Re: Nukkerige 4.2 petrol Patrol
Posted: 10 Sep 2010 09:07
Hello Jules, Manne
EK is die Piet waaroor Tinus gepraat het. Die simptome van my probleem was egter nie dieselfde as joune nie Jules, myne het eerder gehik en geproes as ek probeer versnel. Ek dink ook jou probleem is meer waarskynlik brandstof as vonk, maar vonk is waarskynlik makliker om te toets. Ek voel egter dat enige vonk-probleem wat met die low-tension kant van die stelsel te doen het behoort sigbaar te wees op die rev-counter. Myne spring nogal baie rond as hy begin sukkel, maar dit sal nie gebuer as die probleem die coil of die HT leads is nie.
Ek sou voorstel dat jy begin deur versigtig die vergasser oop te maak en kyk of jy enige vuilgoed daar kan kry. Maak dan maar alles versigtig skoon en sit weer aanmekaar. Let ook op na die float level, ek het al agtergekom dat die goed nogal krities is op float level. Probeer dalk ook om die fuel cut-off solenoid met krag van die battery te verskaf, om te sien of dit dalk die probleem is.
groetnis, en voorspoed.