Page 3 of 3

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 04 Apr 2012 12:13
by NISMOnator
I spoke to a Nissan service manager and he feels that this is maybe due to the screw on the diff being stripped or something?

What is the experts take on this issue?

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 04 Apr 2012 12:32
by NISMOnator
I spoke to a Nissan service manager and he feels that this is maybe due to the screw on the diff being stripped or something?

What is the experts take on this issue?

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 05 Apr 2012 09:46
by AndriesS
Hi,

Ek sien niemand het jou ge-antwoord nie. As jy naby die kar is neem n foto. dit is moeilik om te se waar die lek is. As dit aan die voor kant van die diff is (by prop shaft kant) dan kan dit die pinion seel wees.

As dit agter is kan dit een van n paar goed wees. Dit kan uitlek by die drein punt, die fill punt. of waar die cover/pumpkin aan die diff se casing vasskroef. Op n lae kilos kar behoort daar aan niks gewerk te wees nie, behalwe as die olie vervang is en dan behoort die drein en fill punte gebruik te gewees het.

Ek stel vooor , neem n foto, vee af en ry en kyk waar die olie dan vandaan kom

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 06 Apr 2012 08:32
by NISMOnator
Hi Andries,

Baie dankie vir die reply. Ek kan ongelukkig nie fotos neem nie aangesien die voertuig ver van my is, hopelik kry ek die voertuig in God se genade volgende week. Hier is die reply wat ek gekry het van die Nissan dealership af --> .we have cleaned up diff drove vehicle for 30 km and no leak has appeared we have the suspicion that the diff was over filled or checked and not cleaned

Die voertuig het ook nie sy FSH nie, hulle het die voertuig by a ander garage oorgekoop, hulle is in die proses om dit in die hande te probeer kry? :think:

Indien hulle dit nie kan kry nie, wat dink julle moet ek doen? Ek het Nissan SA gebel en VIN nommer gegee, maar hulle is nie op a nasionale sisteem wat kan kyk na a voertuig se diens rekord nie tensy jy dalk kan se waar die voertuig gediens is?

Sal ek a manual kan kry erens of behoort Nissan dit te kan verskaf?

Wat staan my te doen as daar geen diens rekord boek gekry kan word nie? :helpsign:

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 06 Apr 2012 15:05
by David
Hello Jacques

Ons is besig om 'n 3.0 diesel thread te hi-jack na 'n 4.8 petrol thread - skep eerder 'n nuwe een en jy sal meer antwoorde kry :confused:

Dit is waar dat die verskillende Nissan franchises nie met 'n nasionale stelsel gelink is nie en dit maak dit byna onmoontlik om uit te vind of die motor elke slag by agente gediens is. Vir my is die stempel in die diensboek nie die alpha en omega nie maar eerder of daar wel 'n diens plaas gevind het wanneer nodig en die olie wel vervang is. Daar is nie 'n nIssan handelaar in die middel van die grammadoelas nie!

Ek diens my voertuie self en ek ry my voertuie lank so ek sorg vir hulle m.a.w. as ek deur baie water gery het vervang ek my diff olies, as ek Namibie toe was en baie grondpad gery het met baie stof vervang ek my lug filters sonder om ooit te verwys na wat die boekie sê of hoeveel kilo's na die volgende diens.

Die 4.8's het nie baie aandag nodig nie - dis omtrent net filters en olie. As jy platinum fonkproppe het hoef hulle net elke 80k tot 100k km vervang te word.

Wat egter meer belangrik is - is dat jy sê dat die Trol gebruik is om te 4x4 en dit klink of die ouens wel diff olies gecheck of vervang het. Vir my is dit 'n goeie teken. Vra die ouens om die Nr 1 fonkprop uit te draai en kyk na sy toestand. Hoe lyk die olie ? Wat is jou gevoel - Is hy verniel of is hy net gebruik waarvoor hy gemaak is?

Hoeveel kilo's het die 4.8 nou gedoen? Myne is 'n 2006 en het nou 115k km op die klok.

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 08 Apr 2012 18:14
by Herrie
Jacques, ek het vir jou 'n Service Manual en behoord volgende naweek in Pretoria te wees. PM vir my jou kontak details.

Re: 2008 Nissan Patrol 3.0 Diesel M/T

Posted: 14 Apr 2012 15:16
by NISMOnator
Eersten baie dankie aan almal se terug voering hier!

David jy is honderd persent reg dat ek nou eintlik my eie 2008 Diesel thread nou gaan staan ek hi jack het na a 4.8 toe. Jammer daaroor ouens. :redface:

Ek sal vandag a nuwe thread liewers begin. Het my Patrollie gister middag gekry. Jammer ook dat ek nou eers terug antwoord, maar die griep het my geslaan en ek is nog glad nie lekker nie.

Herrie, jammer te laat op jou boodskap afgekom.

David ek sal jou antwoord op jou vra op my nuwe thread sit.

Groete