Page 3 of 3
Re: Nissan Patrol 4.2 TD
Posted: 03 Feb 2011 19:50
by marinda
Kobus, kan jy dalk vir my meer inligting gee oor wanneer jy beplan om van die goedjies ontslae te raak asook 'n beskrywing van die goedjies asb en fotos !
Groete
Marinda
Re: Nissan Patrol 4.2 TD
Posted: 04 Feb 2011 06:35
by JG Shields
Marinda, ek het 'n maand gelede R90000 se ekstras by my voertuig se versekering gevoeg. Ek het die ekstras gelys, realistiese vervangingswaardes bygevoeg en die dekking is net so aanvaar sonder 'n oogknip...dit alles pas nadat ek my Patrol afgeskryf het en hulle ook nie 'n oog geknip het met die betaling van die eis nie. Net vir die rekord, my versekerde waarde is R280000 en die premie per maand is R652. Dis sonder die sateliet opsporing opsie, maw daar is 'n R50 premie belading ook nog in. Die tipe voertuig is nie die versekeraars se gunsteling uit 'n diefstal oogpunt nie en ek woon en werk in Gauteng. ...Die versekeraar is een van die "groot bekende" versekeraars en ek deel direk. Ek glo dis uitstekende diens en premie. Groete!
Re: Nissan Patrol 4.2 TD
Posted: 04 Feb 2011 15:44
by marinda
Stem saam! Dit is uitstekende diens!
Re: Nissan Patrol 4.2 TD
Posted: 07 Feb 2011 13:38
by Stefan
Tuffstuff verseker wel die ekstras
Re: Nissan Patrol 4.2 TD
Posted: 07 Feb 2011 22:46
by Pieter du Toit
marinda wrote:O ja, net so terloops, die versekering neem wel geen extras in ag nie wil ek net sĂȘ.
Marinda
Ja nee - iemand is besig om jou n "mielie" te rol - ek is by Cross Country verseker en al die ekstras op my voeruig is "specified" - my totale lysie staan op amper R125K - en hulle het geen pobleem daarmee gehad nie. In fact - my Patrol het nou al n "conversion" ondergaan, is so genotuleer op my polis skedule en is nog steeds vir R300K verseker saam met ekstras.
Shop rond en verseker (veral) jou 4x4 by die regte plekke.
Groete