Page 3 of 3

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 14:13
by Jorrie
Oom Mac

Ek het vanoggend na die wit Patrol gaan lyk. Die motor lyk in my opinie nie goed nie. Het duidelik see water gesien. Daar is tekens van hael skade en verfwerk wat oor gedoen is (en ook nie baie goed nie). Die buffers voor en agter is gechroom. Die verf in die reen gutters kom of en daar is 'n verfaf kol op die dak. Onder die modderskerms lyk dit ook nie goed nie. Die BFG ATs het al 'n hele paar kilos op. Daar is 'n lelike merk op die dak bokant die voorruit. Dit het die oorspronklike materiaal sitplekke en die voorste sitplekke het netjiese seil oortreksels (Kon nie sien hoe die sitplekke onder die oortreksels lyk nie). Die heel agterste sitplekke is daar maar lyk of dit los is. Die kar is binne nie baie skoon en netjie nie in dit het nie lugsakke nie. Die HUBs lyk of hulle in seewater was. Die wenas is af gehaal en die bak waar op die wenas gemonteer was lyk oof of dit in die seewater was. die regter agterruit se beading het beter dae geken. Ek kon ongelukkig nie onder die enjinkap kyk nie. Persoonlik sal ek die kar nie met my eie geld koop nie en ek dink nie dit is R60000 werd nie. As jy daarvan hou om motors te retoureer is dit dalk 'n opsie. Dit alles natuurlik net my opinie. Ek het 'n paar fotos geneem en sal dit in my album sit, dan kan jy dalk 'n beter opinie vorm.

Groetnis

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 14:24
by Jorrie
OOM Mac

Hier is die fotos.

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 17:06
by Jorrie
All-in-all lyk die dakrak die beste.

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 17:11
by Jorrie
Hier is 'n foto van die binnekant deur die ventster geneem.

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 17:19
by Jorrie
Hier naby my in Zambezilaan staan 'n groen (soos myne) 3lt td vir R199000 met 'n snorkel, bull bar en spots. Ek dink dit is 'n 1998 of 1999 model. Die enjin het goed geklink. Ek het hom oorweeg voor ek die 4500E GRX gekoop het ongeveer sewe maande terug. Ek het lank laas na hom gekyk, maar hy is nogsteeds daar. Die bande sal nie te lank hou nie. Vir wat dit werd is. Groete tot 2 Desember.

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 19:24
by Kagiso II
Sjeeezzzzzzz - DANKIE Jorri - nou spaar jy my die trip ommi berg. Daar is nou vir jou 'n "Rust Bucket" as daar al een was .. ek het nie kennis, vaardigheid, geduld, werksplak of geld om 'n restourasie projek te begin nie .. so, hirri witpatrol moet maar vir hom 'n anner baas gaan soek..
Maar baie baie baie dankie vir jou moeite [vir jou straf sal ek annerdag by jou kom koffie drink]

Re: Who's Patrol was this?

Posted: 27 Nov 2011 21:34
by Jorrie
Ek sal nou nie sê dit is 'n rust bucket nie, maar hy gaan beslis aandag nodig hê. Ek het ook nie die moed vir so 'n job nie.