Page 2 of 4

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 10:49
by Francois Theron
Reenen wrote: ↑04 Feb 2022 08:03 En lyk my daar handgranaat my vrou se 3.0 na minder as n maand.
Ek sal nogal graag wou hoor wat jy verkeerd vind en indien wel hoekom. Ek het al so half begin kyk na die 3.0 met die petrol prys wat mal raak maar dis nie goeie nuus nie.

Is dit al 'n CRDi enjin?

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:05
by Reenen
Hy was oppad na pierre. Pierre moet maar kyk. Raai die vorige eienaar hom dalk hard gery. Of injector. Maar twyfel oor injector.

Nee, nie crd nie.

Elkgeval, gee nou vir pierre die kans om sy majic goed te werk op hom

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:07
by Reenen
Is ek spyt dat ek oor is na 3.0 karre. Nie n oomblik. Hulle ry net te lekker deur die rev range (veral myne met auto en chip)

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:09
by Reenen
Maar ek hoor ek is n braggat wat brag met my builds. Ek moet seker my bek hou.

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:19
by Francois Theron
Reenen wrote: ↑04 Feb 2022 14:09 Maar ek hoor ek is n braggat wat brag met my builds. Ek moet seker my bek hou.
Om te vertel van jou enjin wat dalk gegroet het is vir seker nie brag nie! Wie is Pierre? Dink ek gaan nog rukkie Patrol ry, moet maar die manne in die game leer ken!

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:34
by Tinus lotz
ek dink wel daar was issues voor hy joune geword het ...maar ons sit die pen terug en dan loop hy weer soos stroop

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:53
by mvcoller
Tinus lotz wrote: ↑04 Feb 2022 14:34 maar ons sit die pen terug en dan loop hy weer soos stroop
Watse pen is dit?

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 14:54
by Tinus lotz
die handgrenade se pen

Sent from my SM-N975F using Tapatalk


Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 17:19
by mvcoller
Effens laat vir dit, dou ek sê.

Jy het 'n nuwe handgranaat nodig..... Maak net seker sy pen is vas geweld..

Re: My vrou en my 3.0 Patrols

Posted: 04 Feb 2022 17:37
by Reenen
Ongelooflikke maklikke en goedkoop engine om te herbou