Page 2 of 3
Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 14 Sep 2009 12:56
by Abri Hoffman
Cornelius, dis sommer gou van Tulbagh af Port Owen toe met net twee kinders in die kar. Geen bagasie anders as die naweek se klere nie.
Die kar het egter bietjie probleme gegee met te min ratkasolie, lock-up solenoid wat nie werk nie en die kar wat dan in safe-mode gaan.
Hy het dit eers verlede week teruggekry, se die krag is great - versnelling, 160km/h en verbygaan, maar die verbruik suig.
Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 14 Sep 2009 16:56
by Tjaart
Dit klink baie tegnies die.
So my eerste vraag is: Wat kos dit as daai converter breek en mens moet een by Nissan SA laat insit?

,Ek het egter 'n manual.

. Die 4800 is baie swaar op petrol. My 4500 is ook moer swaar. teen 130km/h, 80km/h, 40km/h of teen 6km/h in low range, verbruik is baie. Maar met 'n chip, snorkel en free flow het dit verbeter tot tussen 5.5 en 6.3km/L.
Dis ongelukkig die prys wat mens betaal om die REGTE 4x4 te ry.

. Moenie huil nie....ons almal is in die selfde boot!
Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 14 Sep 2009 17:09
by Abri Hoffman
Tjaart, jy is reg. Waaragter ons hier is, is wat die werklike verbruik behoort te wees as alles reg is. As 'n mens egter R10 meer spandeer per 100km agv iets wat verkeerd is, is dit onnodig.
Wanneer iets nie werk nie, staan jy die kans dat meer goed kan breek agv daarvan.
Met my GQ kry ek 5.8km/l op die oop pad maar 4km in die dorp. Ek weet egter presies hoekom dit is en het geen probleem daarmee nie.

Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 12:48
by Tjaart
OK Abri
Maar HOE weet mens of ie converter werk, al dan nie....

. Dis die groot vraag, ne?
Ek weet ook hoekom ek 4km/L in die dorp kry

Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 13:02
by Abri Hoffman
Tjaart, dis is presies wat ons probeer uitwerk, hoe weet jy die ding werk.
Ek het so spesmaas my 4km/l in die dorp het iets uit te waai met die freeflow and die klank wat dit maak. Maar ek sal dit nie hard se nie.

Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 13:38
by Gerrit Loubser
Tjaart wrote:Ek weet ook hoekom ek 4km/L in die dorp kry

Ek kry 4.5 km/l in die dorp en dit lyk my nie dit maak 'n groot verskil of ek probeer ekonomies ry en of ek hard ry nie...
Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 17:07
by Abri Hoffman
Die plesiertjie van PP (Petrol Patrol). Die verbruik pla gewoonlik ander ouens meer as die eienaars. In die dorp gaan hy dors wees en klaar. Dis 'n groot kar met 'n groot enjin en groot ratkas en groot wiele wat alles aan die gang moet kom. My trip van die huis tot by die werk is 3km en daar is 12 robotte en 4 stopstrate. Die enigste manier om goeie verbruik te kry is om te stap, maar dis nie so lekker as om met die Patrol te ry nie.

Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 17:32
by Freakazoid
Die 4.2 carby suip petrol as hy koud is. Meer oor rystyl as die choke. Ek is ook so 4km van die huis af en dit vreet petrol, veral in die winter wanneer die enjin nog yskoud is wanneer ek by die werk kom. Dan weer 35" bande help nie eintlik nie, en die air suspension maak dat jy probeer ry soos 'n resieskar om die draaie.
Soos ek op 'n ander forum gepost het. As jy die geld spandeer op 'n mooi groot 4x4, hoekom wil jy 'n klien eierklitser diesel enjintjie ry.
Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 17:34
by Abri Hoffman
Pierre, ek het nie hierdie eierklitser storie van jou verstaan toe ek die Hardbody gery het nie, maar nou stem ek met jou saam.

Re: 4.8 GRX Auto - Torque Converter Lockup
Posted: 15 Sep 2009 18:09
by Freakazoid
Daar is net 2 diesels wat my excite. Die een was in die SAS Tafelberg en was 'n straight 8 wat 5 verdiepings hoog gestaan het en net 110rpm gedoen het. Die ander is 'n 6.6L V8 Duramax wat in stock vorm 'n GU in 12 sekondes die kwartmyl laat doen. Met 'n bietjie electricary doen hy dit in 11 en met nog bietjie massage onder 10. frans kan vir jou se wat dit vat om 'n 10 sekonde kar te bou. Die duramax kan dit vir jou in die Patrollie doen.
Hy is volgende op my shopping lys.