Frans ek gee glad nie om dat jy my naam noem nie - n man se opinie en eerste handse ervaring van n item is waar die waarde van raad inkom. JG jy slaan daai spyker op sy kop - my pa het altyd gese goedkoop koop is duur koop!!


In my huidige 4x4 vriende kring is ons al 4 ouens wat die 50 (of 52L??) Waeco gekoop het - en al 4 van ons het die ding na die eerste trip gaan terug gee - en toe het ons mekaar nog nie een persoonlik geken nie!! Nee jammer mense maar ek kan vir jou n ordentlike coolbox gee wat goed beter koud gaan hou as n 52l Waeco!!! Gaan gebruik bietjie n 52L Waeco in ambient temperature van 35 plus - dan kyk jy hoe koud bly jou "yskas" binne in. Sorry - maar ek het 10 dae langs Clanwilliam dam gekamp in Des 2006 - en dis die gouste wat ek n ding nog gaan terug gee het.

Ek was Des 2008 vir 10 dae in die Richtersveld - die temperature het elke dag gedraai oor die 40 grade - ons het soos verlepte blomme in die rivier rond gehang. My 80L NL het gewerk - en elke bier en koeldrank wat ek daar uitgehaal het was YSKOUD


Nee jammer maar daai plastic box wil ek nie verniet he nie - as ek hom persent kry verkoop ek hom sweerlik waar. National Luna bo!!! En as rand en sent n groot issue is is die Kellerman (wat my aan betref) die "next best thing". Ek ken glad nie snowmaster of minus 40 se produkte nie so ek kan my nie uitlaat daaroor nie. Net so terloops - Kellerman word gemaak deur ouens wat by National Luna gewerk het en toe van hul af weggebreek het - of so is dit aan my oor vertel. Die MD van Kellerman was blykbaar ook n groot kop by NL.
My opinie - for what it's worth!!!
Groetnis