Page 2 of 4
Re: 350Z COUPE
Posted: 12 Sep 2009 00:46
by G-MAN
Cooper STT's.

Re: 350Z COUPE
Posted: 12 Sep 2009 00:50
by Abri Hoffman
Lekker, ek het STT's op my Cruiser gehad en was baie gelukkig. Moet ook se dat Dunlop se diens baie goed blyk te wees. Paar ous op die Cruiser Club het probleme gehad met STT's wat gekraak het en Dunlop het deur die bank dit vervang.
Sal nie huiwer om dit weer te koop nie. Steeds my tweede keuse na die BFG KM2's
Re: 350Z COUPE
Posted: 12 Sep 2009 10:34
by Freakazoid
Was by veiling in Maart en 'n swart 350Z Coupe 2005 model met 35 000km het vir R130k gegaan.
Re: 350Z COUPE
Posted: 12 Sep 2009 10:36
by Abri Hoffman
Freakazoid wrote:Was by veiling in Maart en 'n swart 350Z Coupe 2005 model met 35 000km het vir R130k gegaan.

As jy geduldig is kan jy wonderlike bargains koop.
Die ergste is dat die arme ou wat die kar gehad het dit nie eers geniet het nie. Dis minder as 10k km per jaar.
Re: 350Z COUPE
Posted: 12 Sep 2009 20:03
by G-MAN
Hi Pierre. As jy weer van n veiling hoor met n 350z, laat weet asb. vir my.

Waar kyk n mens vir veilings?

Of wie moet jy ken!

Re: 350Z COUPE
Posted: 15 Sep 2009 15:11
by Pieter du Toit
G-Man
Ek ken npaar direkteure van n likwidateurs firma - jy weet die ouens wat alles onder jou gat uit kom verkoop!!!
Sal bietjie vir hulle se waarna jy soek - hul kry baie met sulke goed te doen met die likwidasies van firmas - veral die ouens wat die goed in die company se naam gekoop het. Gee my net bietjie meer info asb - minimum jaar model, max km, voorkeur kleur ens. Belowe niks nie maar dis die beste plek om die karre vir moerse bargains op te tel.
Laat weet maar.
Re: 350Z COUPE
Posted: 15 Sep 2009 17:08
by Abri Hoffman
Pieter du Toit wrote:G-Man
Ek ken npaar direkteure van n likwidateurs firma
Hiers nou 'n maatjie om op te pas

Re: 350Z COUPE
Posted: 16 Sep 2009 12:42
by Pieter du Toit
Dankie Abri

ek beskou dt as n moerse kompliment!!!
My leuse of uitgangspunt vir vandag se lewe is maklik:
It is not who you are - but who you know!!!
Groete
Re: 350Z COUPE
Posted: 16 Sep 2009 22:40
by G-MAN
Hi Pieter. Enige 350z is reg, dit gaan net n speel ding wees, dit sal baie nice wees as jy n woord of twee kan uitsit.

Thanks

Re: 350Z COUPE
Posted: 17 Sep 2009 07:08
by Abri Hoffman
Pieter, ek het 'n variasie op jou leuse. Dis nie wie jy ken nie maar wie jou ken. En dan glo ek jy pas jou maatjies op, daar is min goeies in die lewe.