Page 3 of 4
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 10 Aug 2010 11:37
by Pieter du Toit
JG,
WAAR KOM JY AAN DIE STROOI - JY GAAN N PAAR MANNE HIER IN DIE KAAP IN OPSTAND BRING!!!
Ek sal persoonlik Frans se garage deure en voor en agter deure gaan toe spyker met planke en vir hom kos skiet met n kettie - maar hy gaan nie hier wegkom nie
Nee ek sou geweet het as Frans ander planne het......ek glo hy sal dit met my deel!!!
Groete
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 10 Aug 2010 12:29
by Stefan
Dames en here, die wenner van die hierdie week se houtlepel (vir die meeste 'stir') gaan aan
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
JG !!!!!!!
Kom ons gee hom 'n lekker applous!
PS. Dankie Frans, sal so maak ;)
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 10 Aug 2010 14:25
by JG Shields
Pieter,
Eerstens wou ek vasstel of die manne in die Kaap enigsens oor enige iets in opstand kan kom. Hulle kon nie eers 110 jaar gelede vir die ingelse kwaad raak nie. Kyk hoe lank het dit die WP gevat om in opstand te kom oor die Curriebeker. As dit nie was dat jy ookal in jou lewe op ander plekke in die land gebly het nie, dan het jy ook nie hierdie effense opstandjie gewys nie.
Tweedens wou ek probeer vasstel of daar net soveel manne in die Kaap vir Frans na waarde skat as hier in Pretoria. Ek is bevrees julle verloor loshande. Frans se Patrol kom saam hierheen. Dit los net vir jou wat jammer gaan wees hy verlaat die Kaap en daarmee kan ons 'n plan maak. Jy kan een keer per jaar vir Frans kom kuier en saam met ons ander Patrol manne hierso na regte egte wild gaan kyk en op regte egte trips gaan.
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 10 Aug 2010 16:10
by Theuhan
Hel toe ek dit die eerste keer lees was ek baie bly, en het sommer baie nuwe planne vir my GQ gekry
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 10 Aug 2010 20:09
by Pieter du Toit
JG (en die ander "uitlanders"op die forum wat besig is om hulle sokkies te rook!!!

)
Eerstens was die Kapenaars(die wat nou agter gebly het met die ingelse se stro*t) slim - hulle het geweet hier kom n plek van melk en heuning toe die ander gevlug het binneland toe!!!
Sien party van ons kan soms so bietjie in die toekoms insien - en ons het actually lig in die "donker" tonnel gesien - maar die ander het oogklappe aangehad en getrek.
Ja wat - curriebeker en alles wat daarmee saam gaan beteken niks - ons het dan nou n super 14 bloubul kampioen springbok span wat ook nie kan haar af maak nie - en kort kort gesite word vir onwelvoeglike spel - nou hoe verklaar jy daai een?? Nee wat ons het nie die blink bekers en goue krone nodig om nog steeds n lekker sinvolle en genotvolle lewe te lei nie - daarvoor het ons Tafelberg en die see!!!
Jule moet bos toe vlug om van die stress ontslae te raak en na diere gaan kyk om weer te sien waar julle darem ook in die sameleweing inpas!!
En terloops - vra maar vir Frans - hy het n "appy" in ernstige opleiding - en die appy is al so goed getrain met spanners aangee hy kan nie nou weer daarbo gaan staan en soek na n nuwe een nie!!! Dis nou die uwe ekke homself!!!
Ok daa het jy dit nou - en as jakkals mos nou nie sy eie stert prys nie gaan niemand anders dit doen nie!!
Hoera vir die Kaap -

- hoera!!!!
Groete
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 11 Aug 2010 17:10
by Herrie
Die wat in die Kaap agter gebly het was "medies ongeskik vir die Groot Trek"

maar ons kry julle darem jammer vir daai vreeslike koue en nat weer in die winter.
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 12 Aug 2010 09:52
by Stefan
lol, al waaroor ek jammer is, is dat Frans se thread nou al hierdie twak in het

Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 12 Aug 2010 10:23
by tour de frans

Hy is nou stukkend gery
(die thread nie my kar nie)

Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 13 Aug 2010 15:46
by JG Shields
Dis nou die 2e keer in een week dat ek verskoning moet vra op die forum vir my fout..........maar dit bly alles eintlik maar net Frans se eie skuld!
Re: 4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 13 Aug 2010 20:40
by tour de frans