Page 3 of 12
Re: One DEAD Patrol
Posted: 18 Oct 2009 16:52
by Pieter du Toit
ChristoSlang wrote:Wanneer die buitetemperature styg raak my trok se verkoelerwater egter BAIE warm - daai metertjie op die dash gaan kuier daarso net onder die rooi gedeelte en my EMS rapporteer 'n allervreeslike 118 grade C!
Ek wil net vir jou noem my kar het presies dieselfde gedoen - en toe was dit al die tyd my termostaat wat nie behoorlik oopgemaak het nie. Hy het oopgemaak - maar nie soos hy moes nie funksioneer nie. Daar is n maklike toets (ek glo jy ken dit) - haal hom uit en gooi hom in kookwater - jy sal baie vinnig sien of hy tot sy volle potensiaal ooptrek. En my fan het ook verkeerd om op die viscus gesit. Ek het die termostaat vervang en die fan omgedraai - en siedaar dit was die einde van my verhittings probleme. my kar se temperatuur meter het nog nooit weer oor die halfpad merk gegaan nie. En ek het intussen alweer swaar gelaai en gesleep teen bergpasse uit - en niks maak nie - daai naaldjie le doodstil in die middel.
Ek het nog nie my EMS monitor se water temperatuur funksie lesing geaktiveer nie - hoe doen mens dit??
Re: One DEAD Patrol
Posted: 19 Oct 2009 21:03
by KOOS BEST
Abri Hoffman wrote:Koos, dont know.
As far as I have it the differences are that the Patrol have variable vane turbo and intercooler which the Hardbody does not have. Appart from that same displacement, Patrol has however 10% more power and 15 - 20% more torque. The problems as explained on the Aus sites for Patrol engines that blew are exactly what I experienced on my Hardbody. I am also aware of ZD30's that has been replaced by Nissan SA.
Abri , spoke to the mechanics and workshop manager at Nissan Empangeni about the ZD30 . They confirmed it share the same ZD 30 name but is totally different. The Patrol is French, long stroke and a much shorter engine front to rear . The hardbody is Japanese and a short stroke motor and longer . The blocks are also different but share only a handfull of the same components.
Koos
Re: One DEAD Patrol
Posted: 19 Oct 2009 22:31
by ChristoSlang
Sal bietjie die fan uitcheck! Die termostaat het ek baie onlangs vervang - onwaarskynlik dat dit die probleem is...
Die EMS ding benodig 'n addisionele VDO sender eenheid om mee temperatuur te lees. Die ding kos minder as R140 en mens kan hom sommer bestel oor die Internet vanaf die EMS ouens.

- VDO 323/801/009/001c (Temperature Sender 50-150 Deg C)
- VDO3238191.JPG (9.16 KiB) Viewed 2057 times
Ek het myne sommer ingeskroef bo-op die termostaat se huisie - daar's 'n bloeiskroefie wat net mooi die regte grootte is. Hier's 'n kiekie daarvan:
http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.ph ... =ems#p3760
Re: One DEAD Patrol
Posted: 19 Oct 2009 22:46
by Kagiso II
o k .. English first [ en laat een voorvrydag lag ...]
Gents - Thanks many millions for all the inputs and advice. It is so much appreciated. It is not fun having a "new" car crippled like that. Really. [to top it all - I was on my way to fetch the Terrano .. with the SAME symptoms ...] But you guys really perk me up and I sooooooooo hope & pray that the fault is acknowledged by Nissan - and they bear the brunt of the cost [already cost me almost 11 000 Pula to get out of Botswana with AGAROB [got a quote from AA this evening to fetch Spanjaard in Seronga ... R24 000 [of which AA wil only carry R3 300.oo]
Doe ANYBODY in Pretoria - or within reach - have a trailer or A frame I could borrow or rent .. to go fetch Spanjaard an dget my Dwergie's Spanjaard fixed ???
PLEASE ??
Huhb ??? voorvrydag?? dis mos DONNERdag .. of hoe??

