nog so paar bedrading dinge om te doen. Het maar soos die tyd ons leer besluit om Yster na Ultimate 4x4 toe te vat vir die suspensie, aangesien Kallie wat EFS invoer geen terugvoer gee nie. Is in my skik met Barry (eienaar) se diens. Sal julle beslis op hoogte hou van hoe dit daar gaan. Die einde is in sig, en glo my ons almal is ongelooflik opgewonde. Thys het ook slim verkoeler in gesit. Dit is n 5 core micro vein verkoeler. Ons het ook 4 elektriese fans wat gaan help dat ons verkoeling mooi loop.

As als goed gaan behoort ek Yster te kan he teen die 10de Desember.

Groete :blonde: