Page 14 of 14

Re: Madman / Landy on line

Posted: 27 Feb 2016 17:56
by JoshJ
Dis leke hoog vir n konfensionele turbo.

Re: Madman / Landy on line

Posted: 28 Feb 2016 05:44
by Michael
Daai boost is redelik hoog vir daai groodte turbo, so ver ek weet het die 2.5's baie klein turbos

Re: Madman / Landy on line

Posted: 02 Mar 2016 21:30
by ChristoSlang
My opinie is dat 1 bar heeltemal OK is op 'n diesel motor. Of dit hoog of laag is vit jou turbo sal jy kan uitvind deur Mnr. Google te vra.

Onthou dat diesels dikwels tot twee maal die kompressieverhoudings van 'n petrol engine het, dus is die con-rods, blok etc. daarvoor ontwerp. Ons outydse 4.2 motors loop teen iets oor die 22:1 kompressieverhouding!

EGT wat hoog is reflekteer meestal op diesels hoeveel van jou brandstof nie verbrand nie. Die mees algemene oorsaak van onverbrande diesel is te veel diesel, maar te min lug om dit te verbrand - sogenaamde "overfueling". Nog 'n maklike simptoom van over fueling is swart rook uit die skezors as die motor hard werk. Die ouens op die "Oz forum" skryf gereeld meer boost voor as 'n manier om jou EGTs laer te kry, en dit werk presies net so in die praktyk.

Chuck loop ook op 1 bar se boost. Sy EGT is lekker laag (so vlak 600 teen woeste bulte uit) omdat sy fueling mooi aangepas is vir die hoeveelheid boost.

Terloops - nog redes vir EGTs wat hoog raak is slegte injector sproeipatrone (dan ontbrand die diesel te stadig), verkeerde timing (as die ontsteking te laat plaasvind, is van die diesel nog besig om te ontbrand terwyl dit by die uitlaatkleppe uitgaan), verkeerde "crack pressure" op die injectors, ens. ens.