Re: One DEAD Patrol
Posted: 20 Oct 2009 09:17
by KOOS BEST
Hi ouens nou net n oproep van JG gehad , lyk my hy is in dieselfde bootjie as Oom Mac.08H30 vanoggend 40 km buite Bloem skielik wit rook , temp. ver in die rooi en olie . As iemand hom kan help , hy staan langs die pad .
Bel hom op 083 279 2717
Groetnis
Re: One DEAD Patrol
Posted: 20 Oct 2009 18:33
by JG Shields
As ek ooit gewonder het waarom ek by die forum betrokke geraak het, dan wonder ek nou nie meer nie. Dankie vir die oproepe wat ek van 'n paar forum manne ontvang het. Die feit dat mens in daardie moedelose oomblik jou ervaring en gevoel deel met iemand wat verstaan waaroor dit gaan, is regtig bemoedigend. DANKIE!!
Ja, my lorrie staan in Bloem in die hospitaal. Ek is veilig tuis in Pta. Wat het gebeur? Ek het rustig @ so 115km/h gery en met Koos op die selfoon gesit en gesels oor hoe lekker my voertuig na die EGR blok ry, lekkende dieselpypie ten spyt. Ons gesels nog so oor die voorkomende onderhoud wat nodig is om regtig goeie kilos uit die ZD30 enjin te kry toe ek 'n "buzz" geluid hoor. Dit was die stoom wat verby die drukprop gebeur het. Dis toe ek die eerste keer op die naald kyk......te laat. Geen ander snaakse simptome nie. (Koos, geen wit rook nie maar wel stoom onder die enjinkap uit) Dadelik gestop, afgekoel, weer met Koos geskakel, olieprop oopgemaak, enjin aangeskakel en wala!!.....'n geblaas soos 'n olifant.
2 Ure later in Bloem (gelukkig by 'n goeie vriend van my se werkswinkel) het 'n kort ondersoeke begin. Water tekort in die verkoeler, geen water by die olie nie, olievlak reg, geen waterpyp stukkend nie. Ek 'n vermoed 'n kraak het ontstaan in die silinderkop, water deur die uitlaat weggegooi, oorverhit en iets in een of meer van die silinders gebreek. Dis egter spekulasie. Deon (my vrind) sal more begin oopmaak en weldra vasstel wat die werklike oorsaak en skade is. Tot dan toe wil ek geen besluit neem nie. Ek het my kop egter klaar ingestel op 'n behoorlike job eerder as 'n goedkoop en gelapte een. Ek dink dis tyd om my lorrie weer "nuut" te maak. Daar is baie opsies. Enige iemand wat van 'n nuwe enjin weet wat te koop is, laat weet asb.
My gevoel: Dis baie jammer. Ek sou graag so 350000km uit die enjin wou haal voor so iets moes gebeur. Ek dink egter ek moet seker tevrede wees met die 274000 wat ek gekry het. Ek het haar op 92000 gekry en elke kilometer wat ek gery het was net 'n plesier. Ek het ook so 'n gevoel my lorrie gaan nou 'n regte-egte naam kry.
Re: One DEAD Patrol
Posted: 20 Oct 2009 19:27
by Pieter du Toit
JG,
Sterkte met al die besluite

en hoop regtig dat die "ruk" aan jou sak darem nie te ernstig sal wees nie.
Ja dit is maar n gatslag op sy beste - maar jou woorde is darem BAIE BAIE bemoedigend vir n ou soos ek. Hoekom se ek so - wel jy praat van 274 000km en jy ry hom al van 92 000 af - my kilo's staan nou op net net oor 140 000 - so as ek ook sulke kilo's kan kry voor sulke gebeure dan sal ek hom ook met n smile laat regmaak.
Ek hoop en bid dan maar ook net dat al my "preventative maintenance" vrugte sal afwerp - maar verseker het jou gebeurtenis nog n "immediate to do" op my lysie gesit - en dis om die watervlak monitor op my ems monitor te installeer en aktiveer - en sommer in dieselfde asem die water temperatuur funksie ook.
Hier gaan Blaasoppie alweer dokter toe!!!! Sterkte met joune ook.
Re: One DEAD Patrol
Posted: 20 Oct 2009 21:41
by Kagiso II
eisjjjj - JG, askies man - ek moes ook gebel het maar hirri orkaan waarin ek warrel hettie baie loskomtyd nie [het ek sopas eers tuis aangeland ... en ek gaan jou darm nie 1/2 tien inni aand plaag nie.
MAAR hou ons op hoogte wat gebeur met jou (naamlose) Patrol - oompie stel rerrag belang - al is 'k p'tykjeer besig.
AGAROB is vandag (uiteindelik) oopgemaak en al 4 silinders het krakie in e3n 'n "spot" gebrand so groot soos 20c stukkie.
Nr 2 se 'glow plug' is WEG; Nr 1 en 4 silinders se injector-punte is nat - nr 2 & 4 is droog
nou -0 wat die dinge beteken weet ek nie - maar dis erg traumaties om jy ryding so boud-en-blad te sien ... amper 'sad' [nou weet ek hoe Wyatt Earp moes voel toe die ratelslang sy perd gepik het ... ]
Vir ALMAL se raad en bystand Baie dankie - en vir nog raad, gee maar - oompie leer en luister.
Die volgende is di ewgroot geveg om Nissan te oortuig dis hulle uitgawe.
Eisjjjjjjj

Re: One DEAD Patrol
Posted: 20 Oct 2009 21:54
by ChristoSlang
Eish julle ouens! Ek raak nou sommer bang om my Patrol net uit die garage te trek as julle almal op 'n streep soveel teespoed kry
Oompie Mac, sal daai Newlands Trailers mense nie dalk iets uithuur wat groot genoeg nie? Dit sal verseker goedkoper uitwerk as om iemand te kry om die kar te gaan sleep. Ek ken ook 'n ex-mechanic in Centurion wat so 'n A-frame trailer gehad het, maar hy's deesdae 'n panelbeater. Sal hom more bel en hoor of hy nog steeds sy trailer het. Panelbeaters benodig ook mos trailers, of hoe?
PS: Waar's Agarob - hier naby aan ons iewers?
Re: One DEAD Patrol
Posted: 21 Oct 2009 11:28
by Stefan
JG, jammer om te hoor maat. Ek hou duim vas.
Dit is baie soortgelyk as wat met my Mazda 2.5TD gebeur het, by die huis gekom en 'n sis geluid uit die verkoeler gehoor. Wag tot did afkoel en maak weer vol met water. Terug na die diens mense = gekraakte kop. Gelukkig het my Motorrite polis 90% van die koste gedek.
Hou ons asb op hoogte.
Klink vir my ek moet begin spaar vir 'n 4.2 conversion