Re: 3l diesel consumption
Posted: 03 Feb 2010 07:04
Frans en Koos,
Dis darem lekker op hierdie forum!!!!!
Dalk ry ons die spoed/brandstofverbruik ding nou holrug, maar net nog een staaltjie. 'n Vriend van my het 'n 2005 Hilix KZTE (DC). Op 'n sonskyn dag in 2006 besluit hy om "groooooot" bande op te sit. Na 5km se ry skuur die bande te veel teen die bakwerk en draai hy sy bakkie net daar na die naaste OME winkel toe en lig hom met 3". Twee weke later, na die 1e tenk brandstof, tref die skok van SWAK BRANDSTOFVERBRUIK hom. Hy geniet egter sy bakkie se nuwe konfigurasie so baie dat hy dit maar aanvaar. Nietemin vertel hy vir almal dat die OME sisteem daartoe ly dat brandstofverbruik verswak.
Na my gespelery met Lasarus se enjin, diffs, bande en OME en die somme soos ons nou hier bespreek het, ry ek mos anderdag na hom toe. Ons haal sy brandstof logboek uit, meet die wiele se omtrek en maak die regstelling teenoor die bakkie se standaard wiele. WALAAAAAAAAA....sonder dat hy een enkele kilometer gery het en sonder dat ons eers sy enjinkap oopgemaak het, herstel ons sy brandstofverbruik terug na wat dit oorspronklik was. Dis eintlik grappig!!!!
Nietemin, ek het op 'n webblad afgekom van 'n instansie wat Patrol se "speedo" kan kalibreer. Sodra ek nou met al my eksperimente en konfigurasies klaar is op Lasarus, sal ek dit laat doen.