Page 11 of 11

Re: Quantum Autobody Repair Centre

Posted: 23 Nov 2022 15:16
by Jan Fourie
95 Nissan Patrol 4.2 TD
Die voertuig behoort aan Tommie Watkins van Centurion wat van n Single Cab verander is na n Extended Cab.
Tommie, ek glo jy en Mari gaan baie vreugdevolle en veilige kilometers afle in die veranderde voertuig met meer spasie...
Baie dankie vir die die geleendheid wat Quantum Auto Body Repairs gebied is om die projek vir jou uit te voer, ons waardeer dit opreg..

Seenwense en Groete
Jan

Re: Quantum Autobody Repair Centre

Posted: 23 Nov 2022 15:28
by Jan Fourie
98 Nissan Patrol 4.5 GL Ombouing vanaf SUV na n Double Cab.
Die voertuig behoort aan Johan Steyn vanaf Mafikeng in Noordwes.
Johan, voorwaar n uitmuntende voertuig en glo jy gaan hom geweldig baie geniet....
Baie dankie vir die voorreg en vertroue met jou keuse...
Quantum Groete
Jan

Re: Quantum Autobody Repair Centre

Posted: 23 Nov 2022 15:41
by Jan Fourie
94 Nissan Patrol 4.2 SGL.
Hierdie voertuig behoort aan Ivo Henry-Leyte vanaf Hartbeespoort wat van n wal af gerol het.
Hierdie voertuig was voorwaar in n pragtige toestand en is verseker die moeitewerd om te besit..
Ivo, mag jy baie geseende kilometers en vreugdes afle in jou mooi Trollie en dankie vir die voorreg om hom vir jou op te kon knap.

Quantum GroeteJan

Quantum Auto Body Repairs 2022 se laaste Omboings Projek

Posted: 23 Nov 2022 15:46
by Jan Fourie
LAASTE OMBOUING PROJEK VAN NISSAN PATROL VIR DIE JAAR 2022.
Quantum Autobody Repair Centreis tans besig met die laaste Nissan Patrol Ombouing van n Single Cab na Double Cab... Die voertuig behoort aan Hendrik Swanevelder vanaf Vaalwater in Limpopo.
Beplanning is om voltooide projek teen 9de Des 22 op die laatste aan die klient te oorhandig,en dan sal die eind produk beskikbaar wees.
Sien foto's voor Ombouing plaas gevind het deur Jan Fourie...
Dis inteendeel n groot uitdaging en doen Jan dit met n passie vir Patrol liefhebbers.
Ons volgende Nissan Patrol Projekte kan vroeg in 2023 geboek word aangesien dit wel n tydsame projek is en met deuglikheid aangepak word....
Aan almal wat 2022 Quantum Autobody Repair Centre vertrou het met hul ombouings Projekte wil ons net baie baie dankie se vir jul lojale ondersteuning en vertroue. Seenwense en voorspoed word elkeen toegewens met veilige kilometers en vreugdes.
Die Quantum Span van Modimolle, Limpopo

Re: Quantum Autobody Repair Centre

Posted: 24 Nov 2022 15:03
by Jan Fourie
Die Eind Produk soos belowe het is toe vroeer afgehandel...
Die pragtige Double Cab is afgehandel en die Trotse Eienaar Hendrik Swanefelder vanaf Vaalwater in die Waterberge Distrik het sy voertuig in besit geneem...
Baie dankie Hendrik en ons sien uit na jou volgende Projek wat in 2023 sal geskied...
Baie sterkte en veilige kilometers word jou en jou gesin toegewens....

HIERMEE SLUIT QUANTUM AUTO BODY REPAIRS DIE JAAR 2022 AF.
N CHRISTUS SEENWENSE WORD U EN U FAMILIE TOEGEWENS EN MAG ALMAL VEILIG WEES..
MAG ONS SAAM DIE NUWE JAAR VOL SEENINGE TEGEMOET GAAN MET VREUGDE, LIEFDE EN GELUK...

QUANTUM BESTUUR EN SPAN