Ek stem vir die grooter cooler, maar dan moet jy chip om die lag minder te maak wat die cooler jou op lae rpm sal gee. Groter cooler maak lag onder en werk bo uit. Ek weet jy wil juis dit wegkry. Probeer sommer vir n front mount cooler.( ek het nou n d4d gedoen, Sy AFR gestel op 17.1 en die krag is 160kw met 500nm.hy het meer lag gehad met die langer pype maar dis maar min.)1 - my groter intercooler fit
2 - die dawes valves of chip of pwm controller om boost te stabiliseer
3 - oil catch can wat nodig is vir die oil blow by
4 - dalk n skoner exhaust om die vloei te verbeter
Jou punt twee sou ek nie doen nie, die chip is daar vir dit.
Die oil catch can is n nice to have ja, en hou jou lug inlaat sisteem skoon.
Ek stem vir die oop pyp,Jy kan groter gaan maar ek beveel 63mm aan. dit klink klein maar ja daai turbo is maar klein. Die 3l begin ook onaardig klink met n dikker sisteem omdat hy n 4 cyl. is.
Hoekom gooi jy nie daai turbo af nie en sit een op met n interne wastegate,dan gaan jy jou boost beter beheer. Ek wou dit nog altyd doen.Want ek vind daai boostbeheer sisteem van die Patrol is vol tantrems. plus die turbo's is so duur om te vervang as een van daai vnt moet groet.
Net n idee, sal nice wees om te sien.
Groete