Duckitt! Damnitt!!
Dis nie 'n GQ nie. Deksels! Het jou eendag daar by Johan Tyre sien spin, wou jou nog wys wat ek met jou ARb bumper aangevang het, maar toe is jy daar weg dat mens net tyre-krummels en teerpad sien spat!
Kan jy vir ons gewone mense bietjie vertel wat jy van jou GQ mis en wat van die nuwe Y61-of-watookal beïndruk?
Hoekom ek vra, na vele mishandeling en molestering gaan my GQ my nou bietjie tyd en/of geld kos. Dan moet ek nou ook sê, terwyl ek die laaste jaar oor die kwessie wonder gaan dinge maar voort soos normaal.
Ek het eens op 'n tyd oorweeg om die GQ te bin en na die nuwer generasie oor te skuif, maar op die ou end het ek die storie so bekeyk en gedink:
- Die nuwe generasie gebruik die GQ se drivetrain en chassis as 'n bloudruk, en dit is die belangrikste aspekte in die Patrol resep.
- Die nuwe generasie het meer krag, maar die ou generasie het oor as genoeg krag en lekker baie wringkrag by lae toere.
- Die nuwe generasie en veral die 4.8 sien ek selde in handrat (kry mens die 4.8 in handrat?), ek drink nie brutal fruit nie so die outomaties gaan nie vir 'n eks-trokdrywer deug nie.
- Die nuwe generasie het alarm/immobiliseerder elektronika wat selfs vir Peter Connan (praat nou erg onder korreksie) sal laat gesigte trek op 'n hoogte waar water dit kan verdrink as jy 'n Patrol gebruik soos dit hoort.
- Die nuwe generasie is swaarder as die ou generasie.
- Die nuwe generasie is dorser as die ou generasie.
- Die ou generasie kan boompies platry & deur doringtakke skuur, maar met 'n nuwe generasie nommer sal ek twee keer dink.
- Die nuwe generasie is gewild onder baie mense, maar my bankbestuurder laaik die ou generasie kwaai. Baie kwaai.
- Onderdele en naverkope diens is ewe swak ou of nuwe generasie. Dankie Nissan, julle is voorwaar 'n spul @#$%^&*%$^!!
- GQ ouens is die manne wat die aarde laat draai, soos daai Duckitt ou.. uh, uhm, sorry, soos ons GQ ouens...
Gooi so bietjie lig op die onderwerp maar wees nou doodeerlik man!
PS, vir julle ouens wat nie weet nie, Duckitt het aan my sy buffer gesmous, maar my van g'n hoek of kant geken nie en gereken 'n kyk in die oë en 'n (vicegrip kaliber) bladskud is genoeg om my so week of twee krediet toe te staan.
Cheers Duckitt
Cape Townians are just guys that failed their medical for the Groot Trek. And who trade Y60's for Y61's
