Page 2 of 4
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 13 Jan 2014 21:56
by ChristoSlang
Sjoe - die bubble wrap kan darem afkom!
Daai agterste bumper lyk of hy spesiaal vir Chuck gemaak is - ek sal jou more oggend bel om te negotiate

Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 14 Jan 2014 12:31
by ricster
haha....no more popping lights out for chuck then???.....
BTW.... I'll check that CD player for those discs tonight and let you know
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 17 Jan 2014 10:31
by Andrewfus

Are these items still available?
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 17 Jan 2014 12:15
by Tinus lotz
Some one is looking at the car and bumpers tommorow but g man sells it on the forum pm him for the same price
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 20 Jan 2014 16:25
by JoshJ
Hi Tinus,
hoekom het jy dit nooit op gesit nie?
wat is die storie met patrols se airbags. weet jy dalk? het al paar plekke gelees dat hulle nie met sensors werk wat voor in die voertuig sit soos ander voertuie nie. dus hoef mens nie air bag compatible bumpers op te sit nie.
jammer dat ek sommer nou so inval.
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 20 Jan 2014 18:08
by Peter Connan
Josh ek gaan sommer inval met 'n antwoord.
Die ou wat Tinus se vorige kar gekoop het, wou die bumpers he want die kar het nog standaard bumpers gehad. Toe laat Tinus die bumpers kom, maar die ou het besluit om te verkoop voor daar kans was vir opsit.
Wat betref die air-bags: die groot issue is nie waar die sensor gemonteer is nie, maar eerder hoe die kar spoed verloor in 'n ongeluk.
Dis wat die sensors meet, en as die g-kragte 'n sekere hoeveelheid oorskry, dan onplooi die lugsakke.
Die standaard buffer is ontwerp om die buig as die kar in 'n ongeluk is, en in 'n ligte ongeluk sal hulle dit doen en die kar dus meer ruimte gee om tot stilstand te kom, sonder dat die lugsakke ontplooi of enigiets anders buig of breek.
Kry jy nou dieselfde ongeluk met 'n baie sterk bosbreker, gaan die g-kragte baie hoer wees, en staan jy dus die risiko om die lugsakke "onnodig" te ontplooi. Wat jou natuurlik 'n klomp geld kan kos om hulle weer terug te sit.
So eintlik het jy dalk steeds 'n airbag-bosbreker nodig, en daar is verseker sulkes beskikbaar vir die trollie, maar natuurlik is hulle heelwat duurder, want die vervaardiger moet 'n hele kar koop en hom afskryf in die toets-proses...
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 20 Jan 2014 20:16
by ChristoSlang
Peter slaan die spyker op sy kop!
My Patrol het 'n lugsaksensor binne-in die stuurwiel, mooi agter die lugsak en reg bokant die moer wat die stuurwiel in plek hou. Dit is 'n swaar metaal gedoente wat weerskante op sagte rubber gemonteer is sodat hy kan vorentoe & agtertoe beweeg. Stamp jy iets net 'n fraksie te hard (in 'n reguit lyn, natuurlik!), beweeg daai ding vorentoe, voltooi 'n elektrise kring en POEF!! sit jy tot agter jou ore in lugsak....
Vir 'n yster bumper om "airbag compatible" te wees moet hy van plastic gemaak wees, of rubber monterings hê

Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 20 Jan 2014 21:03
by rynoverwey@gmail.com
Hi,
yes the bumpers are still available
Ryno
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 21 Jan 2014 06:48
by Peter Connan
ChristoSlang wrote:Peter slaan die spyker op sy kop!
My Patrol het 'n lugsaksensor binne-in die stuurwiel, mooi agter die lugsak en reg bokant die moer wat die stuurwiel in plek hou. Dit is 'n swaar metaal gedoente wat weerskante op sagte rubber gemonteer is sodat hy kan vorentoe & agtertoe beweeg. Stamp jy iets net 'n fraksie te hard (in 'n reguit lyn, natuurlik!), beweeg daai ding vorentoe, voltooi 'n elektrise kring en POEF!! sit jy tot agter jou ore in lugsak....
Vir 'n yster bumper om "airbag compatible" te wees moet hy van plastic gemaak wees, of rubber monterings hê

Christo, ek het noudiedag na Tinus se fensie Auzzie bosbreker gekyk. Dit het ingeboude "crumple zones" op die monteerpunte...
Re: replacement bumpers for nissan patrol for sale
Posted: 21 Jan 2014 22:51
by ChristoSlang
Peter Connan wrote:ChristoSlang wrote:Vir 'n yster bumper om "airbag compatible" te wees moet hy van plastic gemaak wees, of rubber monterings hê

Christo, ek het noudiedag na Tinus se fensie Auzzie bosbreker gekyk. Dit het ingeboude "crumple zones" op die monteerpunte...
Dan wonder mens weer hoe goed so 'n opfrommel-gedoente gaan deug as platform vir 'n wenas of herwinningspunte? Daar's seker 'n rede hoekom die goed nie met ysterbuffers in die fabriek aanmekaar gesit word nie?
