Re: Bots 2016 Beplanning en hulp
Posted: 08 Sep 2016 19:08
Ek ken nie Nxai pan, Tiaan's camp of Dijara nie, maar amper al die res (op die lys) het volle ablusies.
Planet Baobab het tot 'n kroeg en 'n swembad, en Linyanti het ook 'n kroeg.
Kubu het altyd net long-drops gehad, maar hulle het 'n nuwe kampterrein gebou, en ek verstaan die nuwe kamp het water?
Maar groot dele kan redelik stil wees, en jy moet maar genoeg water vir 2 of drie dae vat, ingeval iets verkeerdloop.
Die grootste issue is as jy (soos Dirk) van Maun af Moremi/Savuti/Linyanti/Kasane op die mooi pad ry, is daar niks winkels of brandstof tussen Maun en Kasane nie. Jou bakkie sal meer as genoeg brandstof he, maar as jy met die 4.5 ry, sal jy drie of vier jerrykanne nodig he.
Botswana kan jy so maklik of so moeilik maak as wat jy wil. Jy kan meeste van die toer (behalwe Savuti en Linyanti) waarskynlik met 'n soft-roader doen, of as jy lelik wil kleitrap en niemand anders sien nie, kan jy Hunter's Road in die somer probeer doen. Daar gaan tot 'n Unimog vassit as dit goed gereen het...