Page 2 of 3

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 23 Mar 2017 08:23
by SJC
CJ BEUKES wrote:Dankie manne.

Net om self beter te verstaan.

Wat bedoel julle met free wheel hubs?

My hubs het 'n auto en 'n lock posissie. Hy was op auto gestel met die geraas.
Raas dit ook as die hubs in lock posisie is?

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 23 Mar 2017 17:47
by CJ BEUKES
Ek het hom nog nie in lock gehad op duine. My plan is om hom te lock en hier agter iewers n kop te gaan klim en uit te vind.

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 23 Mar 2017 18:37
by Peter Connan
Maak hy die geluid as die diff lock aan is, of is die twee nie gekoppel nie? Indien wel het jy dalk duur probleme.

Daar is niks fout met die auto hubs solank jy verstaan hoe hulle werk en hoe om hulle op te pas nie (as daar enige moontlikheid is dat die voorwiele kan gly en dan weer traksie kry, kan jy hulle maklik breek). Hulle is wonderlik vir geleenthede waar jy dalk net vinnig bietjie meer traksie wil he, soos 'n modderigge grondpad of ys op teer.

Maar as jy "gaan 4x4", sluit hulle maar eerder vooraf.

Die enigste tyd wat hulle regtig nadelig is, is as jy 'n groot sleepwa wil reverse en jg wil graag laestrek gebruik sodat jy meer beheer het.

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 23 Mar 2017 19:50
by CJ BEUKES
Hi Peter

Die diff lock was nie aan nie. (Dit is my volgende probleem, my diff lock wil nie aktiveer nie.)

My plan is om die naweek die hubs af te haal en te kyk of ek iets snaaks sien.

Wil hom ook gaan toets met die hubs gelock, om te kyk of hy weer so sal raas.

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 24 Mar 2017 12:11
by Tinus lotz
check bietjie hier Michael het n mooi video gemaak

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 09 Apr 2017 18:20
by SJC
CJ BEUKES wrote:Nuut in Patrol land, so vergeef my onkunde. Het onlangs vir my 4.8/2003 aangeskaf met 230 00 km op klok. Beplan om Julie die skedelkus te doen.
Ek het hom Saterdag gaan uittoets op duine naby Struisbaai en dit was ongelooflik! Ongelukkig het daar later, veral as ek draai, 'n "klak" geluid van onder gekom en het vererger. Met een styl duin het hy dit erg gedoen, asof die dryfas glip. Het besluit om maar eerder huis toe te gaan. Die 4x4 het nog gewerk tot ek uit die duine was en geen geluide verder nadat hy terug in 2x4 was nie. Kan iemand asb vir my lyding gee wat dit kan wees, en waar in die Kaap is daar iemand wat ken van die Patrols?
Iets wat ek nou aan dink.... :think:
Hoe goed ken jy hierdie patrol se geskiedenis?
Is die geluid aan die voorkant van die voertuig miskien by voorste diff?
Het vorige eienaar nie miskien 'n autolocker voor geinstalleer nie? (miskien agv agterste locker wat sy gat gesien het).
Dis nou maar net 'n klip in die bos gooi..
'n autolocker maak 'n "klak klak" geluid wanneer die voertuig draai. (wanneer locker "disengage" ).

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 21 Apr 2017 08:13
by Jan Fourie
Kontak vir David Volscenk 083 499 1588 hy het nuwe Free w/hubs in voorraad.

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 07 Jul 2017 22:28
by Jgouws
Dit kan dalk jou transfer case ook wees .

Sit hom in 4x4 en trek vinig weg op n reguit stuk as die geluid nog daar is het jou ketting gerek .

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 12 Sep 2017 18:23
by jan.dup
Ek het my Patrol ingevat vir sy 180 000km diens en met die remme se doen sien hul die wheelbearings is moeg. Na dit vervang is en ek terug is by die huis kom ek saterdag agter (toe ek op 'n ongemaklike plek stop en oorskakel 4x4 toe dat daar 'n klapgeluid is. Ek het toe reverse en weer vorentoe en toe is dit stil. In my agterkop het dit my egter gepla en het ek hom gister biejie deur sy passies gaan vat om seker te maak als is reg (gaan vir 'n kort trip volg week na Kgalagadi) -nodeloos om te sê was als toe nie reg nie - dieselfde klak klak gehoor en dis sommer erg - ek lock seker 90% van die kere wanneer ek oorskakel na 4x4 maar om een of ander rede het ek dit nie die keer gedoen nie. Terug by Helderberg Nissan en agtergekom dit is die autohubs - hul het die twee hubs omgeruil en toe weer teruggeruil en die diensbestuurder reken dit is nou fine ek moet hom net toets op 'n trip :surprised: om te sien of dit hou :surprised: - ek het toe vinnig hier op die forum rondgesoek en David Volschenk se nommer gekry. Die diensbestuurder sê dat dit in die orde van R 14 000 vir een Nissan Hub kos en ek moer toe amper van my stoel af - ek kan Free Hubs by David kry vir R 3200 vir beide en het dit sommer bestel (die manuals) - alhoewel ek nie tyd gaan kry om dit te laat insit voor die trip nie sal ek dit maar saamry net vir ingeval - ek gaan Gharagab toe waar 4x4 nodig is maar glo as push comes to shove nodig is sal ek met 2 x 4 kan deurkom.

Re: 'n "klak, klak, klak" geluid in 4x4

Posted: 12 Sep 2017 19:11
by iandvl
jan.dup wrote:ek kan Free Hubs by David kry vir R 3200 vir beide en het dit sommer bestel (die manuals) - alhoewel ek nie tyd gaan kry om dit te laat insit voor die trip nie sal ek dit maar saamry net vir ingeval - ek gaan Gharagab toe waar 4x4 nodig is maar glo as push comes to shove nodig is sal ek met 2 x 4 kan deurkom.
Persoonlike opinie: daar is niks fout om met locked hubs op teer en in 2H te ry nie. Inteendeel, ek doen dit gereeld. As my roete lang stukkies grondpad het, lock ek die hubs laas waar ek volmaak, en ry met gesluite hubs verder. Op teer of nie. Baie voordele - soos dat jy tussen 2H en 4H tot op 80 km/h kan wissel afhangend van model. Let wel: lees jou handleiding, en mens doen dit nooit met autohubs nie....

As my roete baie rof is (ie: low range, klippe ens) is die eerste ding wat ek doen om my 'auto' hubs op locked te stel. MAW: persoonlik dink ek nie daar is verskil nie. Ons moet almal moeite doen.