Page 2 of 3
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 17 Nov 2009 15:52
by Wynvat
My Patrol se boekie dui aan 91-oktaan of hoer.
Ek het geen ping probleem met my 4.8 nie, my vraag is bloot of dit beter is vir die enjin om 95-oktaan te gebruik as om 93-oktaan te gebruik.
Ek gebruik maar altyd die hoogste wat beskikbaar is. Maar 95 is 14c/l duurder as 93.
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 17 Nov 2009 21:30
by tour de frans
Hallo Wynvat
Die 4.8 het nie n ping probleem nie,die enjin se ontbrandingkamers is n beter ontwerp as die 4,5 wat wel ping.Geen maar geen enjin se ontbrandingskamers is perfek nie,van hulle is net beter as ander natuurlik getroud met die nokas profiel en inlaat ontwerp asook die uitlaat.Natuurlik n rekenaar stelsel was alles beheer.
Altyd goed om die hoogste oktaan te gebruik moontlik.
Groete
Frans
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 17 Nov 2009 21:45
by tour de frans
Hallo,ek gaan nou n spanner in die works gooi.
As jou kar gewoond is aan 95,of gestel is daarvoor en hy loop reg sonder ping en die krag is op spec so ook die brandstof gebruik.Nou gooi jy n hoer oktaan in bv jetfuel wat (sjoe ek het vergeet) n 102 of 104 oktaan is.Perform hy swakker.
Die hoer oktaan brand stadiger,maw op dieselfde tydreel (ign timing) brand die vlam in die uitlaat in en as jy n EGT guage op gehaat het loop daai temp deur die dak.So met n hoer oktaan kan die tydreel vinniger gemaak word om meer krag uit dieselfde enjin te haal as met 95 petrol.
Dit is hoekom die ouer voertuie se tyd moes aangepas word vir 95 of 93 to 97 wegraak.Die laer oktaan brand vinnig en veroorsaak (kortliks) ping.Die tyd moes stadiger gemaak word.
Terloops n egt guage beteken niks op n petrol enjin nie ,maar die wereld vir n diesel.Baie belangrik,vir wat dit werd is.
Groete
Frans
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 18 Nov 2009 10:02
by Wynvat
tour de frans wrote:
Altyd goed om die hoogste oktaan te gebruik moontlik.
Dankie Frans, dis wat ek wou weet.
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 18 Nov 2009 11:15
by Herrie
Onthou net dat as jy jou voertuig laat instel op 95 oktaan en jy gooi dan later weer 93 oktaan in, dan moet hy weer oor ingestel word.
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 08 Jan 2010 12:26
by Maniac
Ek kom nou agter dat ons Patrol ook ping, maar die snaakse ding is....net soms.
Ons het van Kaap na Mosselbaai gery, en elke keer as ek versnel, ping hy. Toe ons egter naby Mosselbaai kom, gaan dit weg?
Ek reken toe om LRP in te gooi, net so 10 liter in 'n lee tank, en te kyk wat gebeur. Ry gou Kleinbrak toe en brand hom om te hoor, en siedaar...geen ping. Reken toe dis die einde van die probleem, want die LRP is mos hoer oktaan.
Toe ek vanoggend weer ry met hom, ping hy egter weer, nog steeds met dieselfde LRP in die tank.
Ek begin dink dis miskien gekoppel aan 'n los draad op 'n sensor??
Enige voorstelle sal waardeur word.
Dankie, Manie
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 08 Jan 2010 13:28
by Gerrit Loubser
The pinging is also influenced by air pressure (and hence by altitude). When we were on our way home these holidays and were towing our newly acquired Xplorer, it was very obvious how the pinging started to manifest under load as we descended down towards Port Shepstone from Kokstad.
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 08 Jan 2010 14:59
by Herrie
Ek vind dat myne soms meer "ping" as die aircon aan is.
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 08 Jan 2010 17:08
by tour de frans
Wat Gerrit se is baie waar oor "altitude",dit speel n groot rol.
Maniac,LRP en leadfree petrol is dieselfde oktaan.Gebruik loodvry brandstof.Lrp is loodvry petrol met bymiddels om dit Lead replacement te maak.Jou kar kan op loodvry loop.Gaan net na n werkswinkel om die tydreeling te kyk,en as dit reg is sou ek aanraai om na die toestand van die brandstof filter te kyk en dan die brandstofpomp se druk.As die pomp n probleem het of die filter vuil is kan dit of sal jou kar ook ping.Minder petroldruk is die enjin leaner en ping sorda hy moet hard werk.
Hoop jy kom reg
Groete
Frans
Re: TB45E "Pinging"
Posted: 08 Jan 2010 18:55
by Saltman
Hallo Manne
Op die Range Rover wat standaard op 8,13:1 drukverhouding geloop het met standaard cam en distributor ens, het ek nooit 'n probleem gehad nie, behalwe dat dit 'n lui engine was. Dit was natuurlik op 97 oktaan petrol met lood. Standaard tydreeling was so 6 - 7 grade BTDC as ek reg kan onthou.
Toe dit nodig was om hom oor te bou, gaan ek toe vir 10,5:1 pistons, stage 1 cam (Crane 900531) en 'n Mallory dual point distributor waarvan ons die punte uitgehaal het en 'n Ignitor elektroniese module ingesit het met 'n giftige coil. Tydreeling is aangepas na so 9 grade BTDC. Op 97 oktaan met lood het daai kombinasie geloop dat die byle huil!!! Terloops die Mallory word ook in vliegtuie gebruik en jy kry verskillende advance kurwes vir hom wat dit aantreklik maak om die regte performance te kry.
Toe kom die verlaging in oktaan gehalte. Die masjien moes loop op 95 LRP want die koppe (valve seats) is nie gebou vir unleaded nie en daar begin die drama!
Moes die tyd vertraag na so 6 - 7 grade om die PING onder swaar las die minste te kry. As gevolg van die hoe druk verhouding is die engine nou so op die limit en is nie meer so 'n plesier om te ry soos hy was nie. Frans, ek vermoed die enigste manier om hom weer na "normaal" te kry is om die druk verhouding te verlaag en miskien te krap aan die advance kurwe, wat natuurlik alles 'n performance penalty te weeg gaan bring!
Welkom in die wereld van ou masjien tegnologie in 'n moderne era! Eish!!!
Hoe loop Hermi se mouster nou?