Page 2 of 4

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 13 May 2016 19:23
by Ruan Scholtz
Naand almal,

Vir almal wat die post volg, soos belowe sien fotos hierby aangeheg :woo:

Dink julle ek sal enige geld kan kry vir my ou Safari dop, behalwe vir die skrootwerf?

Hou die een dop.

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 13 May 2016 19:32
by SJC
wow, dis stunning. :thumbup:

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 13 May 2016 19:38
by hugejp
BAKGAT!

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 13 May 2016 20:04
by Tinus lotz
Mooi man het jy al begin aanmekaar sit??

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 25 May 2016 19:12
by Ruan Scholtz
Manne,

Soos belowe is hieronder `n paar kiekies van die projek.

Ons het taamlik probleme opgetel met die ruil van die doppe want die Japs het besluit hul verander alles;
1. Die mountings stem nie oorreen met die gate nie en moes ons nuwes maak. (Moenie kommer nie ons het some 10mm dik platstaal gebruik.)
2. Die rathefbome het nie oorreen gestem met die gate nie en as gevolg moes ons die firewall sny om die motor in te pas. (Al die ander opsies was baie sterk oorweeg.)

Op hierdie stadium is die projek so 85% klaar met bedrading wat môre gedoen word en dan die binneruim oordoen.

Ek benoduig bietjie raad op die binneruim aangesien ons die ou matte uitgeruk het en wil nie graag weer matte insit nie. (Word nat en vrot onder andere). Graag wil ons `n soort rubber materiaal spuit wat ook sal help met klank digtheid en wat nie arem en `n been gaan kos nie. Enige voorstelle?

Geniet die fotos. Ek bederf met die finale produk binnekort.

Lekker aand

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 26 May 2016 06:36
by Tinus lotz
Mooi gewone rubber bakkie spray werk mooi hulle spuit net dik of die tipe wat mens plak dan is dit 8 mm dik oorals :thumbup:

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 26 May 2016 13:06
by davidvdm
Tinus, waar kry mens daai 8mm dik een. Ek wil die Sani ook oor doen daarmee. Na die verdrinking in 2008, is daar snaakse reuke wat elke deur kom as die matte nat word.

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 26 May 2016 16:21
by Tinus lotz
Daar was n plek in apex benoni wat dit gedoen het hulle sit rubber binne pype vir die myne nog n plek in brakpan het dit vir ergo gedoen maar hulle het gesluit toe die myn toegemaak het ek het my hardbody by hulle gedoen maar was ook al 15 jaar terug :confused:

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 26 May 2016 18:51
by Peter Connan
Daar is baie plekke wat "rubber lining" in pype en kleppe sit, maar dis rubber velle wat hulle sny en plak, en ek dink nie dis geskik vir die binnekant van 'n kar nie.

Maar ek dink in elk geval 8mm is heeltemal te dik, daai goed is flippen swaar.

Re: Conversion of a lifetime. Comments please

Posted: 27 May 2016 13:27
by Ruan Scholtz
Peter,

Wat sal jy voorstel moet mens dan in die kar sit? :think: