Page 2 of 2
Re: GQ Driver window problem
Posted: 05 May 2010 14:18
by JG Shields
Jules,
In my opinie is dit altyd beter om so min as moontlik te "strip" aan die nuwe onderdeel. Ek weet nie hoe lyk die gedeelte binne die deur waarop die meganisme vas monteer nie, maar as jy dit kon regkry om net nuwe gaatjies in die deur se paneel te boor waarop die nuwe meganisme kon vasbout...whalaaa!
Re: GQ Driver window problem
Posted: 05 May 2010 16:15
by raka
Jules, ek weet nie of ek verkeerd kyk nie maar dit lyk of die ratte nie eweveel tande het nie. 15/18 ?
Ek sou die twede opsie probeer omdat daar nogal baie krag inwerk op daai ratte. As die goed nie mooi
"Seat" nie gaan die poprivets breek.
Re: GQ Driver window problem
Posted: 06 May 2010 15:14
by Jules
Het vanoggend die twee afgelaai by Engineering werke en kry dit vandag weer terug,ons gaan basies die nuwe eenheid wat net losmaak en oorplaas, dit sal dan die gedeelte sonder die tande wees( tande is vas aan ander plaat so ek gebruik selde tande ) maar wel die motortjie aan, hul gaan die huidige twee moer gaatjies toe swys en twee nuwe gate tap. So vanaand sal ek operasie elektriese venster aanpak.
Sal ook dan koste deurgee, minimum via Nissan sou R1600 net vir die part wees.
Shalom
Jules
Re: GQ Driver window problem
Posted: 07 May 2010 08:25
by Jules
Nou ja my venster is gefix

, tans gaan hy moeilik opwaarts, kan dit wees dat die "spring" dalk anders om moet wees. Die engineering shop het toe nie presies gedoen wat hul van plan was nie, maar ten minste weet ek dat ek met R80 kan wegkom om n part te kry as hy weer soortgelyk oppak. Die engineering works het my niks gecharge nie hul het aanvanklik gesĂȘ dit is n vinnige klein job no problem, maar ek dink dit was toe n langer job.
R 1600 - R80 = R 1520 so nou kan ek weer n lekka SINGLE MALT asook n OUDE MEESTER 12jr SPECIAL RESERVE en ek dink om nou erg onverskillig te wees en ook n BELLS SPECIAL RESERVE aanteskaf en rustig daaraan teug terwyl ek kyk hoe sak die son

- Sundowners May 2010.JPG (180.25 KiB) Viewed 1233 times

- Sakkende son aan die OOSKUS in wonderlike MEI maand
- Sunset deur.JPG (59.85 KiB) Viewed 1233 times
Shalom
Jules
Re: GQ Driver window problem
Posted: 07 May 2010 11:19
by Herrie