Page 3 of 5

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 09 Feb 2010 22:51
by Pieter du Toit
Ai shame Koos - besluite besluite besluite!!!

Sterkte met alles - my swaer is nou besig om vir hom n Disco 3 te koop - ook die SE weergawe. Hy se die HSE is n malprys - jy betaal op average R50 000 meer vir die HSE en al verskil is n klomp tierlantytjies - soos vol leer (se half leer) sockets op die agterste sitplekke vir oorfone ens ens.

Anycase ek wag in spanning vir sy fotos - hy is n GROOT LANDIE fan - en ek kon hom nog nie "convert" nie!!

Lekker dag.

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 13 Feb 2010 07:04
by KOOS BEST
Ek het my Landie toe gekoop, nogal in Polokwane, hulle lewer haar af so teen Woensdag vlge week, en ry met die Patrol terug.
Sy het 95 000km op , S spec tiptronic.
Sal fotos plaas.
So na 2 x Patrols , n GQ en GU is ek weer terug na die Britte toe.

Vir interessantheid, vertel my vriend by Nissan se hoofkantoor wat bestuurder is by hul uitvoer afdeling , my dat die Patrol die beste verkoop in Limpopo provinsie , en die gewildste is in die ou Verre Noord Tvl. :think:

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 13 Feb 2010 08:05
by JG Shields
Koos, die Patrol verkope in die noorde is inderdaad so. Hulle is volop daar en gewild onder almal. Op 'n stadium was meer as die helfte van al die Patrol wat in SA geregistreer was, in Limpopo geregistreer. Nissan se diensrekords het dit ook bevestig.

Dieselfde vraag as die in verband met die Aussies kan gevra word: WAT WEET HULLE WAT DIE RES VAN DIE LAND NIE WEET NIE???

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 13 Feb 2010 09:15
by Pieter du Toit
Koos,

EK weet nou nie op die staduim of ek moet se baie geluk of met jou moet simpatiseer nie - ha ha ha - ek bedoel dit net as n grap hoor!!!

Baie geluk Koos ek hoop jy sal baie gelukkig wees met jou nuutste aanwins en hope pret en plesier he. Kan nie wag vir daardie eerste fotos nie.

As ek so mag vra - is dit die "geskiedenis" van die Patrol diesel enjin wat jou laat besluit het of wat??

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 13 Feb 2010 13:20
by KOOS BEST
Hi Pieter , nee dit was maar net ek het al die jare gese ek wil en gaan weer terug L/Rover toe.
Oor die ZD30 enjin, laat ek jou een ding vertel, ek het baie baie meer van dit gelaaik as die TD 42, my rede dit was n baie beter rybare enjin as die TD42 .Het nie gesukkel op die oop pad nie , beter gesleep en oor die algemeen meer gemakiliker. Die TD 42 is n n great off road enjin, het dit baie geniet veral op 4x4 trails, maar om tot daar by jou bestemming te kom was n missie.
Pieter ek moet erken die "grenade"storie was altyd in my agterkop.

Ek het baie navorsing gedoen oor die D3 , en daar is net gelukkige eienaars. Oor onderhoud, wel niks kan duurder wees as n Nissan produk nie. Ek het ook goeie kontakte wat egte L/Rover onderdele invoer teen n fraksie van die agente se pryse.
Pieter doen jouself die guns en gaan ry n D3 !!!!!

O ja Jules ek koop die ding want dit is n LAND ROVER.

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 14 Feb 2010 08:20
by KOOS BEST
Image
Wel hier's my nuwe Landie

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 14 Feb 2010 08:34
by JG Shields
Baie geluk Koos! Moet ons net nie van hierdie forum af verlaat nie!!!

Groete
JG

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 14 Feb 2010 18:17
by ClemSlabbert
Baie mooi Koos,hoe vergelyk die binnespasie en die bagasie ruim met die Nissan.

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 14 Feb 2010 23:12
by Pieter du Toit
Baie smart Koos - geniet hom!!

Is dit n auto of handrat (kry mens D3's in handrat??)

Ek moet eerlik se almal wat ek al mee gepraat het se die D3's het ongelooflike 4x4 vermoe - selfs Jeremy Clarksen van Top Gear het dit die mees awesome 4x4 ge-rate.

Maar ja - ons almal het ons likings en dislikings - en ek vir een is nie n Land Rover fan nie - so al ry hy hoe lekker en is hoe capable - ek sal hom nog steeds nie vir myself koop nie.

Maar soos ek voorheen gese het Koos - my swaer is nou ook besig om vir hom n D3 te koop en hy is n moerse Landie fan. En in die 4 jaar wat hy sy D2 (facelift) gery het het hy nooit ooit enige probleme met sy kar gehad behalwe sy kompressor vir die airbags wat met ons 2008 Des vakansie opgepak het nie. Gelukkig is hy ook redelik technical minded en na ons die kompressor uitgehaal het en beloer het het hy uitgefigure hoe om die stelsel te override en met die wiel kompressor op te pomp. Terug in Ptahet hy op die ou end die airbags met coils vervang.

Behalwe vir dit nie n dag se moeilikheid met sy kar gehad nie - en hy het sy D2 sopas ingeruil op die D3 en R144 000 op sy D2 gekry - wat volle trade is. Not bad for the current 4x4 market!!

Soos JG se - moet ons nou net nie verlaat nie - die forum wil ook graag weet van ander voertuie se performance en mededinging met Patrols!!! :lol:

Groete

Re: Patrol 2003 GRX 3.0 D

Posted: 15 Feb 2010 08:08
by KOOS BEST
Dit is n auto , net die 1ste batch was handrat in 2005 , daarna het hul dit discontinue, die handrat is dieselfde 6 spd ratkas in die Defender Puma, maar daars bitter min van hulle.
My broer self ry 2 x Disco 2 n 98 en 2004 model.Die 2 het groot kilos op, enigste probleme met syne voorheen die intercooler pyp het toegesuig, reggemaak in die karoo met bloudraad. En albei se lugsakke(vering) al vervang. Wat my verbaas het van die voertuie was hoe goedkoop ons onderdele bekom het van L/Rover onderdeel invoerders in Dbn. Bv n koplig kompleet @ R 500.00 , MY Patrol @ R 3300.00, filters en die rotor filter @ minder as n agste van Nissan se pryse . Voorste remskywe @ R 540.00 teenoor my R 3400.00 ens ens , alles egte onderdele of Europese maak.

n Groot achilles van Patrol is dat daar geen onderdeel invoerders is nie soos vir L/Rover en Cruisers , dit is n jammerte en alles moet van agente verkry word.Ek sien die Ozzies het sulke verspreiders daar doer onder.

Soos jou dislike in L/Rover het ek dieselfde teenoor Toyota, het selfs 2 4 x4 gehad 2.2p en die swakste Toy nog ooit 2.8 D en menigte gery. Het tans n Hilux 2.0 VVTi vir aflewering, raai wat gebeur op 60 000 km , die crankshaft breek.Met my het alles nooit reg geloop nie, soos die ou Toyota advertensies gese het. Maar ek het vriende met nuwe Cruiser bakkies , al drie se ratkaste en vooraste het ingegee lank voor 100 000 KM merk, tans het Toyota dieselfde probleme as wat L/rover in die middel negentigs gehad het met ratkaste en diffs, veral die nuwe bakkies en 200 en dit is n feit.

Patrol is n great voertuig !!!!!!!!!!!