Page 3 of 4

Re: My Patrol

Posted: 21 Feb 2016 21:31
by PaulvdMerwe
So dit was n baie besige naweek. Die enjin is klaar aan mekaar gesit en is gister net na 5 terug in die Patrol se lyf. Vandag het ons bietjie gaan ry. Ek het dit baie rustig gevat en die rpm's onder 3000 gehou dat die enjin net lekker inloop. So dit het verewig gevat om op dreef te kom, maar as hy eers daar is, dan is dit as of hy net vinniger. Ek het skaars my voet op die accelerator, voel hom oorskop in overdrive en dan moet ek amper briek om hom onder 140 te hou.
140 op 3000 rpm.
Ek sien uit om die boost en egt gauges in te sit. Die egr valve af te blok en dan te sien wat hy doen.

Re: My Patrol

Posted: 21 Feb 2016 22:06
by Tinus lotz
Mooi man dit klink goed :thumbup:

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 06:21
by JoshJ
Baie mooi Paul :clap:
Hoop jy myle se happy kilo's :thumbup:

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 09:41
by Michael
Geluk Paul, glo jy gaan hom baie geniet!

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 11:42
by SCUBA Patrol
Paul,

Sien jou Patrol het 'n auto box, nie standard in SA sover ek weet nie, moet seker 'n ausie invoer wees. Kan net lekker wees in die verkeer.

Geniet hom en baie jare se myle vir jou! :mytwocents:

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 12:44
by Tinus lotz
Op die ouer models was daar m paar agarob en gupster het ook nou een

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 18:37
by Peter Connan
Ek weet van ten minste vier 3l's met Auto-bokse. Almal GRX-spec.

Re: My Patrol

Posted: 22 Feb 2016 20:46
by PaulvdMerwe
Dankie vir Al die replies.
Yes Peter myne is ook die GRX spec.
Enige iemand wat die Auber instrument gauges ken?

Re: My Patrol

Posted: 27 Feb 2016 19:39
by PaulvdMerwe
So n week na die enjin gedoen is, het hy sy eerste lang trip after die rug. George toe en terug. So 740 km. Hy is maar aan die lui kant teen die hoogtes op, maar op die geluk pad wil hy weghol
Ek dink dit sal als verander na die egr afgeblok is en die boost reg gestel is.
Ek het net 2 bekommernise.
1. In totaal het ek 8.5 L olie in gegooi. As ek na die dipstick kyk dan is hy by tye oor sy merk. Ander tye is hy weer onder die merk. Wat is julle bevindings?
2. As hy teen die hoogtes uit trek dan gooi hy maar dik bolle swart rook. Is dit maar normaal?

Re: My Patrol

Posted: 29 Feb 2016 08:26
by ricster
As I said before I'm not to knowledgeable on the 3.0, but I think either you are overfueling or boost is too low. Black smoke on a ZD30 shouldn't happen. That black smoke is going to mean VERY high EGT's, which in turn will cause big bang theory to arise.