Page 2 of 8

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 09:10
by marakasmalan
Hallo Dirk,

Ek verskil drastsies van die opinie rakende bobbejaans. Ons het dit die vakansie gery met 2 voertuie, may patrol en 'n standaard ou '90 box shape hilux, sonder ewenaargrendel. Ons is in 6h oor die pas sonder probleme. Dit is bepaald nie nodig om twee voertuie te moet hê nie, want hulp is stapafstand weg ter enige tyd en daar is geen praktiese gevaar om gestrand te raak op die pas nie. wat warm klere en kos sou jy moet oornag, die weer kan redelik wisselvallig wees, selfs in die somer kan dit vrek koud en veral baie nat word. Winters per definisie koud en groot kans vir sneeu, maar helfde van die pas is onder die sneeulyn. Dit is egetr baie meer sosiaal om saam met iemand te gaan asook maak dit dit bietjie makliker op van die klipperige gedeeltes. die klipperige gedeeltes sal ook nie verskriklik deur reën geaffekteer word nie. Goliat se rots lyk intimideerend maar mens kom redelik maklik daaroor - selfs die hilux het nie gesukkel nie.

As daar reën is moet mens versigtig wees, daar is 'n paar modder stukke wat probleme kan skep. Die moeilike gedeeldtes is egter klippe, en 'n paar grotes, maar met jou Patrol sal dit 'n breeze wees. Wat die verskrikle afgrondes etc betref, dit is heelwat veiliger as Carlisle's hoek pas en jy moet 'n absolute idioot of ernstig onder die invloed van iets baie ongesond wees om daar af te neuk. Ek was so versigtig na als wat ek oor die pas gelees het dat ons dit eers 'n maand of twee voor die tyd met fietse gery het, in die afwaarste rigting - dit neem drie ure, wat vir my 'n baie beter aanduiding van die moeilikheidsgraad is.

Voorts, vanuit 'n toer-perspektief is bobbejaans redelik sinneloos, want die pad neem jou nie na iewers waar jy nie kan uitkom sonder 'n 4x4 nie: Daar loop 'n baie goeie pad parallel aan bobbejaans.

As mens passe sou vergelyk met rotsklim, dan is bobbejaans 'n "sport roete" - maklik toeganklik, veilig en bereken en jy maak dieselfde dag klaar sonder ongemaklike gesukkel, vs "tradisionele roetes" wat vêr afgeleë is, jy omtyds 'n dag op 3 deur bosse, berge en dale moet stap om daar te kom.

Bobejaans is verseker nie die moeilikste pas in Suid Afrika nie - Ek het die vakansie baie mooier en meer uitdagende roetes die vakansie in Lesotho gery. Soos wat die kettingroete teen die Drakensberg eskarp 'n onvergeetlike ervaring vir die stadsmuis is waaroor hy nooit uitgepraat sal kan raak nie, so is bobbejaans vir die mall-crawler drywer. Soos is daar vir die stapper wat 'n uitdagings soek roetes soos Injisuthi pas en Hilton's pass, net so is daar 'n paar knewels vir Offroadbiker!

Daar is 'n paar knewels daar in Lesotho. daar is een wat ons nie aangedurf het nie - ons reken dit sal 'n bedrewe span met grawe, kwalas, kettingsae en 'n dinamiet kers of wat etlike dae besig hou. Daardie een is verseker op my bucket list. Maar daar is heelwat ander roetes in Lesotho, ook is die Sethlabthebe Nasionale Park is ook iets besonders. Hierdie jaar begin hulle alreeds met die brûe wat oor die Polihali dam moet strek, so maak dalk ook seker jy gaan verken daardie valleie alvorens dit onderwater is.

Ek beplan nog 'n Lesotho-trip-of-note in September Oktober iewers, so dalk moet ons iewers bymekaar kom.

