Page 2 of 4
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 08 Jan 2014 17:17
by bogeyman
Hi Gerrie,
Net om te bevestig wat Piet hierbo se , Ek het N maand terug n 2005 4.8 GRX met 160 000km (net ingeloop) vir minder as R180k gekoop.
Die kar is in baie goeie toestand en is n "facelift"model en lyk net soos die nuwe model y61. Die karre is ook bekend dat hy net staan as die brandstof op is.
Beter waarde vir geld is daar nie.
Ek het ook nog die rooi GQ. Daar is n tendens onder die forum manne om hulle ou Patrols te hou en nuwes by te koop.
Groete
Chris.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 08 Jan 2014 20:58
by Kagiso II
Gents -- if you have not read one of the articles on "Buying used" [-what Gerrie's objective in fact is on this enquiry] do yourself a favour and read the article on the Cruiser [serie 80] and then reply in accordance .. sommer net n idee.
Sjert - my voorstel sal wees om artikel te doen op die GQ [y60] -- Dis op die stadium [in MY boekie] beste waarde vir geld Afrika kafdraf 4x4 wat jy kan koop.
[sien wat die NZ manne ons gevra het:
http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=35&t=4237 ]
Die beskikbaarheid van parte deur Afrika?? Ek weet nie -- die Patrols breek nie so baie dat ons heeldag sit en kopbreek oor of daar parte is nie.
Ek is Julie oor die 5000 km met THOR [1995 GQ] die Namib roete an Etosha .. sonder geen enkele hiccup nie
[LOBO se storie ken jy ...]
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 09 Jan 2014 08:39
by Gerrie
Oukei, siende dat die GU en GQ redelik naby aan mekaar is (as ek dinge nou reg verstaan), dink ek dis dalk die beste as ons hulle saam hanteer in 'n artikel?
So kom ons begin 'n e-pos-lys (dis makliker om dit so te hanteer).
As jy vir my wil inligting gee en spesiefieke vrae wil beantwoord, stuur 'n e-pos na gerrie at wegry.co.za.
Dan sit ek jou op die lys en ons begin hom van daar af.
Peter Connan het reeds vir my 'n lekker lang artikel gestuur van waarvoor 'n mens moet uitkyk, so ek reken die meeste inligting wat ek kort is oor die spesifieke modelle, die herkoms van die Patrol en die inligting oor die enjins.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 09 Jan 2014 09:27
by Stefan
e-pos gestuur.
Ek sie baie daarna uit om die artikel te lees.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 09 Jan 2014 19:35
by Jorrie
Gerrie
As jy enige vrae het, pos hulle hier en ek is seker die kede sal help antwoord. Een ding is seker, as jy eers 'n Patrol het, gaan jy vir altyd 'n Patrolpersoon bly. Die Cruiser en LR ding maak nie verder sin nie.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 10 Jan 2014 15:52
by Gerrie
Oraait:
Hierdie is nou die makliker deel. Ek het die artikel vasgestel op die GQ en GU tot en met 2003 (voor die 4.8).
So wat is die voordele en nadele daarvan om so Patrol te hê? Ek weet julle is die regte ouens om te vra, en ek weet julle sal eerlik wees oor nadele (al glo mens mos nie daar is nie!

)
Dankie manne.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 10 Jan 2014 17:01
by Peter Connan
Voordele:
Relatiwe lang asafstand gepaard met goeie veerstelsel maak vir baie goeie en stabiele padgedrag. Gekoppel met gemaklike sitplekke. Jy kan hom heeldag ry.
Goeie veerstelsel maak hom baie gemaklik, veral op die rofste paaie. Ek moet gereeld lank wag vir die ander manne om op te daag. Goeie artikulasie en wiele naby die hoeke maak hom goed op baie ruwe terrein, en die ewenaarslot is min nodig. Baie spasie binne. Ruwe onderstel hanteer rowwe paaie baie goed en breek selde. Die modelle wat jy in jou artikel behandel, is meestal meganies baie eenvoudig, en kan maklik herstel word, maar mits hy goed onderhou word, is dit selde nodig om iets reg te maak. Goed ontwerpte elektrise stelsel maak dat hy relatief diep water kan hanteer, en meeste van die aandryf-stelsel se asempypies is reeds goed beskerm. Bree wielsporing en swaar onderstel maak dat hy baie moeiliker omval as die meeste ander.
Nadele:
Brandstofverbruik.
lang asafstand en bree wielsporing maak hom lomp op sommige roetes.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 10 Jan 2014 18:03
by bogeyman
Nog voordele:
Kragtige petrol enjins sorg vir baie goeie voertuig dinamika en dit is ook uitstekende sleepvoertuie. Veral in sand met n boot. Diesels effens lui maar het weer eindelose wringkrag.
Die voertuie is baie populer in Australia en Arabia en daar is n baie groot reeks ekstras beskikbaar(dakrakke , buffers veerstelsels ens).
Nissan verander nie maklik ontwerpe nie en baie komponente is universeel. Voorwiel laers en seels is dieselfde selfs op die nuutste model.
Nog n ou nadeeltjie:
Patrols is Nissan se ou swart skapie en naverkoop diens en parte is n grap.
Saam elke onderdeel koop ek n paar aandele ook.
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 13 Jan 2014 09:17
by Gerrie
Daar moet nog redes wees? Komaan kêrels!!
En dan nou nog 'n vraag om duidelikheid te kry:
Ek verstaan die GQ en GU gebruik almal dieselfde 5 spoed handratkas (manual gearbox vir die Engelse)
Watter Outobokse gebruik die Gq en GU? Is hulle dieselfde of verskillend?
Re: Tell me about your Patrol
Posted: 13 Jan 2014 10:56
by Gerrie
Oukei, ek weet Graham Cumming is die kenner in Gauteng, maar wie is die ou in die Kaap wat die Patrols goed ken?