Page 4 of 4
Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 13:24
by Chris Skinner
Low Pressure problem? I ride my MT's hard at .8 over the dunes towing 3ton boat - never had a problem with sand in rim!!

Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 14:44
by Peter Connan
Jules wrote:Dawid
Ek twyfel of mens moet lig om 32x11.5 R15 op tesit sal dalk seker moet indien jy 32x12.5 R15 wil gaan maar ek is nie seker nie, my 31x10.5 R15 het geen probleem gehad toe ek nog op my OE shocks en coils gehardloop het nie. Toe ek die OME shocks en coils ingesit het het my lorrie seker so 50-70mm gelig. Die OME het die artikulasie van my lorrie BAIE verbeter.
Ek twyfel ook of die 32x12.5 R15 op my huidige OE Patrol rims gaan pas, dink rim is dalk te nou
Shalom
Ek stem. Ek dink nou 32x11.5x15 is omtrent ideaal vir 'n GQ, en dit sal pas op 'n standaard GQ sonder 'n lift.
Ek het tans 33x12.5x15s op myne, maar dis eintlik te groot. Hulle pas wel op die standaard vellings, maar ek moes die modderskerms effens verander.
Die ander goeie grote (afhangende van waar jy ry) is die gewone "marie biscuit" 7.50/16, maar dit lyk bietjie stjoepit.
Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 15:30
by DawidT
Thanks Peter, ek dink ek sal gaan vir die 32X11.5X15. Ek beplan ook om te lig met so 50mm, so dit behoort goed te lyk. Waar kan ek n ekstra rim kry (2)? My spaar is nie meer te waffers nie en ek soek sommer n ekstra een ook.
Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 15:46
by Adamastor
Sien dis die ding...
Brandstofverbruik...
My beste was 5.7km/l
Die swakste was 2.8km/l
Ek glo my gemiddeld is so tussen 4 en 4.5 op die oomblik.
Maar die Nissan witjasse gaan volgende week bietjie kyk wat aangaan.
Die enjinliggie kom ook kort-kort aan.
In die sand mt die AT's teen 0.8 op 'n baie warm dag en heeldag se speel het ek geen probleme gehad nie.
So...
Wil eintlik MT's (BFG of Cooper - moet nog besluit) opsit, daarom verkoop ek die 8 of 9 AT's wat ek het.
Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 16:07
by Jules
Hannes sit dit op GOMBOOM daar is min van ons 4.2 of 4.5 manne wat R17 rims gebruik
shalom
Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 08 Mar 2012 18:09
by Adamastor
Maar teen watter prys?
Het vantevore dit probeer teen R3000 elk.
Selfs "Junk Mail" lewer na 'n paar dae niks op nie.
Lyk my ek sal dit moet weggee - of dit maar opry

Re: BF Goodrich A/T's
Posted: 09 Mar 2012 13:17
by Adamastor
Net so terloops...
Het uit 'n baie betroubare bron verneem dat COOPER hulle verbintenis met die huidige Suid-Afrikaanse verspreiders (Dunlop) be-eindig het...
Beteken dit dat Cooper oppad landuit is?
Ek glo so...