Page 2 of 2

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 29 Jan 2014 10:01
by Kagiso II
jy beter n kamaraman of vrou byderhand he om alles te kiek -- anners kom hier een arrogante outoppi murr en beweer dalk laa' jy kom stane lieg vir ons QQQ

Sterkte metti dash strippery .. merk elk skroefie en draadjie met masking tape en coki pen en die terugsit is oppikop die reverse van uithaal.

Kry vooraf die draad-springs wat daai levers heen en weer skuif, as een gebreek is en wil jy hom kan vervang .. nie dan eers loop stane soek nie.
Jy sal waarskynlik n laaaang langneustangetjie nodig hĂȘ om op die biets plekkies by te kom.
o-ja -- hou ook n uittrek magneet opteller byderhand -- jy SAL n skroefie laat val en sonner n magneet sal jy hom nie uit daai slootjies kry nie.

Breek n klein speakertjie se magneet - sit dit voor op n stuk baaldraad [binddraad] vas .. hy kan buig en dan kan jy nogal nice plkkies byklom met hom :biggrin: :lol: :rolleyes: :surprised: :oldtimer:

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 02 Feb 2014 18:27
by Fred79
Toe ek Saterdag oggend gou die olie en water kyk voor ek die patrol will warm ry kom ek agter dat die overflow tenk is vol coolent en daar is omtrent niks in main tank nie. Gooi toe omtrent nog 2lt antifreeze by en tap toe van die overflow tank se antifreeze ook oor in die rediater.
Gaan ry toe so draai en toe blaas die heater weer warm lug uit.

Die garage by wie ek die patrol gekoop het, het vir my die waterpomp verwang so ek weet nie of hulle dalk temin coolent in gegooi het nie en of die patrol dalk besig is om head gasket te blaas nie? :think: :think:

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 02 Feb 2014 19:47
by Kagiso II
Kompressietoets behoort te wys -- maar nie as die kraak nog mini is en net op n WARM enjin gas deurlaat nie .. NOT LIKELY mmar tog.
Navraag daar tussen jou graatse en verkoeler plekke -- daar is n vloeistof wat hulle in die verkoelrwater gooi [so 150 ml .. nogal duur, hier by ons] dan ry jy 100 Km metti wa, en dan skyn hulle fluorescent lig inni exhozt uitlaat -- en AS daar n lekkasie by die head o gasket is, dan sien jy die blou ogies daar agter inni exhozt.

STERKTE -- maar ek vermoed hulle het nie die watersisteem behoorlik deurgebloei na die waterpomp vervang is, nie [Daai waterpomp is NIE veronderstel om iets te makeer het nie .. dis onbreekbare goed daai... amper

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 07 Feb 2014 09:34
by Fred79
Kagiso II wrote:Kompressietoets behoort te wys -- maar nie as die kraak nog mini is en net op n WARM enjin gas deurlaat nie .. NOT LIKELY mmar tog.
Navraag daar tussen jou graatse en verkoeler plekke -- daar is n vloeistof wat hulle in die verkoelrwater gooi [so 150 ml .. nogal duur, hier by ons] dan ry jy 100 Km metti wa, en dan skyn hulle fluorescent lig inni exhozt uitlaat -- en AS daar n lekkasie by die head o gasket is, dan sien jy die blou ogies daar agter inni exhozt.

STERKTE -- maar ek vermoed hulle het nie die watersisteem behoorlik deurgebloei na die waterpomp vervang is, nie [Daai waterpomp is NIE veronderstel om iets te makeer het nie .. dis onbreekbare goed daai... amper
Dankie vir die raad.

Moes nog meer coolant op top, het nou al meer as 4lt in gegooi en dit verdwyn net. Kan nerens sien water lek nie en nou is daar so graining noise wat van voor kom. Bel toe maar die AA wat toe nou maar net se dat ek moet glad nie probeer om te ry met hom nie. :thumbdown:

Wag nou om terug te hoor van die garage wat die waterpomp gedoen het. :redface:

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 07 Feb 2014 17:52
by Tinus lotz
Krisis ou .....hoop dis goeie nuus ......

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 07 Feb 2014 19:38
by Jorrie
My Patrollie het amper presies dieselfde simptome gehad. Dit is onwaarskynlik dat 'n Patrol se head gasket gaan blaas. Vra vir Graham Cumming (Pathfinder). Hy weet presies waar om te kyk en hoe om die probleem reg te stel. Myne is tans by hom Ek kry hom Maandag terug.
Moenie dat dat die ouens met blou juice wat groen word vir jou vertel jou head gasket is murtu nie. Daai toets is onbetroubaar. Ek sien jy is in die VK. Bel vir Graham en vra sy raad.
Voordat jy na die head gasket kyk, check eers of jou verkoeler nie verstop is nie.
Check ook jou verkoeler prop. Laat die olie verkoeler nagaan
Myne was heeltemal verstop. Al hierdie goed kan tot verkoelings en waterverlies probleme lei. Check ook die pyp wat van die enjin na die heater lei.
Groetnis

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 02 May 2014 20:07
by Fred79
Goeie Naand almal

Jammer dat ek nou eers weer op die forum verskyn. Dit gaan so bietjie rof nadat ons van ons lekker SA vakansie afgekom het. Wel ek sukkel nog steeds, die Patrol was die week weer terug by Nissan en hulle het die thermostat vervang want daar het water gelek end die gasket was nie lekker nie. Ek sal nou maar kyk hoe dinge gaan.

Image

Re: Heater! Help dis koud!

Posted: 08 May 2014 15:04
by Fred79
Goeie nuus! Ek het nou al taamlik rond gery met die Patrol nadat hulle die Thermostat vevang het en die water level bly nou waar dit moet wees.

Het sommer ook vir die ou nuwe olie in sy gearbox, transfer box en dif gesit. :thumbup: