Page 3 of 3

Re: Madman not compatible with Patrol??

Posted: 12 May 2013 21:09
by Tony
Dankie Tour de Frans - jy het 'n punt, dis heel moontlik dat daar plumbing tape oor die sensor se thread is en die earth nie so goed is - maar hoe maak ek hom reg? Sal hy nie lek nie as ek tape afhaal? Kan 'n mens hom in 'n ander manier probeer earth. Die madman het 'n earth al klaar wat op die engin blok gemonteer is.

Re: Madman not compatible with Patrol??

Posted: 12 May 2013 21:28
by ChristoSlang
tour de frans wrote:Let op as jy n sensor monteer dat die sensor ordentlik grond. Passop vir thread tape om nie die grond te breek nie, al sit die sensor in metaal wat gegrond is.
Frans is doodreg - PTFE tape is slegte nuus vir daai senders:
Madman installation doc snippet
Madman installation doc snippet
Madman senders.png (37.22 KiB) Viewed 1235 times

Re: Madman not compatible with Patrol??

Posted: 12 May 2013 22:25
by tour de frans
Tony, jy kan die sender net so indraai as dit n tuiper thread het. Of jy kan ptfe tape net op n gedeelte van die thread sit, voor op die punt van die skroefdraad.
Jy kan ook n druppel locktight op n gedeelte van die draad sit.
Groete

Re: Madman not compatible with Patrol??

Posted: 13 May 2013 09:27
by SCUBA Patrol
OK almal van julle is reg dat 'n aardfout die probleem skep. Ek wil net 'n stuiwer hier ook ingooi, of gaan dit 'n klip in die bos wees.

My Trol se temp sensor is in die boonste rubberpyp ingesny. Die koppeling is als van plastiek en as ek nou my elektriese kennis, of gebrek daaraan, gebruik, gebeur die volgende:
Die water in die pyp dien as aard geleier, aangesien daar net een draadjie vanaf die sensor na die Madman toe loop. Ek mag heeltemal verkeerd wees so skiet my maar! :redface:

Hierdie klink na iets heeltemal anders anders, dalk is die sensor nie lekker nie, of die kalibrasie van die sensor nie gedoen nie of dalk is die Madman "siek"?

Ek het my stelsel hier by R&D laat insit so 'n 2 jaar terug en het nog nooit probleme gehad nie, behalwe dat lang gras, bosse, die olie temp draad ontkoppel soms as ek deur bosse ry. Gelukkig was Frans :clap: daar die oggend toe ek Trol daar af gegee het, jammer ek het hom gemis, maar sy insette het R&D gehelp om die stelsel vir my te instaleer. :thumbup:

Sterkte met die fout opspooring!

Re: Madman not compatible with Patrol??

Posted: 13 May 2013 22:31
by ChristoSlang
Manne, die Madman stelsel gebruik twee verskillende water senders - die een vir watertemperatuuur gebruik 'n VDO VDO323/801/009/001c sender wat in metaal gemonteer moet word:
Temperatuur info
Temperatuur info
Coolant.png (42.37 KiB) Viewed 1211 times
Die tweede een meet die watervlak en waarsku jou as 'n pyp sou bars. Dit maak staat op die verskil in weerstand tussen water (heel pype) en lug (nadat 'n stukkende pyp al die water laat uitlek het). Hierdie Madman inset benodig nie 'n VDO sender nie en hoef ook nie in metaal gemonteer te word soos die temperatuur sender nie - hy gebruik die aard ban die Madman display eenheid om sy kring te voltooi

Moenie deurmekaar raak met hierdie twee nie!! :naughty:

Kyk asb. mooi na hierdie foto - die sender aan die linkerkant (blou sirkel) meet watervlak en is binne-in 'n rubberpyp gemonteer. Die metaal wat jy sien is bloot daar sodat ek iets het om die sender se draad aan vas te maak en om die gesnyde waterpyp aan vas te klamp. Die sender aan die regterkant (rooi sirkel langs die termostaat) is die VDO temperatuur sender wat aan die blok gemonteer moet word sonder enige PTFE tape:
Watervlak en watertemperatuur senders
Watervlak en watertemperatuur senders
Water sensors.jpeg (90.82 KiB) Viewed 1211 times