
Die Weber 38 is n"performance" vergasser en die NIKKI op die Nissan is vir die Nissan enjins ontwikkel .
Ek verstaan dat van die binnegoed oud raak en ophou om 100% te werk [ek is darem al 65 en ken die gevoel] MAAR nie nodig om die Nikki uit te gooi nie.
In Kerkstraat, Arkadia, Pretorio [net langs "Lion Bridge" is n vergasser plek. Ek het THOR [4.2 GQ] se "Kit" daar gekoop en ou OX va Old School Customs het dit vir my ingesit [en Peter Connan het die fyn stelling en die regte koppeling van daai 3 "altitude" pypies uitsorteer.
Ek het die NAMIB duine gaan ry met THOR, en daar was GEEN probleme nie [totdat die *(&*^%$^&*())_ lot by Pupkewitz Nissan in Walvisbaai weer daai pypies verkeerd gekoppel het]
Ek het op my 2.8 Datsun Safari [LOBO] n 38 Weber gehad, baie vinnig afgegooi en laat brandstofinspuiting omskakel.. Twee keer teen n bergie gaan staan omdat die Weber se "float chamber" leegloop teen n steilte .. Ek sal NIE die Weber omskakeling aanbeveel NIE ...
As ek reg onthou was die stelletjie binnegoed vir die Nikki so rondom R400 [dit was 2013]