Dis reg so, maar ons kan nog steeds iewers bymekaar kom en saam kuier en Patrol gesels.Saltman wrote:Cornelius
Dit smaak my ons 2 is in dieselfde bootjie!
My Patrol gaan nou eers die week na Nissan toe om sy brein te kalibreer en seker te maak alles is reg ingestel, aangesien die perd nog onder waarborg is.
Ek is nie gelukkig met wat voel soos die solenoid wat op 'n overrun heeltemal afsluit en dan die Patrol met sy neus in die grond laat duik nie. As jy dan vet gee dan moet jy die pedaal saggies kielie anders ruk jy jou nekwerwels tot in volgende week in!
Daarna sal ons begin krap!

Kom ons wag 'n rukkie om te sien wat die ander ouens dink.
Ek het met Frans gepraat en hy wil vir Kosie Swanepoel saambring sodat ons hom kan ontmoet

Groete