Adios

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 09:31
by offroadbiker
Ek doen my "river" trip in Oktober, so wil iets doen so middel van die jaar (beter helfte wil af Kaap toe in April om by familie te gaan kuier - mors van tyd en petrol as jy my vra :doh: ) wat ek nog nie gedoen het nie, selfs dalk 3 Provinsies hoor ek is lekker trippie.

Was nog nooit in Lesotho, daarom maar aan Baboons gedink, ander opsie is Swaziland - so een van die twee MOET gedoen word die jaar, ek is oop vir moontlikhede.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 09:44
by JohnBoyZA
Dirk, het jy die clip gesien?


Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 09:58
by Alex Roux
marakasmalan wrote: ...die kettingroete teen die Drakensberg eskarp 'n onvergeetlike ervaring vir die stadsmuis is waaroor hy nooit uitgepraat sal kan raak nie, so is bobbejaans vir die mall-crawler drywer....

....Ek beplan nog 'n Lesotho-trip-of-note in September Oktober iewers, so dalk moet ons iewers bymekaar kom.

Adios
Marnus,
Die Drakensberg eskarp klink na 'n roete wat gedoen moet word.
As jy dit reel, sou jy bereid wees om ander ouens van die Patrol gemeenskap / Nissan klub uit te nooi?
Mense moet dan nog die getalle redelik beperk hou anders vorder mens te stadig.
Ek is nie seker of die Nissan klub program reeds vol is nie, maar ons het reeds in beginsel besluit veelvuldige aktiwiteite kan op 'n gegewe tyd gebeur.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 10:26
by Tinus lotz
JohnBoyZA wrote:Dirk, het jy die clip gesien?

nou net gekyk......beter om die ploeg bly die huis te los ...... :lol: :lol: :lol:
daai manne is te rof vir my kyk hoe breek hulle die landies .....ek dink dit is nie so rof in n patrollie nie maar beslis nie met n ploeg nie .... :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 11:05
by Alex Roux
My :mytwocents: worth:

Hulle was nie rof nie, eerder net plein stupid
Maar word voorgehou as 4x4 deskundiges!?!?
Gee 4x4 'n slegte naam

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 12:10
by marakasmalan
Nee, Alex, NEE!

As jt die eskarp noem mag dit nie op 'n 4x4 forum wees nie. Ouens gaan ons kom knee-cap!

Vir die rekord: Eskarp is per voet!

Ja ek sal beskikbaar wees as iets gereël word, maar ons moet dan 'n fred gaan oopmaak onder die regte tôpiek.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 13:37
by Alex Roux
Ai, ekskuus man
Dit is nie heeltemal duidelik van jou skrywe wanneer op voet is, op fiets of op 4 wiele nie!
Daar is 'n 4x4 roete deur die berge wat ek al van gehoor het.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 13:55
by marakasmalan
Groot moeilikkheid gewees omdat die manne van Afriski na die eskarp gery het deur 'n wêreld-erfenis gebied. Daar is 'n paar geproklameerde paaie teen die eskarp en oor die eskarp, bv Sethlabathebe nasionale park (paaie in onbruik maar ons het dit die vakansie gery) en Sani Pas. Maar met 4x4's bly jy weg vabn die wêrelderfenisgebied. op 4x4community forum is daar is sticky omtrent die aangeleentheid onder Lesotho. Baie versigtig, daar is manne wat emosioneel raak omtrent die storie. Met goeie rede.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 21 Jan 2014 13:59
by Kagiso II
Marnus -- Baboons Pass is NIE n mak passie nie -- Jy was gelukkig om hom te ry toe Landrover hom heeltemal oorgebou het sodat Andrew St Pierre Whiet hom met n Disco 4 kon ry [en toe spring die Sjinees en ry hom met n Tundra ]
Ons het hom gekry n week na daar 1000 mm reen gebval het -- van 8vm tot 02:00 die volgende oggend aan de 28 Km gery.
So - om te veralgemeen dat dit n "easy" roete is .. he nee, inteendeel