My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Engines and Engine Systems
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by Jules »

More almal
Bietjie terugvoer oor my "lui" Patrol. Ek het besluit om bietjie te investeer in ekstra Petrol so R150 en n paar keer die kleppe lug gegee deur my lorrie se rpm so na 4000 te vat voor ek my volgende rat gekies het , moet sê hy het nogals bietjie roet en spinnekop oorblyfsels uitgepoeg agter, ek het gedog ek is weer terug innie army in my pantser noddy karretjie soos my Patrol n rookwolk of drie poep sarsies gegooi het. Ek het hierdie proses oor so n week periode gedoen en nou hardloop my Patrol saam met die 4.8 Patrols innie dorp. :woo:

Ek moet sê daardie reguit 6 silinder klink darem erg mooi as mens sy pens so bietjie erg kielie, dink ek moet meer gereeld sy keel bietjie skoonmaak.

Watse voordeel sal n "Dyno tune" inhou vir my voertuig.

Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 94 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by Herrie »

Mooi Jules - wys jou net "keel skoonmaak" help :clap:
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by tour de frans »

n Dyno wys nie net of die kar se krag reg is nie,n "dyno tuner"sien en hoor baie ander.En uit die aard van die saak word die kar ten volle getoets/load,asook de-carbon die enjin en exhaust wat goed is.
Nog n manier om jou kar self te de-carbon,nou nie vir die gevoelige ou nie want dit klink snaaks en gee rook af en jou senuwees gee in.

Jy ry die kar platvoet en die toere hoog.Hoog nie over rev nie.As jy dit n 4de rat doen is die spoed ook hoog,so kies n oop pad.Nou na n end se platvoet,let mooi op anders kan jy die exhaust afskiet.
Lig jou voet heeltemal sit die enjin af met die sleutel,hou hom in rat en moenie die clutch trap nie,moet ook nie die sleutel te ver draai en die steering lock nie.Nou is die enjin af,trap die petrol pedaal weer plat en kyk in die spieel,hy sal rook en baie rook en vonkies agter uit skop,dis normaal,die hoelveelheid rook word bepaal hoe baie carbon in die exhaust was.Nog belangrik net voor die kar of die enjin tot stilstand kom lig weer jou voet en sit die sleutel aan,op carburator modele gaan die enjin n tydtjie langer vat vor hy weer aan die gang is.Op n auto kan jy dit ook doen ek sou dit nie aanraai nie want jy moet kop hou met voete en hande.
Doen die proses nie meer as twee keer nie,jy sal die exhaust afsmelt!
Die rede om die kar hard te ry is,jy maak die exhaust rooi en dit steek die carbon aan die brand,die af enjin en oop throttle gee vars lug in die exhaust in en die carbon brand lekkerder.So moenie dit te veel doen nie jy sal die exhaust verwoes.Maar dit is goed om dit te doen.
As jy klaar is met die de-carbon ry die kar normaal om die exhaust weer "af te koel"
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 76 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by Jules »

Thanks Frans sal dit defnitief bietjie probeer.

Wat behoort n Dyno my te kos, ek het nog nie navraag gedoen nie, hier is sover my kennis strek so 3 plekke wat dit doen.

Groete
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by tour de frans »

Hi Jules,so in die omgewing van R450.00.Se vir hulle jy jag nie krag nie jy stel belang in goeie verbruik.Maw daai ou moet dan kyk of die jetting reg is,werk die tyd reeling reg met verskillende toere.Al daai goed werk saam om die enjin optimum te he.So as ek kan se hoe jou kar moet op eindig met 93 petrol weg van die kus,sou ek se.Full throttle timing tussen 28 en 32 grade,luister vir pieng met die laer oktaan.As hy op 32 nie pieng nie is dit nie nodig om die tyd nog vinniger te maak nie,dit gaan die enjin net terug hou en bewerig laat loop.Light peddal timeming +- 40 tot 45 grade,dit maak nie soseer saak nie solank die tyd net vinniger is as full throttle.Daardie tyd is die vacuum advance se toedoen en kan sommer sien of hy nog werk.As die tyd nie daar vinniger is nie,help dit nie om voort te gaan met die toets en dink jy sal dit later vervang nie,nee die fueling toes gaan belemmer word.Die idle tyd gaan waarskeinlik te hoog wees,volgens die boek, dis ok solank dit darm nie oor 10 grade gaan nie.Indien die verskille baie groot tussen die idle en part throttle en full throttle,moet die distributor oop gemaak word en na die springe binne gekyk word en selfs gemodify word om die tydskaal reg te kry.
Die feuling as ek dit kan vir eenvoudig,As hulle op n "single gas" CO meter werk,teen full throttle 3.5 persent tot 3.8. 4 persent is te ryk. Light peddal 0.2 persent,ja so lean. en idle 0.8 tot 1.0 persent.Om dit te kry gaan hulle dalk moet re-jet en dalk iets extra vra.
Hoop dit help
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 22 times

Re: My 4.2 GQ tends to be a bit "lui"

Post by tour de frans »

O ja Jules,as hulle alles so stel is die kar op sy beste vir gebruik en maak ook die meeste krag.Die twee loop hand aan hand.Baie mense dink meer petrol is meer krag,nee dit is nie so nie.Baie petrol is net meer krag as die enjin dit REG kan verbrand.Maar jy sal nie glo hoe n resies kar gestel word teenoor n padkar nie,dis dieselfde verstelling.
Groete
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest