Page 3 of 4
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 29 Mar 2011 11:33
by Gerrie
Oraait, om dinge makliker te maak dink ek almal wat tentatief in is op die roete moet my e-pos dat ek dinge vand aar af verder kan reel...
gerrie@wegry.co.za
Dankie!!
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 01 Apr 2011 12:03
by Izak
Gerrie
Ek sal die Saterdag saamry op die roete in Vrede maar daarna moet ek huis toe aangesien Swambo Sondag oggend preek.
Laat weet net waar en hoelaat, dan sien ek jou da
Groete
Izak

Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 07 Apr 2011 10:08
by Gerrie
Dis wat ek wil hoor! Izak, wil jy nie groot asseblief vir my 'n e-pos stuur nie... dit raak moeilik vir my om te onthou wie gaan saam en wie bly!
gerrie@wegry.co.za
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 11 Apr 2011 10:50
by Gerrie
Reg, ek het gemaak soos hulle in die movies sê en die executive decision is as volg:
Die roete by Vrede is te ver om in een dag soontoe te ry en terug. So ek het rondgevra en hierdiekant is besluit dat ons die roete op Kroonstad, Riverside 4x4, moet gaan ry. So almal wat game is om Maandag, 25 April (dis nogsteeds 'n vakansiedag), saam met my die roete te ry, email my asseblief by
gerrie@wegry.co.za. Dankie dankie!!
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 21 Apr 2011 11:37
by Gerrie
Oraait, die ding staan so. Vir die wat my nog nie op e-pos gekontak het nie en wat wil gaan saamry. Ons gaan Maandag die Riverside 4x4 naby Steynsrus ry. As jy wil saamkom, ontmoet ons mekaar Maandag-oggend 08:00 in Steynsrus en ry dan van daar af saam.
Kontak my by 082 3744 193 met enige vrae.
Hoop om julle almal daar te sien!!
Gerrie
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 21 Apr 2011 11:44
by Peter Connan
Hello Gerrie
Ek gaan nog steeds probeer om daar te wees, ten spyte van etlike huislike probleme (die familiemotor se enjin het homself eergisteraand verwoes).
Waar moet ons jou ontmoet, en hoeveel kontant moet ons saambring?
Groete
Peter
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 21 Apr 2011 13:27
by Izak
Hello Peter
Ons het afgespreek so by 0800 by die plek self om dan 0900 te begin ry . Ek is nie seker van die koste nie.
Hoop ek sien jou da
IJM
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 21 Apr 2011 13:33
by Peter Connan
Dankie Izak
Het jy dalk die ko-ordinate?
Dankie
PC
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 22 Apr 2011 11:25
by Izak
koördinate: -27.867520, 27.751250 Volgens Wegry
Re: Paasnaweek in die Vrystaat
Posted: 26 Apr 2011 14:51
by Peter Connan
Sorry ouens, ek kon nie daar uitkom nie.
Het julle ten minste lekker gespeel?