Dag Maats.
Gaan maar Afrikaans skryf my Brits nie so lekker nie. Ons het nog nooit Swartbaars daar gekry nie, en ek dink dit is omdat ons nie vir hulle gehengel het nie. Karp, geelvis en baber... Daar is baja van hulle. Die hengel waar ons kamp is goed vir karp, en baber. Maar indien julle die groooot babers wil kry is hulle onder die damwal. En as ek se groot bedoel ek groot. 40kg plus manne. Die ouens hengel hulle met see tackle. TN 50 shimano katrolle en 50pond braid. Hulle is moeilik om te land, want daar is baja struktuur in die water.
Boot en jetski..... Dit is hulle plek daai. Baja lekker ski plek ook. Vra maar vir Tinus. Ek sal by Graham hoor van die radios. En frekwensies. Baja dankie.
Maats het ook probeer uitvind of ons daar op n oop stuk pad kan kwartmyl doen, maar die paaie departement, het my nie toesteming gegee nie. Sodra ons ligte en timming toerusting oprig is dit n offisiele event. Ons kan nogsteeds die kwartmyle hou, maar sal dit soos Street Outlaws moet doen sonder ligte. Jammer hieroor, maar sal beslis n event boek vir ons Patrols( Nissan), manne dan kan ons die timming toerusting vir julle wys.
Die van julle wat vroer wil gaan, dit is geen probleem nie. Ek sit so vinnig moontlik vir julle die tariewe op, en dan kan julle net daar by Lourens betaal. Die verwysing sal PATROL wees.
