Daai agterste bumper lyk of hy spesiaal vir Chuck gemaak is - ek sal jou more oggend bel om te negotiate

Christo, ek het noudiedag na Tinus se fensie Auzzie bosbreker gekyk. Dit het ingeboude "crumple zones" op die monteerpunte...ChristoSlang wrote:Peter slaan die spyker op sy kop!
My Patrol het 'n lugsaksensor binne-in die stuurwiel, mooi agter die lugsak en reg bokant die moer wat die stuurwiel in plek hou. Dit is 'n swaar metaal gedoente wat weerskante op sagte rubber gemonteer is sodat hy kan vorentoe & agtertoe beweeg. Stamp jy iets net 'n fraksie te hard (in 'n reguit lyn, natuurlik!), beweeg daai ding vorentoe, voltooi 'n elektrise kring en POEF!! sit jy tot agter jou ore in lugsak....
Vir 'n yster bumper om "airbag compatible" te wees moet hy van plastic gemaak wees, of rubber monterings hê
Dan wonder mens weer hoe goed so 'n opfrommel-gedoente gaan deug as platform vir 'n wenas of herwinningspunte? Daar's seker 'n rede hoekom die goed nie met ysterbuffers in die fabriek aanmekaar gesit word nie?Peter Connan wrote:Christo, ek het noudiedag na Tinus se fensie Auzzie bosbreker gekyk. Dit het ingeboude "crumple zones" op die monteerpunte...ChristoSlang wrote:Vir 'n yster bumper om "airbag compatible" te wees moet hy van plastic gemaak wees, of rubber monterings hê
Users browsing this forum: No registered users and 3 guests